Guarani

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Guarani (volk) .
Guarani
Avane'?  
Uitspraak: [a?a?????]
Gepraat in: Vlag van Argentinië  Argentinie
Vlag van Bolivië  Bolivie
Vlag van Brasilië  Brasilie
Vlag van Paraguay  Paraguay
Totale sprekers: 4,9 miljoen [1]
Taalfamilie : Tupi
  Tupi-Guarani
   Guarani  
Skrifstelsel: Latynse alfabet  
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Bolivië  Bolivie
Vlag van Paraguay  Paraguay
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1 : gn
ISO 639-2 : grn
ISO 639-3 : grn  
Verspreiding van Guaraní

Guarani ( avane'? , [a?a?????], letterlik: "die mense se taal") is naas Quechua die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 4,9 miljoen mense in Argentinie , Bolivie , Brasilie en Paraguay gepraat word. Dit word veral deur die Guarani gepraat en vorm saam met Aymara , Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivie asook saam met Spaans die amptelike tale van Paraguay.

Verspreiding van Guarani

Guarani word oorwegend in die noordweste en noordooste van Argentinie, in die suidooste van Bolivie, in die suide van Brasilie en in Paraguay gepraat. Dit vorm saam met ander taalgroepe soos Guarayu, Tupi, Tenetehara, Kawahib en Xingu die taalfamilie Tupi-Guarani, waarvan Tupi en Tupinamba verdere bekende, maar uitgestorwe, tale is. Bekende Afrikaanse leenwoorde uit Guarani of die nouverwante Tupi sluit kapibara , jaguar , jaguarundi , tapir , Maracas, nandoe en piranha in.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Guarani" . Ethnologue . Besoek op 9 Desember 2021 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Guarani