in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Greytown
is 'n
dorp
in die ooste van
Suid-Afrika
, in die provinsie
KwaZulu-Natal
. Die dorp le aan die
Mvotirivier
en is die geboorteplek van genl.
Louis Botha
.
Die dorp is in 1854 uitgele op 'n plaas wat van L.J. Nel gekoop is. Die inwoners wou die dorp eers Pretorius noem ter ere van
Andries Pretorius
maar die Natalse regering het aangedring dat die dorp na sir
George Grey
vernoem word. Die dorp se stadsaal is in 1904 gebou.
Daar is in 1890 begin met die aanplant van
wattelbome
. Vandag is Greytown die middelpunt van uitgebreide wattel- en denneplantasies. Ander produkte is kiwivrugte,
avokadopere
,
suiker
,
mielies
,
vee
en
suiwelprodukte
. Die belangrikste nywerheid is 'n groot skoenfabriek. 'n Gebou wat in 1886 as woning vir die landdros opgerig is, dien nou as 'n museum.
Daar is 'n klipgedenkteken, wat die plek aandui waar die huis was waar genl.
Louis Botha
gebore is, op die plaas Honingfontein. Die plaas is 5 km suid van Greytown.