in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geelrivier
|
Die Geelrivier naby Guide, Qinghai.
Die Geelrivier naby Guide, Qinghai.
|
Die stroomgebied van die Geelrivier.
|
Oorsprong
|
Hoogland van Tibet
|
Monding
|
Golf van Bohai,
Geelsee
|
Stroomgebied
|
Volksrepubliek China
|
Lengte
|
5 464 km (3 395 myl)
[1]
|
Oorspronghoogte
|
4 500 m (14 800 voet)
|
Mondinghoogte
|
0 m (0 voet)
|
Gemiddelde afloop
|
2 571 m/s³ (90 800 vt³/s)
|
Stroomgebiedopp.
|
752 000 km² (290 000 myl²)
|
Kaart van die Geelrivier-bekken in Asie.
|
Die
Geelrivier
(
Chinees
: ?河 / 黃河
Huang He
luister
(
hulp
·
inligting
)
) is naas die
Nyl
,
Amasone
en
Yangtze
die wereld se vierde langste
rivier
. Die rivier, met 'n lengte van 5 464 km, is naas die Yangtze die tweede langste rivier in die
Volksrepubliek China
en in
Asie
. Die naam van die Geelrivier is afgelei van die geel
sediment
, wat die rivier uit die
Gobi
-
woestyn
meevoer.
Die boloop van die Geelrivier naby Qinghai
Die Geelrivier in
Lanzhou
Die Geelrivier ontspring in die
Hoogland van Tibet
, halfpad tussen
Lhasa
en
Xining
, sowat 450 km oos van die Yangtze se oorsprong. Van hier af vloei die rivier in 'n oostelike rigting met 'n sigsagroete en word dit in
Tibettaans
Ma-chu
(?????, letterlik "rivier van die
pou
") genoem. Vervolgens vloei die Geelrivier in 'n noordelike rigting, waar dit
Binne-Mongolie
se grens bereik. Hier maak die rivier 'n groot boog om die Ordos-plato en vloei verder in 'n suidelike rigting tot in die Sanmenxia-dam. Hier mond die Wei He naby die ou keiserstad
Xi'an
in die Geelrivier uit. Noord van die Funiushan-gebergte draai die Geelrivier in 'n oostelike rigting deur die Xiaolangdi-dam, asook die provinsies
Shanxi
en
Shaanxi
, en verlaat daarna die
kloofryke
bergland. Sowat 45 km oos van
Kaifeng
vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting deur sy afsettingsgevormde vlaktes. Meer as 500 km na Kaifeng mond die Geelrivier tussen
Tianjin
en die
Shandong
-
skiereiland
uit in die Golf van Bohai, 'n deel van die
Geelsee
.
Die Geelrivier word deur die
Keiserkanaal
met die Yangtze verbind. Die grootste stede aan die rivier is
Lanzhou
,
Wuhai
,
Baotou
, Kaifeng en
Jinan
.