한국   대만   중국   일본 
Guyuk Khan - Wikipedia Gaan na inhoud

Guyuk Khan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Guyuk
Khan, keiser (nadoods)
Guyuk Khan op 'n Persiese miniatuur
Dinastie Bordjigin
Bewind 24 Augustus 1246 ? tussen 27 Maart en 24 April 1248
Kroning 24 Augustus 1246
Volle naam Mongools : Г?юг, ?????
Gebore 1206
Gesterf Tussen 27 Maart en 24 April 1248
(op 42 jaar)
Xinjiang
Voorganger Ogedei Khan
Opvolger Mongke Khan
Gade Oghoel Qaimisj
Vader Ogedei Khan
Moeder Toregene

Guyuk Khan ( Mongools : Г?юг хаан, Chinees : ?由, omstreeks 1206?1248), ook bekend as Koejoek , was die derde Groot Khan van die Mongoolse Ryk . As die oudste seun van Ogedei Khan en ’n kleinseun van Djengis Khan , het hy van 1246 tot 1248 regeer. Koeblai Khan , wat die Yuan-dinastie gestig het, het hom later die Chinese tempelnaam keiser Dingzong van Yuan gegee.

Lewe [ wysig | wysig bron ]

Guyuk het militere opleiding ontvang en as offisier gedien onder Djengis Khan en Ogedei Khan . Hy het deelgeneem aan die inval in Kief-Roes en Sentraal-Europa in 1236?1241 saam met ander Mongoolse prinse, onder andere sy neef Batoe en halfbroer Kadan . Hy het sy afdeling gelei in die beleg van Rjazan . In die tyd het hy en Batoe stry gekry. [1] [2]

In 1241 het Ogedei gesterf en Batoe het probeer om die verkiesing van ’n nuwe Groot Khan te vertraag. Vyf jaar later is Guyuk egter verkies.

Bewind [ wysig | wysig bron ]

Mongole voor die mure van Wladimir .

Guyuk het van sy ma, wat tot met sy verkiesing regent was, se ongewilde verordeninge herroep en was ’n taamlike goeie khan. Hy het egter sy onderdane kwaad gemaak deur verskeie hoe offisiere van die vorige regering tereg te stel vir verraad. Hy was streng en intelligent, hoewel iesegrimmig en siek. Sy drinkgewoonte het sy gesondheid verder benadeel.

Batoe het Guyuk se nuwe status aanvaar. Hy het na die verkiesing die onderkoning van die hele westelike deel van die ryk geword; hy het roetinesake tussen die Russiese prinse hanteer, die goewerneurs van Iran aangestel en afgevaardigdes van die Kaukasus ontvang. Nadat die Mongole die Sultanaat van Rum in Anatolie verower het, het Baijoe, die Mongoolse bevelvoerder in Persie , Dawid VII Oeloe uit die gevangenskap gered van sy tante, koningin Roesoedan van die Koninkryk van Georgie , en hom na Batoe en Guyuk gestuur. Omdat Roesoedan bang was vir Baijoe se aggressiewe beleid, het sy haar seun Dawid VI Narin na Batoe se hof gestuur om amptelike erkenning te kry as haar opvolger. Batoe het Dawid VI ondersteun en hom die reg as opvolger gegee. Guyuk het Dawid Oeloe egter die senior koning van Georgie gemaak en gelas dat Dawid Narin ondergeskik aan hom moes wees.

Die wantroue tussen Batoe en Guyuk het hierna toegeneem, en Guyuk het die amptenare in Iran en die Kaukasus met sy eie manne vervang. In 1248 het Guyuk Batoe beveel om in Mongolie se rigting te reis en hy sou hom langs die pad ontmoet. Sommige mense het gedink hy wou Batoe in hegtenis neem en het hom gewaarsku. Batoe het die bevel gehoorsaam, maar ’n groot leer saamgeneem. Intussen het hy tyd probeer wen. Terwyl Guyuk weswaarts getrek het, is hy skielik dood en ’n moontlike botsing is afgeweer.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. David Christian- Inner Eurasia from Prehistory to the Mongol Empire , p.412
  2. J. McIver Weatherford- Genghis Khan and the making of the modern world , bl. 162