Holi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Holi-vieringe van 'n prins in sy harem

Holi ( Sanskrit : ????) is een van die grootste feeste binne die Hindoegodsdiens . Die fees vind plaas op die maand Phaalguna van die Hindoekalender en word hoofsaaklik deur Noord-Indiers gevier. Holi is ook bekend as die fees van kleure omdat deelnemers gekleurde water op mekaar gooi. Daar word ook gese dat die fees gevier word om lente te verwelkom.

Mite [ wysig | wysig bron ]

Holi is ook op die mite van die demoniese koning Hiranyakashipu gebaseer. Hiranyakashipu wou sy seun Prahlad, 'n sterk aanbidder van die god Wisjnoe , doodmaak. Hiranyakashipu het sy suster, Holika en Prahlada beveel om op 'n brandende vuur te sit, maar Hiranyakashipu het vir Holika spesiale klere gegee. Hierdie klere sou Holika teen die vuur beskerm, maar die vuur het Holika doodgebrand terwyl Prahlad die gebeurtenis oorleef het. [1] [2]

Ander gebeure [ wysig | wysig bron ]

Holi One -fees in Kaapstad

Daar is 'n aantal nie-godsdienstige en kommersiele feeste soos die Holi One Colour Festival en die Colour Run wat deur Holi geinspireer is. [3]

Die Suid-Afrikaanse Hindoevereniging (SA Hindu Mahasabha) het die kommersiele feeste veroordeel. Volgens hulle kan die kommersialisering van enige godsdienstige geleentheid vir persoonlike wins nie aangemoedig word nie. [4]

Bronne [ wysig | wysig bron ]

  1. David N. Lorenzen (1996). Praises to a Formless God: Nirguni Texts from North India . State University of New York Press. pp. 22?31. ISBN   978-0-7914-2805-4 .
  2. Vittorio Roveda (2005). Images of the Gods: Khmer Mythology in Cambodia, Thailand and Laos . River Books. p. 70. ISBN   978-974-9863-03-9 . ;
    Sunil Kothari; Avinash Pasricha (2001). Kuchipudi . Abhinav. pp. 66?67. ISBN   978-81-7017-359-5 .
  3. "Welcome to HOLI ONE" . Holi One (in Duits). Birmingham, England. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019 . Besoek op 21 Oktober 2016 . Thousands of people, dressed in white, come together to share in music, dance, performance art and visual stimulation. Holi One brings this unforgettable experience to cities all around the world.
  4. Not everyone tickled pink about Holi One Colour Festival, Times LIVE, Prinesha Naidoo, 4 Maart 2013