in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ganges ? Ganga
|
Die Ganges in
Waranasi
,
Indie
.
|
Die stroomgebied van die Ganges en die
Brahmaputra
.
|
Oorsprong
|
Saamvloei van Alaknanda en Bhagirathi (
Indie
)
|
Monding
|
met die Brahmaputra in die Padma,
Bangladesj
Golf van Bengale
|
Stroomgebied
|
Indie
en
Bangladesj
|
Lengte
|
2 525 km (1 569 myl)
[1]
|
Oorspronghoogte
|
3 892 m (12 769 voet)
|
Mondinghoogte
|
0 m (0 voet)
|
Gemiddelde afloop
|
16 648 m³/s (587 919 vt³/s)
[2]
|
Stroomgebiedopp.
|
1 080 000 km² (416 990 myl²)
[3]
|
Kaart van die Ganges-bekken in Asie.
|
Die
Ganges
of
Ganga
(
Hindi
: ????;
Bengaals
: ?????,
Gonga
;
Sanskrit
: ?????;
Oerdoe
: ????,
Ga?g?
) is 'n groot
oos
-vloeiende
rivier
in
Asie
. Die rivier, met 'n lengte van 2 525 km (1 569 myl), is na die
Indus
en die
Brahmaputra
die derde langste rivier in
Suid-Asie
. Die Ganges is die heiligste rivier in
Hindoeisme
[4]
en sterk besoedel deur riool.
[5]
Die Ganges ontstaan deur die saamvloei van die Bhagirathi en die Alaknanda binne die
Himalaja
in die streek Garhwal van die
Indiese
deelstaat
Uttarakhand
, net suid van die grens tot die
Chinese
outonome gewes
Tibet
, naby die berg
Kailash
. Aansluitend vloei die rivier in 'n suidelike rigting, voordat dit die Groot Vlakte bereik, een van die mees digbevolkte gebiede van die wereld. Net oos van die Indiese hoofstad
Nieu-Delhi
vloei die Ganges in 'n oostelike rigting en bereik die deelstaat
Uttar Pradesh
. Hier vloei die rivier deur
Kanpur
, die grootste stad aan die boloop. In
Allahabad
mond die
Yamuna
, die Ganges se belangrikste sytak, in die rivier uit. Net oos daarvan bereik die rivier die stad
Waranasi
, in die Hindoeisme die mees belangrike pelgrimsoord aan die Ganges. Aansluitend vloei die Ganges deur die deelstaat
Bihar
en bereik
Patna
, die grootste stad aan die rivier. Beide stede, Waranasi en Patna, behoort tot Indie se oudste nedersettings. Verder oos vloei die rivier deur die deelstate
Jharkhand
en
Wes-Bengale
, waar waterryke sytakke vanuit die Himalaja in die Ganges uitmond. Aansluitend bereik die Ganges
Bangladesj
, waar die rivier
Hugli
genoem word. Net wes van die land se hoofstad
Dhaka
vloei die Ganges en die
Brahmaputra
saam en vorm die Padma. Die Padma vloei verder in 'n suidwestelike en aansluitend in 'n suidelike rigting. Later mond dit in die Gangesdelta in die
Golf van Bengale
uit.
- ↑
(
en
)
Sharad K. Jain; Pushpendra K. Agarwal; Vijay P. Singh (5 Maart 2007).
Hydrology and water resources of India
. Springer. pp. 334?342.
ISBN
978-1-4020-5179-1
. Besoek op
23 Februarie
2015
.
- ↑
(
en
)
Kumar, Rakesh; Singh, R.D.; Sharma, K.D. (10 September 2005).
"Water Resources of India"
(PDF)
.
Current Science
. Bangalore: Current Science Association.
89
(5): 794?811
. Besoek op
23 Februarie
2015
.
- ↑
(
en
)
Suved?, S?ryapras?da (2005).
International watercourses law for the 21st century: the case of the river Ganges basin
. Ashgate Publishing, Ltd. p. 61.
ISBN
978-0-7546-4527-6
. Besoek op
23 Februarie
2015
.
- ↑
(
en
)
Alter, Stephen (2001),
Sacred Waters: A Pilgrimage Up the Ganges River to the Source of Hindu Culture
, Houghton Mifflin Harcourt Trade & Reference Publishers,
ISBN
978-0-15-100585-7
,
http://books.google.com/books?id=qb9yQgAACAAJ
, besoek op 23 Februarie 2015
- ↑
"Ganges River"
(in Engels).
Encyclopædia Britannica
.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020
. Besoek op
2 Augustus
2019
.