Gallia Belgica
, wat in later tye nog slegs
Belgica
genoem is, was 'n Romeinse provinsie wat die suide van die huidige
Nederland
, die weste van
Belgie
,
Luxemburg
, die noordooste van
Frankryk
, die weste van
Switserland
en die weste van
Duitsland
ingesluit het. Die provinsie is tydens keiser Augustus se opsplitsing van
Gallie
gevorm. Aanvanklik het Durocortorum (die huidige
Reims
) as sy hoofstad gedien, tog is die setel van die administrasie later na
Augusta Treverorum
verskuif.
Die inheemse bevolking was van gemengde Keltiese en Germaanse herkoms, en dikwels is na die plaaslike stamme as die Belgae verwys. Volgens
Gaius Julius Caesar
het die riviere Marne en Seine as die natuurlike grens met Gallia Lugdunensis gefungeer, terwyl Belgica en Germania deur die
Ryn
geskei is. Die gebiede van die Helvetiers is by Gallia Belgica ingelyf.
In die 1ste eeu is die administratiewe verdeling van die provinsies gewysig. Die noordelike deel van Gallia Belgica het die nuwe naam Germania Inferior gekry, terwyl die oostelike deel van Germania Superior en die suidelike grens van Gallia Belgica in suidwaartse rigting verskuif is. Die nuwe gebied van Gallia Belgica het nou ook die stad Durocortorum ingesluit. Die gewysigde antieke grense stem rofweg met die huidige grenslyne tussen Nederland, Duitsland en Belgie ooreen.
Met die administratiewe hervorming van keiser
Diocletianus
(
284
-
305
) is Belgica opgesplits in Belgica I ("Belgica Prima", die gebied van die Moeselrivier) en Belgica II ("Belgica Secunda", die gebied van Reims tot by die
Engelse Kanaal
) en het saam met die voormalige provinsies Gallia Lugdunensis, Germania Superior, Sequana en Alpes Graiae et Poeninae nou deel uitgemaak van die nuwe gebied (diocoesa) Galliae.
Die gebied van die ou Gallia Belgica het in die 5de eeu die hartland van die
Frankiese Ryk
geword, terwyl die Alamanne die oostelike deel oorgeneem het.
Franse argeoloe het deur middel van lugfotografie meer kennis opgedoen oor die demografiese en ekonomiese struktuur van Noord-Gallie. Alhoewel die noorde nie verstedelik was soos die Mediterreense
Gallia Narbonensis
nie, was dit opvallend dig bevolk. Landbou het as die vernaamste ekonomiese basis gedien, en die gebied was deur die sogenaamde villa-kultuur gekenmerk. Die grootste deel van die bevolking het dus heeltemaal outarke
villae
(landgoedere) bewoon.
Die groot villa van
Estrees-sur-Noye
(
Somme
) is een van die bekendste Romeinse landgoedere, wat deur middel van lugfotografie gerekonstrueer is. 'n Aantal van dergelike villae is orals in Noord-Frankryk ontdek, maar dit is tans nog nie moontlik om te bepaal watter villae gelyktydig bewoon en watter kleiner landgoedere ten gunste van groter eenhede opgegee is nie.
|
---|
| |
†
Italia is nooit as 'n provinsie geskep nie, maar het eerder 'n spesiale juridiese status behou tot en met
Diocletianus
se hervormings.
|