한국   대만   중국   일본 
Hartversaking - Wikipedia Gaan na inhoud

Hartversaking

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hartversaking
Klassifikasie en eksterne bronne
’n X-straalfoto van ’n 28-jarige vrou met kongestiewe hartversaking en chroniese hipertensie.
’n X-straalfoto van ’n 28-jarige vrou met kongestiewe hartversaking en chroniese hipertensie .
ICD-10 I 11 ? I 50.9
Mediese waarskuwing

Hartversaking , dikwels ook kongestiewe hartversaking genoem, vind plaas wanneer die hart nie meer doeltreffend genoeg pomp om die nodige bloedvloei te handhaaf nie. [1] [2] [3] Tekens en simptome sluit gewoonlik kortasemheid, oormatige moegheid en beenswelling in. [4] Die kortasemheid is gewoonlik erger tydens oefening en wanneer gele word, en die persoon kan snags wakker word daarvan. [4] Borspyn, insluitende angina , kom nie gewoonlik voor weens hartversaking nie. [5]

Oorsake [ wysig | wysig bron ]

Algemene oorsake van hartversaking sluit in kroonslagaarsiektes (onder meer ’n vorige hartaanval ), hoe bloeddruk , atriale fibrillasie , hartklepaandoening, ’n oormaat alkoholverbruik , infeksie en kardiomiopatie met ’n onbekende oorsaak. [4] [6] Hulle veroorsaak hartversaking deur of die struktuur of die werking van die hart te verander. [4]

Daar is twee soorte hartversaking, na gelang van wat aangetas is: die vermoe van die linkerhartkamer om saam te trek of die hart se vermoe om te ontspan. [4] Die erns van die siekte word gewoonlik bepaal deur die graad van probleme met oefening. [7] Hartversaking is nie dieselfde as hartspierinfarksie (waar ’n deel van die hartspier doodgaan) of hartstilstand (waar die bloedvloei heeltemal ophou) nie. [8] [9] Ander siektes wat soortgelyke simptome kan he, is obesiteit , nierversaking , lewerprobleme , bloedarmoede en skildkiersiekte . [7]

Diagnose en behandeling [ wysig | wysig bron ]

Die toestand word gediagnoseer deur die geskiedenis van die simptome in ag te neem en ’n fisieke ondersoek te doen wat eggokardiografie kan insluit. [10] Bloedtoetse, elektrokardiografie en borsradiografie kan ook help om die onderliggende oorsaak vas te stel. [10]

Behandeling hang af van die erns en oorsaak van die siekte. [10] In minder ernstige gevalle bestaan die behandeling gewoonlik uit leefstylaanpassings soos om op te hou rook, [11] oefening, [12] en dieetaanpassings sowel as medikasie. [11] In gevalle waar die linkerhartkamer aangetas is, word inhibeerders en blokkeerders aanbeveel. [10] In ernstige gevalle kan aldosteroonantagoniste of hidralasien met ’n nitraat gebruik word. [10] ’n Ontwateringsmiddel is nuttig teen vloeistofretensie. [11] Soms, na gelang van die oorsaak, kan ’n toestel soos ’n pasaangeer ingeplant word. [10]

As alle ander behandelings ondoeltreffend is, kan ’n hartkamerhulptoestel of hartoorplanting aanbeveel word. [11]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. heart failure by Dorland's Medical Dictionary
  2. "Heart failure" . Health Information . Mayo Clinic. 23 Desember 2009. DS00061. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2010.
  3. "Definition of Heart failure" . Medical Dictionary (in Engels). MedicineNet. 27 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2014.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre : 19?24. Augustus 2010. PMID   22741186 .
  5. O'Connor, Christopher M. (2005). Managing Acute Decompensated Heart Failure a Clinician's Guide to Diagnosis and Treatment . London: Informa Healthcare. p. 572. ISBN   9780203421345 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2017.
  6. McMurray JJ, Pfeffer MA (2005). "Heart failure". Lancet . 365 (9474): 1877?89. doi : 10.1016/S0140-6736(05)66621-4 . PMID   15924986 .
  7. 7,0 7,1 "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre : 38?70. Augustus 2010. PMID   22741186 .
  8. Willard & Spackman's occupational therapy (12th uitg.). Philadelphia: Wolters Kluwer Health/Lippincott Williams & Wilkins. 2014. p. 1124. ISBN   9781451110807 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2016.
  9. Eyal Herzog (2012). The Cardiac Care Unit Survival Guide . Lippincott Williams & Wilkins. p. 98. ISBN   9781451177466 . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2016.
  10. 10,0 10,1 10,2 10,3 10,4 10,5 "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre : 34?47. Augustus 2010. PMID   22741186 .
  11. 11,0 11,1 11,2 11,3 "Chronic Heart Failure: National Clinical Guideline for Diagnosis and Management in Primary and Secondary Care: Partial Update". National Clinical Guideline Centre : 71?153. Augustus 2010. PMID   22741186 .
  12. Taylor, RS; Sagar, VA; Davies, EJ; Briscoe, S; Coats, AJ; Dalal, H; Lough, F; Rees, K; Singh, S (27 April 2014). "Exercise-based rehabilitation for heart failure". The Cochrane database of systematic reviews . 4 : CD003331. doi : 10.1002/14651858.CD003331.pub4 . PMID   24771460 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]