Huis van Saoed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Huis van Saoed

Land Vlag van Saoedi-Arabië  Saoedi-Arabie
Gestig 1744
Stigter Mohammad bin Saoed (oorl. 1765)
Huidige hoof Salman
Erfgenaam Mohammad bin Salman
Tradisies Wahabisme
Godsdiens Islam

Die Huis van Saoed ( Arabies : ?? ????, ??l Su??d ) is die heersende koninklike familie van Saoedi-Arabie . Dit bestaan uit die afstammelinge van Mohammad bin Saoed , stigter van die Emiraat Dirija , bekend as die Eerste Saoediese Staat, en sy broers, maar die heersende faksie van die familie bestaan uit die afstammelinge van Ibn Saoed , die moderne stigter van Saoedi-Arabie. [1] Die invloedrykste posisie in die familie is die van koning . Salman , die huidige koning, het eers sy broerskind en daarna sy seun as kroonprins gekies nadat laasgenoemde met 31 uit 34 stemme deur ’n raad goedgekeur is. [2] [3] [4] Die familie bestaan na raming uit sowat 15 000 lede, maar die meeste mag en geld is in die hande van ’n groep van sowat 2 000. [5] [6]

Die Huis van Saoed het drie fases beleef: die emiraat Dirija (1744-1818), die Eerste Saoediese Staat, wat deur die uitbreiding van Wahabisme gekenmerk is; die Emiraat Nadjd , die Tweede Saoediese Staat (1824-1891), wat gekenmerk is deur aanhoudende binnegevegte; en die Derde Saoediese Staat (1902-tans), wat in 1932 in Saoedi-Arabie ontwikkel het en nou aansienlike invloed in die Midde-Ooste uitoefen. Die familie was in konflik met die Ottomaanse Ryk , die Sjerif van Mekka , die Rasjidi-dinastie van Ha'il en hulle vassalhuise in Nadjd, talle Islamistiese groepe in en buite Saoedi-Arabie, en Sjiitiese minderhede in Saoedi-Arabie.

Die troonopvolging is so ontwerp dat een seun van die eerste koning, Ibn Saoed, die vorige seun opgevolg het. Die volgende aanspraakmaker, kroonprins Mohammad bin Salman , is die seun van koning Salman. [7] [8] [9] Die koningskap was oorerflik van broer tot broer tot in 2006, toe ’n koninklike dekreet bepaal het dat toekomstige Saoediese konings deur ’n komitee van Saoediese prinse verkies sal word. [10]

Baie lede van die koninklike familie is ook lid van die kabinet, wat deur die koning aangestel word.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "The House of Al Saud ? A View of the Modern Saudi Dynasty" . 18 September 2015 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2020.
  2. correspondent, Martin Chulov Middle East; Borger, Julian (21 Junie 2017). "Saudi king ousts nephew to name son as first in line to throne" . The Guardian (in Engels). ISSN   0261-3077 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020 . Besoek op 3 September 2019 .
  3. "Mohammed bin Salman becomes Saudi Crown Prince with 31 out of 34 votes" . english.alarabiya.net (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2019 . Besoek op 3 September 2019 .
  4. Al-awsat, Asharq. "Middle-east Arab News Opinion" . eng-archive.aawsat.com (in Oekraiens). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020 . Besoek op 3 September 2019 .
  5. "HRH Princess Basma bint Saud bin Abdulaziz Al Saud" . BBC (in Engels). 28 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2019 . Besoek op 7 April 2013 .
  6. Milmo Cahal (3 Januarie 2012). "The Acton princess leading the fight for Saudi freedom" . The Independent . Besoek op 3 Januarie 2012 .
  7. CNN, Nicole Chavez, Tamara Qiblawi and James Griffiths. "Saudi Arabia's king replaces nephew with son as heir to throne" . CNN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. {{ cite web }} : |last= has generic name ( hulp ) AS1-onderhoud: meer as een naam ( link )
  8. Raghavan, Sudarsan; Fahim, Kareem (21 Junie 2017). "Saudi king names son as new crown prince, upending the royal succession line" (in Engels). The Washington Post . Besoek op 21 Junie 2017 .
  9. "Saudi royal decrees announcing Prince Mohammed BinSalman as the new crown prince" . TheNational (in Engels). Abu Dhabi Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2017 . Besoek op 21 Junie 2017 .
  10. Meet the world’s other 25 royal families The Washington Post . 22 Julie 2013.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]