in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
dwergplaneet
Haumea
het twee bekende
natuurlike satelliete
,
Hi
ʻ
iaka
en
Namaka
, wat genoem is na godinne in die
Hawaise
mitologie
. Die klein mane is in 2005 ontdek danksy waarnemings van Haumea deur die groot teleskope van die
W.M. Keck-sterrewag
in Hawaii.
Haumea se mane is op ’n paar maniere besonders. Daar word geglo hulle is miljarde jare gelede uit ysagtige afval gevorm nadat ’n groot botsing Haumea se ysmantel versteur het. Hi
ʻ
iaka, die grootste, verste maan, het groot hoeveelhede suiwer waterys op sy oppervlak, iets wat skaars is onder voorwerpe in die
Kuipergordel
.
[1]
Namaka, waarvan die massa omtrent ’n tiende van die ander maan s’n is, het ’n ongewone vreemde wentelbaan: dit is baie eksentriek en lyk of dit deur die groter maan beinvloed word.
- ↑
Barkume, K.M.; Brown, M.E.; Schaller, E.L. (2006). "Water Ice on the Satellite of Kuiper Belt Object 2003 EL61". The Astrophysical Journal 640: L87?L89. arXiv:astro-ph/0601534. Bibcode:2006ApJ...640L..87B. doi:10.1086/503159.
|
---|
|
Son
| |
---|
Planete
| |
---|
Dwergplanete
| |
---|
Mane en ringe
| |
---|
Klein liggame
| |
---|
Gordels en wolke
| |
---|