in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Free Democrats
(FREE DEMS) is 'n Suid-Afrikaanse
politieke party
wat deur die neuroloog dr Johan Reid gestig is om vir privaat gesondheidsorg te beywer, en is teen die regering se voorgestelde nasionale gesondheidsversekering gekant. Dit is verder ten gunste van vrye onderneming, privatisering, privaat onderwys en laer belasting.
[1]
Reid is voorheen beskuldig van seksuele teistering en is skuldig bevind aan sewe aanklagte van onprofessionele gedrag deur die Raad vir Gesondheidsberoepe.
[2]
Die party het aan die
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019
deelgeneem, maar geen setels gewen nie.
Verkiesing
|
Stemme
|
%
|
Setels
|
2019
[3]
|
2 580
|
0,01
|
0
|