한국   대만   중국   일본 
Helladiese tydperk - Wikipedia Gaan na inhoud

Helladiese tydperk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Deel van 'n reeks oor die
Geskiedenis van Griekeland
Kaart van Griekeland
Griekse Bronstydperk
Egeies ? Helladies ? Sikladies ? Minoies ? Miceens
Antieke Griekeland
Donker eeue ? Argaies ? Klassiek ? Hellenisties ? Romeins
Middeleeuse Griekeland
Bisantyns ? Frankies en Latyns ? Ottomaans
Moderne Griekeland
’n Vaas uit die Laat-Helladiese tydperk IIIC1, omstreeks 1200?1100 v.C. ( Louvre ).

Helladies is ’n moderne argeologiese term vir ’n reeks tydperke in die kultuur van die vastelandse Antieke Griekeland tydens die Bronstydperk . Dit word gewoonlik in argeologie en kunsgeskiedenis gebruik as aanvulling van twee parallelle terme: " Sikladies ", met verwysings na min of meer dieselfde reeks in die Egeiese Bronstydperk, en " Minoies ", met verwysing na die beskawing van Kreta .

Die skema word veral vir pottebakkersware gebruik as ’n dateringstelsel. Kunsartikels kan in Vroeg-, Middel- en Laat-Helladies ingedeel word, na aanleiding van die styl en tegniek. Laat-Helladies (LH) en Vroeg-Helladies (EH) word weer verdeel in I, II en III en die nog verder (sien onder Tydperke ). Sekere datums word aan die verskillende fases geheg, hoewel die term begin gebruik is voor die uitvinding van radiokoolstofdatering .

Die drie terme "Helladies", "Sikladies" en "Minoies" verwys na die plek van oorsprong. Middel-Minoiese voorwerpe kan dus in die Siklade ontdek word, maar dit maak hulle nie Middel-Sikladies nie.

Tydperke [ wysig | wysig bron ]

In plaas van die gebruik van lang name soos "vroeg-vroeg-Helladies", gebruik argeoloe I, II, III vir die tweede vlak, A, B, C vir die derde, 1, 2, 3 vir die vierde en A, B, C vir die vyfde vlak.

Tydperk Datum (by benadering)
Vroeg-Helladies I 3200/3100?2650 v.C. [1]
Vroeg-Helladies II 2650?2200/2150 v.C. [2]
Vroeg-Helladies III 2200/2150?2050/2000 v.C. [3]
Middel-Helladies 2000/1900?1550 v.C. [3] [4]
Laat-Helladies I 1550?1500 v.C.
Laat-Helladies II 1500?1400 v.C.
Laat-Helladies III 1400?1050 v.C.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. "The Bronze Age on the Greek Mainland: Early Bronze Age" . Athene: Foundation of the Hellenic World. 1999?2000. {{ cite web }} : |chapter= ignored ( hulp )
  2. "The Bronze Age on the Greek Mainland: Early Bronze Age" . Athene: Foundation of the Hellenic World. 1999?2000. {{ cite web }} : |chapter= ignored ( hulp )
  3. 3,0 3,1 "The Bronze Age on the Greek Mainland: Early Bronze Age" . Athene: Foundation of the Hellenic World. 1999?2000. {{ cite web }} : |chapter= ignored ( hulp )
  4. "The Bronze Age on the Greek Mainland: Middle Bronze Age" . Athene: Foundation of the Hellenic World. 1999?2000. {{ cite web }} : |chapter= ignored ( hulp )