Hiiumaa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hiiumaa
Inheemse naam: Hiiumaa
Ligging van Hiiumaa in Estland
Ligging van Hiiumaa in Estland
Geografie

Ligging Estland , Oossee
Koordinate 58°52′N 22°35′O  /  58.867°N 22.583°O  / 58.867; 22.583 Koordinate : 58°52′N 22°35′O  /  58.867°N 22.583°O  / 58.867; 22.583
Argipel Wes-Estniese argipel

Hoofeilande Hiiumaa en Saaremaa
Oppervlakte 989 vk km
Hoogste punt Tornimagi 68 m
Administrasie
Vlag van Estland  Estland
County Hiiu

Hoofstad Kardla
Grootste stad Kardla (3 736)

Demografie
Bevolking 11 087

Tweede grootste eiland van Estland

Hiiumaa is op een na grootste eiland van Estland . Dit is 1024 km 2 groot en het 12 000 inwoners. Dit is noord van die groter Saaremaa in die Oossee gelee. Die hoofdorp is Kardla aan die noordkus, wat ook die hoofstad van die provinsie ( maakond ) Hiiumaa is. Die eiland, wat in Duits en in Sweeds Dago heet, vorm 'n geheel met die kleiner Kassari , wat deur middel van twee walle met Hiiumaa verbind is.

Kaart van die Estniese argipel ( Saaremaa en Hiiumaa)

Hiiumaa is ook relatief dig bebos en dunbevolk. Die meeste inwoners woon in die dorpies langs die kus. Die hoogste punt op die eiland (68,5 m) le op die westelike skiereiland Kopu, waar mens ook die vernaamste besienswaardigheid van Hiiumaa vind: 'n vyftiende-eeuse vuurtoring .

Hiiumaa is armer aan kultuurhistoriese besienswaardighede as die buureiland Saaremaa. Daar is een veertiende-eeuse kerk in Puhalepa. Hiiumaa speel wel 'n opmerklike rol in die Estiese musiekgeskiedenis: sowel die vroee twintigste-eeuse komponis Rudolf Tobias as die teenwoordige buite Estland ruim bekende Erkki-Sven Tuur is daar gebore. Bowendien speel die dorpie Reigi 'n hoofrol in Estland se bekendste opera, Die pastoor van Reigi van Eduard Tubin .

Hiiumaa het 'n lughawe en het veerbootverbindings met Rohukula op die vasteland en in die somer ook met Saaremaa.

Simbole [ wysig | wysig bron ]

Beelde [ wysig | wysig bron ]