in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Solti deur Allan Warren, 1975
Franz Liszt-akademie, Boedapest
Hongaarse Staatsoperahuis
Georg Solti
, (gebore
Gyorgy Stern
; 21 Oktober 1912 ? 5 September 1997) was 'n Hongaarsgebore orkes- en operadirigent, beste bekend om sy verskynings met operageselskappe in Munchen, Frankfurt en Londen, en as musiekdirekteur van die
Chicago Simfonieorkes
. Solti is in
Boedapest
gebore en het daar studeer onder
Bela Bartok
, Leo Weiner en Ern? Dohnanyi. In die 1930s was hy 'n repetiteur by die Hongaarse Staatsopera en het hy by die Salzburgfees vir
Arturo Toscanini
gewerk. Sy loopbaan is weens die opkoms van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty se invloed op Hongaarse politiek onderbreek, en siende dat Solti van Joodse agtergrond was, het hy in 1938 gevlug onder toepassing van die strenger-wordende anti-Joodse wette in Hongarye. Nadat hy 'n seisoen van Russiese ballet in Londen by die
Royal Opera House
gedirigeer het, het hy sy toevlug tot Switserland geneem, waar hy sou aanbly gedurende die verdere verloop van die Tweede Wereldoorlog. Aangesien hy verbied is om aldaar te dirigeer het hy 'n inkomste verdien as pianis.
Na die oorlog was Solti in 1946 in Munchen as musiekdirekteur van die Beierse Staatsopera aangestel. In 1952 het hy na die Oper Frankfurt verskuif, waar hy vir die volgende nege jaar sou gedy. Hy het in 1953
Wes-Duitse
burgerskap aangeneem. In 1961 is hy aangestel as musiekdirekteur van die
Covent Garden Opera Company
, Londen. Hy het gedurende sy tyd (tien jaar) as musiekdirekteur veranderinge aangebring wat die standaarde tot die hoogste internasionale vlakke opgehef het. Onder sy musikale direkteurskap was die status van die geselskap erken met die toegif van die titel "die Koninklike Opera". Hy het in 1972 Britse burgerskap aangeneem.
In 1969 is Solti as musiekdirekteur van die
Chicago Simfonieorkes
aangestel, welke pos hy vir twee-en-twintig jaar gehou het. Hy het die pos in 1991 prysgegee en die orkes se musiekdirekteur-laureaat geword, welke pos hy tot sy dood gehou het. Gedurende sy tyd as agste musiekdirekteur van die Chicago Simfonieorkes het hy terselfdertyd vanaf 1972 tot 1975 as musiekdirekteur van die
Orchestre de Paris
gedien en ook vanaf 1979 tot 1983 as hoofdirigent van die
Londense Filharmoniese Orkes
.
Solti was in sy vroee jare bekend vir die intensiteit van sy musiek, maar het in sy latere jare as dirigent rustiger geword. Hy het verskeie werke tot soveel as twee- of driekeer gedurende sy loopbaan opgeneem, en was 'n produktiewe opnamekunstenaar - met meer as 250 opnames, insluitende 45 volledige operas. Die bekendste van sy opnames is waarskynlik Decca se volledige stel van
Wagner
se
Der Ring des Nibelungen
, wat tussen 1958 en 1965 opgeneem is. Solti se
Ring
is twee keer verkies as die beste opname wat ooit gemaak is, in peilings vir die
Gramophone-
tydskrif in 1999 en die
BBC
se
Music Magazine
in 2012. Solti is herhaaldelik tydens sy loopbaan deur die opname-industrie met toekennings vereer, insluitende 'n rekord een-en-dertig
Grammytoekennings
as opnamekunstenaar.