Hampstead
[?hæmpst?d of -st?d], algemeen bekend as
Hampstead Village
, is 'n stadsdeel van
Londen
,
Engeland
, sowat 4 myl of 6,4 km noordwes van
Charing Cross
. Hampstead, wat deel uitmaak van die Londense distrik Borough of Camden, het oor die eeue heen sy dorpskarakter bewaar. Skoon lug en die uitsig, wat 'n mens van hier af oor die stadsgebied en tot by die heuwellandskap van
Surrey
het, maak van Hampstead 'n gewilde woonplek. Hier is van die duurste eiendomme in die
Britse
hoofstad gelee, en die getal miljoeners, wat hier woonagtig is, is groter as in enige ander gebied in die Verenigde Koninkryk.
[1]
In die Tudor-tydperk het welvarende koopmanne hulle hier begin vestig, en in die 18de eeu was die gebied so gewild soos Islington. Sy rustige ligging buite die woelige middestad van Londen en die mineraalbronne, wat hier ontspring, het van Hampstead 'n elegante ontspanningsplek en herstellingsoord gemaak. Die lys van bekende inwoners sluit die staatsman William Pitt en die skrywers Robert Louis Stevenson en
John Galsworthy
in.
[2]
Keats House
, die woning van die
Romantiese
digter
John Keats
, is hier gelee.
Naas literere persoonlikhede word Hampstead vandag ook met ander kunstenaars, musici, intellektueles en liberales verbind.
Hampstead Heath
, 'n uitgestrekte heuwelagtige parklandskap, is een van die bekendste groen ruimtes in Londen.
'n Groot busterminus, Hampstead Heath, is in South End Green gelee. Die belangrikste gereelde busdiens is Roete 24 wat die gebied al meer as 100 jaar lank met die
West End
, Victoria en Grosvenor Road in Pimlico verbind. Hampstead word tans deur die Londense Busroetes 24, 46, 168, 210, 268, 603, C11 en N5 bedien.
Die naaste moltreinstasies is Hampstead en Belsize Park op die Noordelike lyn (
Northern line
), en Swiss Cottage en Finchley Road op die Jubileumslyn (Jubilee line). Alle stasies is in Travelcard Zone 2 gelee. Hampstead, weens die heuwelagtige terrein een van die diepste ondergrondse stasies van Londen se moltreinnetwerk waarvan die platvorms per hysbak bereik kan word, is op die grens tussen Travelcard Zone 2 en 3 gelee.
Die Hampstead Heath-treinstasie is in South End Green gelee. Daar is 'n tweede stasie, Finchley Road & Frognal, aan die westelike kant van Hampstead. Albei stasies maak deel uit van die London Overground-netwerk.