in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Henry Draper-katalogus
(
HD
) is ’n sterkatalogus wat tussen 1918 en 1924 gepubliseer is. Dit het aanvanklik die
spektroskopiese
klassifikasie van 225 300
sterre
bevat. Dit is later uitgebrei met die
HDE
(
Henry Draper Extension
), wat tussen 1925 en 1936 gepubliseer is, met inligting oor nog 46 850 sterre en die
HDEC
(
Henry Draper Extension Charts
), wat tussen 1937 en 1949 gepubliseer is in die vorm van kaarte en met inligting oor nog 86 933 sterre. Altesaam 359 083 sterre is geklassifiseer.
[1]
Die oorspronklike HD-katalogus dek feitlik alle sterre in die lugruim tot met ’n skynbare fotografiese
magnitude
van sowat 9; in die latere katalogusse is dowwer sterre in sekere dele van die lugruim bygevoeg.
[2]
Die katalogusse was deel van ’n poging om die spektrum van sterre te klassifiseer, en sterre se katalogusnommer word dikwels gebruik as hul naam, soos
HD 10180
en
HD 40307
.
- ↑
The Henry Draper Extension Charts: A catalogue of accurate positions, proper motions, magnitudes and spectral types of 86933 stars, V.V. Nesterov, A.V. Kuzmin, N.T. Ashimbaeva, A.A. Volchkov, S. Roser en U. Bastian,
Astronomy and Astrophysics Supplement Series
110
(1995), pp. 367?370,
Bibcode
:
1995A&AS..110..367N
.
- ↑
Henry Draper star catalog, uitg. 1985
Geargiveer
9 Mei 2008 op
Wayback Machine
, HyperSky-dokumentasie, Willmann-Bell, Inc., 1996.
Die katalogusse is gratis beskikbaar by die VizieR-diens van die Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg:
- Henry Draper Catalogue and Extension, A.J. Cannon en E.C. Pickering, Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg ID
III/135A
.
- Hierdie artikel is vertaal uit die
Engelse Wikipedia