in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Kunstenaarsvoorstelling van die laaste glasiale tyd op sy maksimum.
[1]
’n
Glasiale tyd
of
ystyd
is ’n tyd (van duisende jare) in ’n
ystydperk
waarin kouer
temperature
en meer ysvorming voorkom.
Interglasiale tye
, daarenteen, is tye van warmer temperature tussen glasiale tye. Die
laaste glasiale tyd
het sowat 15 000 jaar gelede geeindig,
[2]
terwyl die
huidige ystydperk
steeds voortduur. Die
Holoseen
-
epog
is die huidige interglasiale tyd.
- Hoofartikel:
Kwartere Ystydperk
In die
Kwarter
is die huidige ystydperk van 2,58 miljoen jaar gelede tot nou, en in die tyd het ’n paar glasiale en interglasiale tye voorgekom.
- Hoofartikel:
Laaste glasiale tyd
Die laaste glasiale tyd was die mees onlangse koue periode in die
huidige ystydperk
, en dit het voorgekom van die
Pleistoseen
-
epog
vanaf sowat 110 000 jaar gelede, tot sowat 15 000 jaar gelede.
[2]
Die ysvorming in die tyd het gekonsentreer om dele van die
Noordelike Halfrond
en het verskillende name, na gelang van die streek. Dit het sy maksimum sowat 22 000 jaar gelede bereik.