in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n
Hartaanval
(ook
akute hartinfarksie
of
miokardiale infarksie
genoem) ontstaan as 'n
bloedvat
in die
hart
skielik geblokkeer word, wat die vloei van
bloed
belemmer. As gevolg hiervan begin
selle
in 'n gedeelte van die hart weens ’n gebrek aan
suurstof
doodgaan. Bloedklonte is die mees algemene oorsaak van hartaanvalle.
Hartaanvalle word meestal deur koronere hartsiekte veroorsaak. Koronere hartsiekte lei tot die opbou van 'n wasagtige stof, genaamd plaak, aan die binnekant van die are in die hart. Dit word
aarverkalking
(
aterosklerose
) genoem. Plaak bestaan uit cholesterol en ander selle. Hierdie plaak veroorsaak dat die binnekant van die bloedvat oor tyd vernou. Die bloedvloei word ingeperk en bloedklonte word veroorsaak deur bloedplaatjies wat voor die plaak opbou. As die bloedklont losbreek en in die vernoude bloedvate vassteek, ontstaan 'n hartaanval.
'n Hartaanval is 'n mediese noodgeval. Die eerste paar minute na 'n hartaanval is baie belangrik vir die behoud van die persoon se lewe. Van die skade wat deur die hartaanval aangerig is, kan in die eerste uur herstel word. Die mees algemene simptoom is sterk pyne in die bors. Die pyn kan ook in die skouers, maag en kakebeen voorkom. 'n Hartaanval, in teenstelling met
angina pectoris
, veroorsaak altyd skade aan die hartspier (
miokardium
).
Waarskuwingstekens is angina (pyn in die bors met oefening), kortasemheid, sweterigheid, angstigheid en 'n beklemmende gevoel oor die bors. Persone met 'n
familiegeskiedenis
van hoe cholesterol,
hoe bloedsuiker
, hoe
uriensuur
of
hoe bloeddruk
behoort gereeld 'n
elektrokardiogram
(EKG) te laat uitvoer, en te sorg dat die siektetoestande onder beheer bly.
- Angina pectoris
, borskaspyn as gevolg van onvoldoende bloedtoevoer na die hart.