in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gabeba Baderoon
(1969-) is 'n
Suid-Afrikaanse
digter
en akademikus. In 2005 ontvang sy die Daimler Chrysler-prys vir Suid-Afrikaanse digkuns. Haar bundels sluit in
The Dream in the Next Body
,
The Museum of Ordinary Life
,
A hundred silences
en
The Silence Before Speuking
.
[1]
Baderoon is op
21 Februarie
1969
in
Port Elizabeth
gebore. In 1989 verwerf sy 'n BA in Engels en Sielkunde aan die
Universiteit van Kaapstad
. Sy voltooi haar honneursgraad in 1991 en later 'n meerstersgraad in Postmodernistiese Televisie (Mediastudies). In 2004 ontvang sy 'n doktorsgraad in Mediastudies van die Universiteit van Kaapstad.
Sy woon en werk tans in
Kaapstad
en
Pennsilvanie
(in die
VSA
) en dien as 'n assistent-professor in Vrouestudies, asook Afrika- en Afro-Amerikaanse Studies aan die Pennsilvaniese Staatsuniversiteit.
[2]
- The Dream in the Next Body
(2005):
- The Museum of Ordinary Life
(2005)
- A hundred silences
(2006):
- The Silence Before Speaking
[3]
- 2005: Daimler Chrysler-prys vir Suid-Afrikaanse digkuns
- 2005:
Guest Writer Fellowship
by die Nordiese Afrika Instituut
- 2008:
Civitella Ranieri Fellowship
in Italie
- 2008:
Writer's Residency
by die Universiteit van die Witwatersrand
[4]