in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Garnet Wolseley
|
|
Geboortedatum
|
4 Junie 1833
|
Geboorteplek
|
Golden Bridge,
Dublin
,
Ierland
|
Sterfdatum
|
25 Maart 1913 (79 jaar oud)
|
Sterfplek
|
Menton
,
Frankryk
|
Lojaliteit
|
Verenigde Koninkryk
|
Diens/Tak
|
Britse leer
|
Jare in diens
|
1852?1900
|
Rang
|
Veldmaarskalk
|
Eenheid
|
Kwartiermeester-generaal van die magte
Adjudant-generaal van die magte
Hoof-Bevelvoerder in Ierland
Hoof-Bevelvoerder van die magte
Hoof-Kolonel van die koniklike Ierse Regiment
|
Veldslae/oorloe
|
Tweede Birmaanse Oorlog
Krimoorlog
Indiese rebellie
- Beleg van Lucknow
- Inname van Lucknow
Tweede Opiumoorlog
- Derde Slag van Taku Forts
Fenian strooptogte
Red River Rebellie
Derde Anglo-Ashanti Oorlog
Anglo-Zoeloe-oorlog
1882 Anglo-Egiptiese Oorlog
Mahdiste-oorlog
|
Toekennings
|
Knight of the Order of St Patrick
Member of the Order of Merit
Knight Grand Cross of the Order of the Bath
Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George
Volunteer Decoration
|
Ander werk
|
Goewerneur van die Goue Kus
Goewerneur van Natal en Transvaal
|
Garnet Joseph Wolseley
(
4 Junie
1833
?
25 Maart
1913
) was 'n Britse Veldmaarskalk en Burggraaf wat in
Ierland
gebore is. Hy sluit op negentienjarige ouderdom by die Britse Leer aan. In 1873 was hy in bevel van 'n ekspedisie teen die
Asjanti
aan die weskus van
Afrika
. In 1875 is hy as generaal in bevelvoerende hoedanigheid in Natal gestasioneer. Hy word na
Ciprus
verplaas as eerste administrateur maar word na
Suid-Afrika
teruggeroep om
lord Chelmsford
te vervang na die se neerlae in die
Anglo-Zoeloe-oorlog
. Hy beeindig die oorlog en neem
Cetshwayo
gevange. Daarna word hy as Goewerneur van Natal aangestel en hy stel 'n nuwe regeringstelsel in in
Zoeloeland
.
Na die eerste anneksering van
Transvaal
deur
Engeland
word hy as Goewerneur aangestel. Hy beeindig die langdurige
Sekhukhune
-oorlog en stel 'n nuwe grondwet in vir Transvaal as Kroonkolonie. Hy keer terug na Engeland en speel 'n vername rol in die hervorming van die Britse Leer. Van 1895 tot 1899 is hy die opperbevelhebber van die Britse Leer. Hy skryf ook 'n aantal boeke insluitend die biografie van die Hertog van Marlborough. Hy is in 1913 in
Menton
aan die
Franse Riviera
oorlede.
Die dorp
Wolseley
in die
Wes-Kaap
is na hom vernoem.