Domenico Gaetano Maria Donizetti
(
29 November
1797
,
Bergamo
?
8 April
1848
,
Bergamo
,
Lombardye
, Oostenrykse Ryk) was ‘n Italiaanse operakomponis. Sy groot getal operas wat in beide
Italiaans
en
Frans
gekomponeer is verteenwoordig ‘n oorgangsfase tussen die operastyle van
Rossini
en
Verdi
. Onder sy grootste werke tel Lucia di Lammermoor (1835), La fille du regiment (1840), en La favorite (1840).
Hy was die jongste van drie seuns van die opsigter van die monte di pieta (die munisipale pandjieswinkel) en het sy musikale studies onder Giovanni Simone Mayr, die Beierse priester en musiekdirekteur van Sta. Maria Maggiore, Bergamo se hoofkerk, en ook ‘n suksesvolle
operakomponis
, begin. As koorknaap het Donizetti nie uitgeblink nie, maar Mayr het ‘n ontluikende musikale vermoe in hom bespeur en toegesien dat hy toegelaat word tot die Liceo Filarmonico (die musiekskool) in Bologna waar hy opleiding ontvang het in
kontrapunt
en die fuga. Sy vader was hoopvol dat hy ‘n kerkkomponis sou word, maar alhoewel hy ‘n groot verskeidenheid gewyde musiek gekomponeer het, het sy werklike aanleg in teatermusiek gele.
Donizetti het sy eerste sukses behaal met Enrico di Borgogna, wat in 1818 by die Teatro San Luca in
Venesie
opgevoer is, en in die volgende 12 jaar het hy 31 operas gekomponeer. Die meeste daarvan is in
Napels
opgevoer en nou vergete. In
1830
het sy Anna Bolena wat in
Milaan
opgevoer is aan hom groot roem besorg. Twee jaar later het hy verdere ewigdurende sukses behaal met L'elisir d'amore (Die Eliksir van Liefde). Die libretto is deur Felice Romani, wat destyds as die beste teaterdigter beskou is, geskryf. Lucrezia Borgia (1833), ook met ‘n libretto deur Romani, het sy reputasie by
La Scala
en elders verstewig. Soos sy voorgangers
Rossini
en
Bellini
het hy hom volgende toegespits op
Parys
waar sy Marino Faliero, hoewel nie ‘n mislukking nie, nie kon meeding nie met Bellini se I Puritani, wat ‘n paar weke vroeer opgevoer is. Donizetti het hierna teruggekeer na Napels vir die opvoering van sy
tragediese
meesterstuk, Lucia di Lammermoor op 26 September 1835.
In
1828
is Donizetti getroud met Virginia Vasseli, die suster van een van sy hegste vriende in Rome. Hulle het hulle in Napels gevestig. Hy was besonders toegewyd aan haar en sou na haar dood, kort na haar geboorte aan ‘n stilgebore seun in 1837, nooit werklik herstel nie, Sy ontsteltenis en verbystering is vererger deur die feit dat nie een van hul drie kinders hul geboorte oorleef het nie. Dit was duidelik dat
sifilis
, waaraan Donizetti self later beswyk het, reeds sy tol van sy familie begin neem het.
Donizetti het tot 1838 voortgegaan om in Napels te werk, toe sensors aanstoot geneem het teen die opvoering van sy Poliuto, wat oor ‘n
Christenmartelaar
handel, op grond daarvan dat die onderwerp nie geskik was vir die verhoog nie. Hierna het hy na Parys teruggekeer, waar Bellini se vroee dood en Rossini se uittrede hom sonder ernstige mededingers gelaat het. Hy het van sy gewildste operas weer opgevoer, hoewel Lucrezia Borgia onttrek moes word vanwee besware deur
Victor Hugo
, op wie se drama die libretto gebaseer is. Poliuto is in 1840 opgevoer onder die titel Les Martyrs, met ‘n
Franse
teks deur Eugene Scribe. Dit is voorafgegaan deur die
opera comique
La fille du regiment (Die Dogter van die Regiment), wat met die jare enorme populariteit behaal het en opgevoer is deur die beste soprane van die era, insluitende Jenny Lind, Adelina Patti, Marcella Sembrich, Emma Albani, en ander divas van die 19de eeu. Later in dieselfde jaar het die Paris Opera La favorite, Donizetti se eerste essay in die Franse grande opera, opgevoer.
Bartolomeo Merelli, ‘n medeleerling van Donizetti, is aangestel as die direkteur van
La Scala
en ook van die Karnthnerthor Teater in
Wene
. Hy het Donizetti versoek om ‘n opera vir La Scala te komponeer, Die werk, Maria Padilla, is in 1841 opgevoer, slegs ‘n paar weke voor die bekende premiere van Verdi se Nabucco. Merelli het ook ‘n opera aangevra vir sy Weense teater. Linda di Chamounix, ‘n romantiese
opera semiseria
, is in 1842 opgevoer en was gewy aan keiserin Maria Anna. Donizetti het alreeds deur die toedoen van prins Metternich onder die aandag gekom van keiser Ferdinand I en in sy teenwoordigheid Rossini se Stabat Mater
gedirigeer
. Hy is gevolglik aangestel as die amptelike komponis van die keiser, wat meegebring het dat hy ses maande uit die jaar in
Wene
moes wees, maar hom andersins toegelaat het om elders te werk gedurende die res van die jaar. Terselfdertyd het Rossini, wat altyd omgesien het na Donizetti se belange in Parys en hom toevertrou het met die eerste opvoering van sy Stabat Mater in
Bologna
, by hom aagedring om aansoek te doen vir die vakante direkteurskap van die Liceo in die stad. Donizetti het egter gemeen dat hy nie die verantwoordelikheid kon aanvaar nie en het verkies om sy winsgewende operaloopbaan voort te sit. Terug in Parys het hy die verruklike en geestige komiese opera Don Pasquale by die Theatre Italien opgevoer.
Donizetti was egter reeds in die kloue van ‘n dodelike siekte. Hy het sy laaste belangrike opera, Dom Sebastien, met ‘n libretto deur Scribe, by die Paris Opera in 1843 opgevoer onder onuitstaanbare hoofpyne. Hy het vinnig merkbaar ouer geword en ook sy aantreklike gelaatstrekke en ewewigtige temperament, wat hom goed gestand gedoen het tydens die uitdagings van opera opvoerings, verloor. Dom Sebastien was ‘n sukses, alhoewel dit ongunstige resensies ontvang het.
Die oorblywende jare het Donizetti in kranksinnigheid verval. As ‘n pasient in ‘n private instelling vir kranksinniges naby Parys het hy onderonsies gehad met die Franse polisie, wat gesteun is deur die geneeskundiges. Hy is ten einde laaste na Bergamo geneem deur sy toegewyde neef. Hy het gely aan algemene paralise wat by kranksinnige sifilislyers voorkom en was ontneem van wilskrag, spraak en beheer oor sy liggaam, en het voortgestrompel tot
8 April
1848
. Dit was ‘n betreurenswaardige en tragiese einde vir ‘n aantreklike en vrolike man wat, anders as Bellini, nooit afgunstig was oor die suksesse van ander komponiste nie en by tye ‘n ruimhartigheid en gulhartigheid van gees getoon het. Hy het byvoorbeeld vir die Franse komponis
Berlioz
, wie se kritiek in die
Le Journal des Debats
konsekwent vyandig was, op die vooraand van Berlioz se vertrek na
Wene
‘n bekendstellingsbrief aan prins Metternich gestuur.
Donizetti het altyd meer guns geniet by die publiek as by die kritici. Gedurende sy leeftyd het hy enorme sukses behaal en die belonings was aansienlik. Sy gewildheid het tot die einde van die eeu geduur, maar teen
1914
het sy operas, oorskadu deur Verdi en
Wagner
se meesterstukke, byna nie meer deel van die standaardrepertorium gevorm nie. In die 1950’s was daar ‘n hernieude waardering vir sy werke. Dit is derhalwe ten minste onwaarskynlik dat Lucia di Lammermoor, L'elisir d'amore, en Don Pasquale toegelaat sal word om in die vergetelheid te verdwyn.
[1]
Donizetti het 75 operawerke gekomponeer, waaronder:
- Alfredo il Grande (1823)
- Emilia di Liverpool (1824)
- Le convenienze e le inconvenienze teatrali (1827)
- Il borgomastro di Sardaam (1827)
- La regina di Golconda (1828)
- Il giovedi grasso (1828)
- Il castello di Kenilworth (na Scott, 1829)
- Anna Bolena (1830)
- L'elisir d'amore (1832)
- Il furioso all'isola di San Domingo (1833)
- Torquato Tasso (1833)
- Lucrezia Borgia (1833)
- Maria Stuarda (1834)
- Gemma di Vergy (1834)
- Marino Faliero (na Byron, 1835)
- Lucia di Lammermoor (na Scott, 1835)
- Belisario (1836)
- Il campanello di notte (1836)
- Betly (1836)
- Pia de' Tolomei (1837)
- Roberto d'Evereux, Conte d'Essex (1837)
- Poliuto (1840)
- La fille du regiment (1840)
- La favorite (1840)
- Linda di Chamounix (1842)
- Don Pasquale (1843)
- Maria di Rohan (1843)
- Dom Sebastien, roi de Portugal (1843).
Hy het twee
oratorios
, verskeie
kantates
, gewyde stukke, ten minste 20 strykkwartette, drie strykkwintette en verskeie liedere gekomponeer.
Bykomende leesmateriaal
[
wysig
|
wysig bron
]
Gedetaileerde studies van die komponis en sy werke kan gevind word in Herbert Weinstock se
Donizetti and the World of Opera in Italy, Paris, and Vienna in the First Half of the Nineteenth Century
(1963, herdruk 1979), en in William Ashbrook se
Donizetti
(1965), en
Donizetti and His Operas
(1982).
- ↑
"Donizetti, Gaetano ." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.