in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Heidelberg
is 'n stad in
Baden-Wurttemberg
,
Duitsland
. Teen 2010 was die inwonertal ongeveer 147 000 in die stad se 109 km².
Heidelberg is langs die
Neckarrivier
gelee waar dit in die Rynvallei invloei en by die
Ryn
aansluit in
Mannheim
.
Heidelberg is op die linkeroewer van die Neckarrivier gelee, begrens deur die berg
Konigstuhl
(568 m) en
Gaisberg
(375 m). Aan die regteroewer is die
Heiligenberg
(445 m). Die
Neckar
sluit ongeveer 22 km wes aan by die
Ryn
.
Heidelberg is reeds in 1196 die eerste keer beskryf, maar die omgewing was reeds wesenlik langer bewoon: In 1907 is 'n gedeelte van 'n skedel gevind, in
Mauer
in die omgewing van Heidelberg, van die sogenaamde
Homo heidelbergensis
wat ongeveer 500 000 jaar oud geskat word. Op die
Heiligenberg
, wat noord van die Neckar by die stadsdeel
Neuenheim
gelee is, is tekens van bewoners uit die vroee steentydperk, die Kelte en die Romeine, gevind.