Die
Goue Horde
, wat plaaslik
Oloeg Oeloes
(letterlik "Groot Staat" in
Turkse tale
) genoem is,
[1]
was oorspronklik 'n Mongoolse en later 'n geturkiseerde
khanaat
wat in die 13de eeu gestig is as die noordwestelike deel van die
Mongoolse Ryk
.
[2]
Met die
verbrokkeling van die Mongoolse Ryk
na 1259 het dit 'n aparte khanaat geword. Dit is ook bekend as die
Kiptjakse Khanaat
of die
Oeloes van Djotsji
, en het die vroeere, minder georganiseerde Koemaans-Kiptjakse konfederasie vervang.
Na die dood van
Batoe Khan
(die stigter van die Goue Horde) in 1255 het die dinastie nog 'n volle eeu lank floreer, tot in 1359, hoewel die intriges van die Nogai in die laat 1920's tot 'n gedeeltelike
burgeroorlog
gelei het. Die horde se militere mag het tydens die bewind van
Oesbek Khan
(1312-1341), wat die
Islamitiese geloof
aangeneem het, 'n hoogtepunt bereik. Die grondgebied van die Goue Horde het tydens sy hoogtepunt gestrek van
Siberie
en
Sentraal-Asie
tot dele van
Oos-Europa
van die
Oeralgebergte
tot die
Donaurivier
in die weste, en van die
Swart-
tot die
Kaspiese See
in die suide, terwyl dit ook gegrens het aan die
Kaukasusberge
en die gebied van die Mongoolse dinastie bekend as die
Il-khanaat
.
[3]
Die khanaat het van 1359 af groot interne politieke wanorde begin ervaar voordat dit vir 'n kort ruk herenig het. Kort na die inval in 1396 deur
Timoer
, stigter van die
Timoeridiese Ryk
, het die Goue Horde in kleiner
Tataarse
khanate verdeel, waarvan die mag geleidelik afgeneem het. Aan die begin van die 15de eeu het die Goue Horde uitmekaar begin val. Teen 1466 is dit dikwels net die "Groot Horde" genoem. Op sy grondgebied het talle hoofsaaklik
Turkssprekende
khanate ontstaan. Die interne onenigheid het die noordelike
vasalstaat
Moskowie
in staat gestel om eindelik in 1480 van die "
Tataarse Juk
" ontslae te raak. Die laaste oorblyfsels van die Goue Horde, die
Krimse
en
Kasakse Khanaat
, het onderskeidelik tot 1783 en 1847 bestaan.
Die naam "Goue Horde", 'n gedeeltelike leenvertaling van die
Russiese
Золотая Орда (
Zolotaja Orda
), wat self vermoedelik 'n gedeeltelike leenvertaling van die Turkse
Altan Orda
is, is glo geinspireer deur die goue tente waarin die Mongole in oorlogstyd gebly het, of 'n goue tent wat Batoe of Oebek Khan
gebruik het en deur die
Slawiers
gebruik is om die groot rykdom van die khan te beskryf. Die Turkse woord
orda
beteken "paleis", "kamp" of "hoofkwartier", in die geval die hoofkwartier van die khan en dus by uitbreiding die khanaat self. Russiese kroniekskrywers het die term "Goue Horde" eers in die 16de eeu eksplisiet begin gebruik om na die spesifieke opvolgerstaat van die Mongoolse Ryk te verwys. In die eerste gebruik, in 1565 in die Russiese kroniekgeskiedenis van
Kazan
, het dit verwys na die Oloes van Batoe (Russies: Улуса Батыя), wat om die stad Sarai gesentreer was.
[5]
[6]
In
Persiese
,
Armeense
en
Moslemgeskrifte
van die tyd, asook in die rekords van die 13de en vroee 14de eeu, is die khanaat die "Oeloes van Djotsji" ("Ryk van Djotsji" in Mongools),
Dasht-i-Qifchaq
(Kiptsjakse Steppe) of "Khanaat van die Kiptjakke en Koemane" genoem.
[7]
[8]
Die oostelike of linkervleuel is in Russiese kronieke die "Blou Horde" genoem en in
Timoeridiese
bronne die "Wit Horde". Westerse geleerdes het tot onlangs die Timoeridiese bronne gevolg en na die linkervleuel as die "Wit Horde" verwys. Maar die historikus Otemish Hajji (
fl.
1550) het die linkervleuel die Blou Horde genoem. Omdat hy vertroud was met die mondelinge tradisies van die khanaat, lyk dit of die Russiese kroniekskrywers reg was en dat die khanaat self sy linkervleuel die Blou Horde genoem het.
Die khanaat het blykbaar die term "Wit Horde" gebruik om na sy regtervleuel in Batoe se tuisbasis in Sarai te verwys. Die terme Goue, Blou en Wit Horde is egter nooit in die bronne uit die Mongoolse tydperk gebruik nie.
Mongoolse oorsprong (1225-1241)
[
wysig
|
wysig bron
]
Met sy dood in 1227 het
Djengis Khan
die Mongoolse Ryk tussen sy vier seuns verdeel, maar die ryk het verenig gebly onder die opperste khan.
Djotsji
was die oudste, maar hy is ses maande voor Djengis dood. Die westelikste grondgebied van die Mongole, insluitende wat vandag Suid-
Rusland
en
Kasakstan
is, is gegee aan Djotsji se oudste seuns,
Batoe Khan
, wat eindelik die leier van die
Blou Horde
geword het, en
Orda Khan
, wat die leier van die
Wit Horde
geword het.
[11]
[12]
In 1235 het Batoe saam met die beroemde generaal Soeboetai 'n aanval weswaarts begin. Hulle het eers die
Basjkiriers
aangeval en in 1236 na
Wolga-Bulgarye
beweeg. Van daar af het hulle die suidelike
steppe
, wat vandag deel van
Oekraine
is, in 1237 aangeval en baie van die Koemane gedwing om weswaarts te vlug. Die Mongoolse veldtog teen die Kiptsjakke en Koemane het reeds in 1216-1218 onder Djotsji en Soeboetai begin. Teen 1239 is baie van die Koemane uit die
Krimskiereiland
verdryf en het dit deel van die Mongoolse Ryk geword.
[13]
Die oorblywende Krimse Koemane het in die Krimse berge agtergebly, en hulle sou mettertyd met ander groepe op die Krim meng, soos die Grieke, Gote en Mongole, om die Krimse
Tataarse
bevolking te vorm. Deur noordwaarts te beweeg het Batoe die Russe aangeval en drie jaar lank die prinsdomme van die voormalige
Kief-Roes
onderwerp, terwyl sy neefs
Mongke
, Kadan en
Guyuk
suidwaarts in
Alanie
inbeweeg het.
Deur die migrasie van die Koemane as rede tot oorlog te gebruik, het die Mongole weswaarts getrek en
Pole
en
Hongarye
aangeval, en dit het gelei tot Mongoolse oorwinnings in Legnica en Mohi. In 1241 het
Ogedei Khan
egter in die Mongoolse tuisland gesterf. Batoe het teruggedraai van
Wene
af, maar het nie na Mongolie teruggekeer nie. Hy het aan die
Wolgarivier
gebly. Sy broer Orda het teruggekeer om aan die opvolgingsproses deel te neem. Die Mongoolse leers sou nooit weer so ver wes beweeg nie.
In 1242, nadat Batoe deur Hongarye teruggetrek en
Pest
in die proses vernietig en Bulgarye onderwerp het,
[14]
het hy 'n hoofstad by Sarai gevestig en die laer dele van die Wolga beheer. Kort tevore het Batoe en Orda se jonger broer Sjiban sy eie enorme
oeloes
oos van die
Oeralgebergte
gekry, aan die
Ob
- en
Irtisjrivier
.
Hoewel
Mongools
ongetwyfeld in gebruik was aan Batoe se hof, het min Mongoolse geskrifte in die gebied van die Goue Horde bewaar gebly, dalk weens algemene ongeletterdheid. Volgens Grigorjef is
yarliq
, of dekrete van die khans, in Mongools geskryf en dan in Koemaans vertaal. Die bestaan van
Arabies
-Mongoolse en
Persies
-Mongoolse woordeboeke uit die middel 14de eeu en berei vir gebruik deur die Egiptiese
Mamelukke
, dui daarop dat daar 'n behoefte aan sulke werke was in die korrespondensie met die Goue Horde. Daar kan dus aanvaar word dat briewe wat deur die Mamelukke ontvang is ? of dalk ook deur hulle geskryf is ? in Mongools was.
[14]
Toe die Mongoolse regent Toregene in 1241 vir Batoe nooi om die volgende keiser te kies, het hy die bywoning van die
koeroeltai
van die hand gewys en verkies om aan die Wolga te bly. Hoewel hy as rede aangegee het dat hy oud en siek is, lyk dit of hy teen die verkiesing van Guyuk Khan was. Guyuk en Buri, 'n kleinseun van
Tsjagatai Khan
, het gewelddadig met Batoe baklei op 'n oorwinningsbanket tydens die Mongoolse besetting van Oos-Europa. Batoe het sy broers na die koeroeltai gestuur en die nuwe
khagan
is in 1246 verkies.
Al die senior Russiese prinse, onder andere
Jaroslaf II van Wladimir
, Daniel van Galicie en
Swjatoslaf III van Wladimir
, het Batoe se heerskappy erken. Batoe het Daniel aanvanklik opdrag gegee om Galicie se administrasie aan die Mongole te oorhandig, maar Daniel het Batoe in 1245 persoonlik besoek en trou aan hom gesweer. Nadat hy van sy reis teruggekeer het, was Daniel duidelik deur die Mongole beinvloed en het hy sy leer op die Mongoolse manier toegerus.
Oostenrykse
besoekers aan sy kamp het opgemerk dat al Daniel se ruiters soos Mongole aangetrek was. Die enigste een in Russiese drag was Daniel self.
Michail van Tsjernigof, wat 'n Mongoolse afgesant in 1240 vermoor het, het geweier om onderdanigheid te betoon en is in 1246 tereggestel.
Nadat Guyuk verskeie kere op Batoe 'n beroep gedoen het om eer aan hom te betoon het hy Jaroslaf II,
Andrei II van Wladimir
en
Aleksander Nefski
in 1247 na
Karakoroem
in Mongolie gestuur. Jaroslaf het nooit teruggekeer nie en is in Mongolie dood. Hy is waarskynlik deur Toregene vergiftig, moontlik om Batoe kwaad te maak, en dalk ook haar eie seun Guyuk omdat hy nie haar regentskap goedgekeur het nie.
Guyuk het Andrei aangestel as
grootprins
van
Wladimir-Soezdal
en Aleksander prins van
Kief
. Toe hulle terugkeer, is Andrei egter na
Wladimir
en Aleksander na
Nowgorod
. 'n Biskop wat Kief besoek het, het verder oos gereis omdat die stad so verwoes en verlate was.
In 1248 het Guyuk Batoe opdrag gegee om ooswaarts te kom om hom te ontmoet. Sommige kenners beskou dit as 'n voorwendsel om Batoe in hegtenis te neem. Batoe het 'n groot leer met hom saamgebring. Toe Guyuk weswaarts beweeg, het
Toloei
se weduwee, 'n suster van Batoe se stiefma, Sorgagtani, Batoe gewaarsku dat die seuns van Djotsji dalk Guyuk se teiken is. Guyuk het op pad gesterf, op 42-jarige ouderdom. Hy is dalk aan natuurlike oorsake dood,
of hy is vergiftig.
Met Batoe se hulp het
Mongke
in 1251 die khagan geword. Hy het 'n sameswering ontdek om hom af te sit en het sy teenstanders begin vervolg. Ramings van die sterfgevalle onder aristokrate, amptenare en bevelvoerders wissel tussen 77 en 300. Batoe het die invloedrykste mens in die Mongoolse Ryk geword, want sy vriendskap met Mongke het die eenheid van die ryk verseker.
Batoe, Mongke en ander prinse het heerskappy oor die gebied van
Afganistan
tot
Turkye
gedeel. Batoe het Mongke se sensusopnemers toegelaat om vrylik in sy gebied te werk. In 1252-1259 het Mongke 'n
sensus
van die Mongoolse Ryk uitgevoer, insluitende
Iran
, Afganistan,
Georgie
,
Armenie
, Kief-Roes,
Sentraal-Asie
en Noord-
China
. Terwyl die sensus in China in 1252 voltooi is, was Nowgorod in die verre noordweste eers in die winter van 1258-1259 klaar getel.
Met die mag wat Mongke aan Batoe gegee het, het hy nou direkte beheer oor die prinse van Kief-Roes gehad. Grootprins
Andrei II van Wladimir
het egter geweier om aan Batoe onderdanig te wees. Batoe het 'n strafekspedisie na Wladimir gestuur, wat Andrei verslaan en hom gedwing het om na Nowgorod te vlug, daarna na
Pskof
en eindelik na
Swede
. Die Mongole het Wladimir ingeval en die prinsdom swaar gestraf. Danksy Aleksander se vriendskap met Batoe se seun, Sartaq, 'n
Christen
, het Batoe hom in 1252 as grootprins van Wladimir aangestel.
Nadat Batoe in 1256 gesterf het, is sy seun Sartaq Khan deur Mongke Khan aangestel. Kort nadat hy van die hof van die khagan in Mongolie teruggekeer het, is hy dood. Die baba Oelagtsji het hom opgevolg onder die regentskap van Boragtsjin
Khatun
. Oelagtsji is kort daarna dood en Batoe se jonger broer
Berke
, wat hom tot die
Islam
bekeer het, is in 1258 tot khan van die Goue Horde verkies.
In 1259 het Berke gewelddadige aanvalle op
Litaue
en
Pole
uitgevoer en in 1259 en 1260 het hy geeis dat die Hongaarse monarg en Franse koning hulle oorgee.
Sy aanval op
Pruise
in 1259/'60 het groot verliese in die
Duitse Orde
tot gevolg gehad.
[25]
In 1261 het Berke die stigting van 'n kerk in Sarai goedgekeur.
Nadat Mongke Khan in 1259 gesterf het, het die Toludiese Burgeroorlog (1260-1264) tussen die seuns van
Toloei Khan
?
Koeblai Khan
en sy jonger broer
Ariq Boke
? uitgebreek om die posisie van khagan. Terwyl
Hulegu Khan
van die
Il-khanaat
Koeblai ondersteun het, het Berke die kant van Ariq Boke gekies.
[27]
Nadat Ariq Boke in 1264 verslaan is, het hy Koeblai se kroning aanvaar.
[28]
Verskeie burgeroorloe het hierna gevolg, onder andere in 1262 tussen tussen Berke en Hulegu, stigter van die Il-khanaat. Hulegu is eindelik in 1263 verslaan en is in kort daarna dood.
Berke is in 1264 dood terwyl hy op pad was om teen Hulagu se opvolger, Abaqa, te veg. Sy seun Mengoe-Timoer is deur Koeblai as sy opvolger aangewys.
Die
Swart Dood
van die 1340's was die grootste faktor wat bygedra het tot die val van die Goue Horde. Na die rampspoedige bewind van
Djani Beg
en die daaropvolgende sluipmoord op hom, het ’n lang
burgeroorlog
uitgebreek wat tot gevolg gehad het dat daar vir die volgende paar dekades omtrent elke jaar ’n nuwe khan was. Teen die 1380's het Rusland probeer wegbreek uit die Goue Horde se mag. Mamai, ’n Tataarse generaal en aanspraakmaker op die troon, het probeer om Rusland weer in sy mag te kry. Sy leer is deur
Dmitri Donskoi
verslaan by die
Slag van Koelikowo
en Mamai het kort daarna sy mag verloor.
In die 1440's was daar weer ’n groot burgeroorlog en die keer het die Horde opgebreek in verskillende
khanate
. Nie een van die khanate was sterker as Rusland nie en die Russe het die een khanaat na die ander verower. Omstreeks 1480 was Rusland eindelik weer vry. Teen die einde van die eeu was die
Siberiese Khanaat
ook deel van Rusland.
Die
Krim-khanaat
het in 1475 ’n afhanklike staat van die
Ottomaanse Ryk
geword. Die Krim-Tatare het in die
16de
en
17de eeu
verwoesting gesaai in Suid-Rusland, die Oekraine en selfs Pole, maar hulle kon Rusland nooit verslaan nie. In 1783 het
Katharina die Grote
die Krim-khanaat geannekseer. Dit was verreweg die langs oorblywende opvolgerstaat van die Goue Horde.
- ↑
"The History and Culture of the Golden Horde (Room 6)"
. The State Hermitage Museum, Sankt Petersburg
. Besoek op
21 Maart
2020
.
- ↑
Perrie, Maureen, red. (2006).
The Cambridge History of Russia: Volume 1, From Early Rus' to 1689
. Cambridge University Press. p. 130.
ISBN
978-0-521-81227-6
.
- ↑
"
Golden Horde
".
Encyclopædia Britannica
. (2007).
- ↑
"рЕПЛХМ гНКНРЮЪ нПДЮ - НЬХАЙЮ РНКЛЮВЮ 16 ЯРНКЕРХЪ (мХК лЮЙЯХМЪ) / оПНГЮ.ПС - МЮЖХНМЮКЭМШИ ЯЕПБЕП ЯНБПЕЛЕММНИ ОПНГШ"
. Proza.ru
. Besoek op
11 April
2014
.
- ↑
Ostrowski, Donald G. (Spring 2007). "Encyclopedia of Mongolia and the Mongol Empire, and: The Mongols and the West, 1221?1410, and: Daily Life in the Mongol Empire, and: The Secret History of the Mongols: A Mongolian Epic Chronicle of the Thirteenth Century (review)".
Kritika: Explorations in Russian and Eurasian History
. Project MUSE.
8
(2): 431?441.
doi
:
10.1353/kri.2007.0019
.
S2CID
161222967
.
- ↑
May, T. (2001).
"Khanate of the Golden Horde (Kipchak)"
. North Georgia College and State University. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 14 Desember 2006.
- ↑
Spinei, Victor (2009).
The Romanians and the Turkic Nomads North of the Danube Delta from the Tenth to the Mid-Thirteenth Century
. Brill. p. 38.
ISBN
978-90-04-17536-5
.
- ↑
Edward L. Keenan,
Encyclopedia Americana
-artikel
- ↑
Grekov, B. D.; Yakubovski, A. Y. (1998) [1950].
The Golden Horde and its Downfall
(in Russies). Moscow: Bogorodskii Pechatnik.
ISBN
978-5-8958-9005-9
.
- ↑
"History of Crimean Khanate"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 6 Januarie 2009.
(in Engels)
- ↑
14,0
14,1
Sinor, Denis (1999). "The Mongols in the West".
Journal of Asian History
. Harrassowitz Verlag.
33
(1): 1?44.
JSTOR
41933117
.
- ↑
Annales Mellicenses. Continuatio Zwetlensis tertia, MGHS, IX, p.644
- ↑
Kirakos,
Istoriia
p. 236
- ↑
Rashid al-Din-Jawal al Tawarikhi, (Boyle) p. 256
- Boris Grekov en Alexander Yakubovski,
The Golden Horde and its Downfall
.
- George Vernadsky,
The Mongols and Russia
.