Ganges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ganges ? Ganga
Die Ganges in Waranasi, Indië.
Die Ganges in Waranasi , Indie .
Die Ganges in Waranasi , Indie .

Die stroomgebied van die Ganges en die Brahmaputra .

Oorsprong Saamvloei van Alaknanda en Bhagirathi ( Indie )
Monding met die Brahmaputra in die Padma, Bangladesj
Golf van Bengale
Stroomgebied Indie en Bangladesj
Lengte 2 525 km (1 569 myl) [1]
Oorspronghoogte 3 892 m (12 769 voet)
Mondinghoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 16 648 m³/s (587 919 vt³/s) [2]
Stroomgebiedopp. 1 080 000 km² (416 990 myl²) [3]
Kaart van die Ganges-bekken in Asië.
Kaart van die Ganges-bekken in Asie.
Nasa -Satellietbeeld van die Gangesdelta

Die Ganges of Ganga ( Hindi : ????; Bengaals : ?????, Gonga ; Sanskrit : ?????; Oerdoe : ????, Ga?g? ) is 'n groot oos -vloeiende rivier in Asie . Die rivier, met 'n lengte van 2 525 km (1 569 myl), is na die Indus en die Brahmaputra die derde langste rivier in Suid-Asie . Die Ganges is die heiligste rivier in Hindoeisme [4] en sterk besoedel deur riool. [5]

Die Ganges ontstaan deur die saamvloei van die Bhagirathi en die Alaknanda binne die Himalaja in die streek Garhwal van die Indiese deelstaat Uttarakhand , net suid van die grens tot die Chinese outonome gewes Tibet , naby die berg Kailash . Aansluitend vloei die rivier in 'n suidelike rigting, voordat dit die Groot Vlakte bereik, een van die mees digbevolkte gebiede van die wereld. Net oos van die Indiese hoofstad Nieu-Delhi vloei die Ganges in 'n oostelike rigting en bereik die deelstaat Uttar Pradesh . Hier vloei die rivier deur Kanpur , die grootste stad aan die boloop. In Allahabad mond die Yamuna , die Ganges se belangrikste sytak, in die rivier uit. Net oos daarvan bereik die rivier die stad Waranasi , in die Hindoeisme die mees belangrike pelgrimsoord aan die Ganges. Aansluitend vloei die Ganges deur die deelstaat Bihar en bereik Patna , die grootste stad aan die rivier. Beide stede, Waranasi en Patna, behoort tot Indie se oudste nedersettings. Verder oos vloei die rivier deur die deelstate Jharkhand en Wes-Bengale , waar waterryke sytakke vanuit die Himalaja in die Ganges uitmond. Aansluitend bereik die Ganges Bangladesj , waar die rivier Hugli genoem word. Net wes van die land se hoofstad Dhaka vloei die Ganges en die Brahmaputra saam en vorm die Padma. Die Padma vloei verder in 'n suidwestelike en aansluitend in 'n suidelike rigting. Later mond dit in die Gangesdelta in die Golf van Bengale uit.

Fotogalery [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. ( en ) Sharad K. Jain; Pushpendra K. Agarwal; Vijay P. Singh (5 Maart 2007). Hydrology and water resources of India . Springer. pp. 334?342. ISBN   978-1-4020-5179-1 . Besoek op 23 Februarie 2015 .
  2. ( en ) Kumar, Rakesh; Singh, R.D.; Sharma, K.D. (10 September 2005). "Water Resources of India" (PDF) . Current Science . Bangalore: Current Science Association. 89 (5): 794?811 . Besoek op 23 Februarie 2015 .
  3. ( en ) Suved?, S?ryapras?da (2005). International watercourses law for the 21st century: the case of the river Ganges basin . Ashgate Publishing, Ltd. p. 61. ISBN   978-0-7546-4527-6 . Besoek op 23 Februarie 2015 .
  4. ( en ) Alter, Stephen (2001), Sacred Waters: A Pilgrimage Up the Ganges River to the Source of Hindu Culture , Houghton Mifflin Harcourt Trade & Reference Publishers, ISBN   978-0-15-100585-7 , http://books.google.com/books?id=qb9yQgAACAAJ , besoek op 23 Februarie 2015  
  5. "Ganges River" (in Engels). Encyclopædia Britannica . Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020 . Besoek op 2 Augustus 2019 .

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]