in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hassanal Bolkiah
(volle naam: Sultan Haji
Hassanal Bolkiah Mu'izzaddin Waddaulah
ibni Al-Marhum Sultan Haji Omar 'Ali Saifuddien Sa'adul Khairi Waddien Sultan en Yang di-Pertuan van Brunei Darussalam; gebore op
15 Julie
1946
) is die 29ste en huidige Sultan en Yang di-Pertuan van
Broenei
, sowel as die premier van Broenei, wat hom een van die laaste absolute monarge maak. As die oudste seun van Sultan
Omar Ali Saifuddien III
en Raja Isteri (koningin) Pengiran Anak Damit, het hy sy vader op die troon opgevolg as die Sultan van Brunei, na Sultan Omar se abdikasie op 5 Oktober 1967.
Die sultan is onder die rykste individue ter wereld. In 2008 skat Forbes die totale netto waarde van die sultan op 20 miljard dollar. Na die afsterwe van koningin
Elizabeth II
is die sultan die langste heersende monarg ter wereld. Op 5 Oktober 2017 het die sultan sy Goue Jubileum van 50 jaar op die troon gevier.
Regeringshoofde van
ASEAN
|
---|
|