in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Heilige Saterdag
is die laaste dag van Lydensweek (wat volgens liturgiese telling begin met
Palmsondag
as eerste dag van die week), waarin
Christene
hulself vir
Paasfees
voorberei. In die
Kopties-Ortodokse Kerk
word die dag ook
Vreugdevolle Saterdag
of
Saterdag van Lig
genoem. Liturgies gesien duur Heilige Saterdag slegs tot die aandskemer, waarna die Paaswake gevier word en vervolgens die eintlike Paasfees begin, omdat 'n dag volgens
Joodse
tradisie met sononder begin en die oorspronklike Paaswake tydens
Pesach
gehou is.
Heilige Saterdag is die Saterdag voor Paasfees en die dag na
Goeie Vrydag
.
[1]
Dit is die tweede dag van die Paastriduum (
Triduum Sacrum
of
Triduum Paschale
), die tydperk van passie, dood en opstanding van
Jesus
; hierdie tydperk sluit
Wit-Donderdag
en Goeie Vrydag in, en eindig op die aand van Paasfees.
[2]
[3]
Christene herdenk op Heilige Saterdag Jesus se tyd in die graf en sy neerdaling na die hel, waar hy na sy
kruisiging
"na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig" het (
1 Petrus
3:19).
[4]
Soms word na die Heilige Saterdag as Paassaterdag verwys, hoewel dit nie met die kerklike tradisie ooreenstem nie: Paassaterdag is in die kerklike liturgie die Saterdag na
Paasfees
en vervolgens die dag voor Wit-Sondag, 'n week na Paasfees.
Die datum van Heilige Saterdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die
liturgiese jaar
, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Heilige Saterdag op die dag voor Paassondag gehou. Die vroegste moontlike datum volgens die
Gregoriaanse kalender
is 21 Maart en die laaste moontlike datum is 24 April. In die
Juliaanse kalender
, wat veral deur die
Oosters-Ortodokse Kerke
gebruik word, verskil die datum effens.
2000?2010
Jaar
|
Weste
|
Ooste
|
2000
|
22 April
|
29 April
|
2001
|
14 April
|
2002
|
30 Maart
|
4 Mei
|
2003
|
19 April
|
25 April
|
2004
|
10 April
|
2005
|
26 Maart
|
30 April
|
2006
|
15 April
|
22 April
|
2007
|
7 April
|
2008
|
22 Maart
|
26 April
|
2009
|
11 April
|
18 April
|
2010
|
3 April
|
|
2011?2021
Jaar
|
Weste
|
Ooste
|
2011
|
23 April
|
2012
|
7 April
|
14 April
|
2013
|
30 Maart
|
4 Mei
|
2014
|
19 April
|
2015
|
4 April
|
11 April
|
2016
|
26 Maart
|
30 April
|
2017
|
15 April
|
2018
|
31 Maart
|
7 April
|
2019
|
20 April
|
27 April
|
2020
|
11 April
|
18 April
|
2021
|
3 April
|
1 Mei
|
|
2022?2032
Jaar
|
Weste
|
Ooste
|
2022
|
16 April
|
23 April
|
2023
|
8 April
|
15 April
|
2024
|
30 Maart
|
4 Mei
|
2025
|
19 April
|
2026
|
4 April
|
11 April
|
2027
|
27 Maart
|
1 Mei
|
2028
|
15 April
|
2029
|
31 Maart
|
7 April
|
2030
|
20 April
|
27 April
|
2031
|
12 April
|
2032
|
27 Maart
|
1 Mei
|
|
- (
de
)
Pous Benedictus XVI
:
Karsamstag. Erste Meditation.
In: Joseph Ratzinger:
Meditationen zur Karwoche.
(=
Meitinger Kleinschriften
, Nr. 5) Kyrios, Meitingen, Freising, 7. Aufl. 1980, S. 17?21 (geistliche Deutung des Karsamstags).
- (
de
)
Hans-Ulrich Wiese:
Karsamstagsexistenz: Auseinandersetzung mit dem Karsamstag in der Liturgie und moderner Kunst
(=
Bild ? Raum ? Feier. Studien zu Kirche und Kunst
, Band 1) Schnell und Steiner, Regensburg 2002,
ISBN 3-7954-1515-2
(Dissertation Universitat Bonn 2001, 292, [15] Seiten mit Illustrationen).
|
---|
Kerskring
| | |
---|
Paaskring
| |
---|
Jaarkring
| |
---|
Mariafeeste
| |
---|