in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Griffons
|
Bynaam(e)
|
Perstruie
|
Embleem
|
Griffioen
|
Stigting
|
1968
|
Unie
|
Griffons Rugbyunie
|
Ligging
|
Welkom
|
Streek
|
Noord- en wes-Vrystaat
|
Stadion
|
Noordwes-stadion
|
Kapasiteit
|
17 000
|
President
|
Randal September
|
HUB
|
Eugene van Wyk
|
Afrigter(s)
|
Oersond Gorgonzola
|
Liga(s)
|
Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks
|
|
Meeste wedstryde
|
205
Eric Herbert
|
Meeste punte
|
2 608
Eric Herbert
|
Meeste driee
|
55
Nicky Steyn
|
Eerste wedstryd
|
Onbekend
|
Grootste oorwinning
|
Welwitschias 0?101
Griffons
28 Mei 2016
|
Grootste nederlaag
|
Noord-Vrystaat
0?106 Vrystaat
|
Unie webwerf
|
griffonsnfs.co.za
|
Die
Griffons
(amptelik bekend as die
Down Touch Griffons
weens borgskapredes) is 'n provinsiale rugbyspan in Suid-Afrika wat gebaseer is in
Welkom
,
Noord-Vrystaat
. Die Griffons neem jaarliks deel aan die
Rugby-uitdaagreeks
en die
Curriebeker
se Eerste Afdeling.
Hulle speel in pers, goud en wit klere en hulle tuisveld is die
Noordwes-stadion
.
Die Noord-Vrystaatse Rugbyunie is in 1968 gestig toe
Danie Craven
, destydse president van Suid-Afrikaanse rugby die spel na Suid-Afrika se landelike gebiede wou uitbrei. Die Noord-Vrystaat was een van vier nuwe provinsiale spanne wat in 1968 gestig is.
Met die aanvang van die professionele era in 1996 het die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie onder
Louis Luyt
besluit om die rugbyunies in Suid-Afrika te herverdeel sodat daar net 14 provinsiale spanne oorbly. Met hierdie herskommeling is die Oos-Vrystaat Rugbybond by die Noord-Vrystaat ingelyf. Sedert 1999 staan die span van die Noord-Vrystaat bekend as die Griffons.
In 2016 het die Griffons vir die eerste keer in die bestaan van die unie ’n telling van meer as 100 punte aangeteken in die
Curriebekerkwalifiseringstoernooi
teen die Welwitschias van Namibie. Die span het 15 driee gedruk waarvan 13 deur
George Whitehead
verdoel is.
[1]
[2]
Alle rekords gemeld geld vir die Noord-Vrystaatse Rugbyunie:
[3]
[4]
- Wedstrydrekords
- Meeste punte ? Eric Herbert (36 teen Stellaland in 1992 en teen Valke in 1997)
- Meeste driee ? Piet Maritz (5 teen Suidoos-Transvaal in 1982)
- Meeste doelskoppe ?
George Whitehead
(13 teen Welwitschias in 2016)
[1]
- Meeste strafdoele ? Eric Herbert (9 teen
Pumas
in 2001)
- Meeste skepdoele ? Eric Herbert (3 teen
Vrystaat
in 2001)
- Meeste spandriee ? 15 teen Welwitschias in 2016
[2]
- Seisoenrekords
- Meeste punte ? Eric Herbert (263 in 2001)
- Meeste driee ? Ossie Damons (14 in 2004)
- Meeste doelskoppe ? Eric Herbert (43 in 2001)
- Meeste strafdoele ? Eric Herbert (56 in 2001)
- Meeste skepdoele ? Eric Herbert (10 in 1988)
- Loopbaanrekords
- Meeste wedstryde in Griffon-kleure ? Eric Herbert (205 van 1986 tot 2001)
- Meeste driee ? Nicky Steyn (55 van 2008 tot 2015)
- Meeste punte ? Eric Herbert (2608 van 1986 tot 2001)
- Meeste doelskoppe ? Eric Herbert (331)
- Meeste strafdoele ? Eric Herbert (544)
- Meeste skepdoele ? Eric Herbert (66)
|
---|
|
Premierafdeling
| |
---|
Eerste afdeling
| |
---|
Seisoene (Premierafdeling)
| |
---|