Francesco Petrarca
|
---|
Francesco Petrarca
Skildery deur Andrea del Castagno, fresko op hout, omstreeks 1450. Gallerie degli Uffizie, Florence
|
Gebore
| (
1304-07-20
)
20 Julie 1304
|
---|
Sterf
| 19 Julie 1374 (op 69)
Arqua Petrarca,
Veneto
, Italie
|
---|
Nasionaliteit
| Italiaans
|
---|
Beroep
| digter, geleerde, historikus
|
---|
Kinders
| Giovanni (1337?1361)
Francesca (gebore in 1343)
|
---|
Ouer(s)
| Eletta Canigiani (moeder)
Ser Petracco (vader)
|
---|
Francesco Petrarca
[fran?t?esko pe?trarka] (*
20 Julie
1304
in
Arezzo
,
Toskane
; †
19 Julie
1374
in
Arqua Petrarca
,
Veneto
) was 'n
Italiaanse
digter, geleerde en historikus wat as een van die grondleggers van die
humanistiese
beweging in die
Renaissance-tydperk
en ? saam met
Dante Alighieri
en Giovanni Boccaccio ? as een van die belangrikste verteenwoordigers van vroee Italiaanse literatuur beskou word. Na hierdie drie digters en skrywers word dikwels verwys as die "Drie Florentynse krone" (
Tre corone fiorentine
) van die Italiaanse letterkunde.
[1]
[2]
Petrarca word vandag nie net vereer as Italiaanse digtervors nie, maar ook as die grootste geleerde van sy tyd. Sy wetenskaplike ingesteldheid en ywer was, net soos sy verering vir klassieke outeurs uit die antieke tydperk, die aanleiding vir gereelde navorsingsreise waartydens hy onder meer besoek gebring het aan geleerdes en
kloosterbiblioteke
om klassieke manuskripte op te spoor.
Sy herontdekking van
Cicero
se briewe word dikwels beskou as sou dit die 14de eeuse
Renaissance
begin of geinisieer het. Petrarca word dikwels beskou as die stigter van die Humanistiese Renaissance.
[3]
In die 16de eeu het
Pietro Bembo
die model geskep vir moderne
Italiaans
, gebaseer op Petrarca se werke, sowel as daardie van
Giovanni Boccaccio
, en, in 'n mindere mate,
Dante Alighieri
.
[4]
Petrarch sou later onderskryf word as 'n model vir die Italiaanse styl deur die taalkundige
Accademia della Crusca
.
Petrarca se sonnette is regdeur Europa bewonder en nagemaak gedurende die Renaissance, en het 'n model geword vir die
liriese digkuns
. Hy is ook bekend daarvoor dat hy die eerste persoon was om die konsep van die "
Donker Eeue
" te ontwikkel.
[5]
Na Petrarca is die sogenaamde petrarkisme genoem, 'n stroming binne die Europese liefdesliriek wat tot in die 17de eeu veral in
Frankryk
en
Engeland
gefloreer het, geinspireer deur Petrarca se digkuns wat aan Laura, sy geidealiseerde geliefde, gerig is.
Petrarca beklee 'n besondere plek in die Italiaanse literatuur, nie net omdat hy as een van die eerste humaniste beskou kan word nie, maar ook omdat hy saam met Dante en Boccaccio een van die grondleggers van Italiaans as literere taal was. Sy invloed was deur die eeue heen in Italie en daarbuite besonder groot.
Hy het in
Montpellier
en
Bologna
in die regte gestudeer en 'n groot deel van sy lewe in
Avignon
deurgebring. In 1327 het hy verlief geraak op Laura, 'n jong vrou wie se identiteit nie met sekerheid bekend is nie. Die gebeurtenis het 'n belangrike in vloed op sy werk gehad. Na 'n roemryke lewe het Petrarca hom uit die samelewing teruggetrek en hom op Arqua by
Padua
gevestig, waar hy op 19 Julie 1374 oorlede is.
'n Groot deel van ons kennis oor die lewe en werk van Petrarca is gebaseer op sy dagboeke en briewe, wat hy in Latyn geskryf het en waarvan hy die publikasie in 1366 self versorg het. Die bekendste is
Rerum familiarum
en
Seniles
, waarin Petrarca sy skok en teleurstelling uitspreek oor die toestande in die destydse
Italie
en die Klassieke Oudheid as 'n kulturele en politieke ideaal stel wat in die
Middeleeue
verlore gegaan het.
Een van Petrarca se bekendste werke in Latyn is die epiese gedig
Africa,
waarmee hy in die jare 1338/39 begin het. Daarin word vertel hoe die Romeinse veldheer Scipio sy vaderland in die
Tweede Puniese Oorlog
van Carthaagse oorheersing gevrywaar het.
De viris
illustribus
(van 1338 al) het 'n reeks biografiee van beroemde Romeine bevat, en
Rerum memorandarum
(1344) 'n versameling anekdotes wat op geskiedkundige feite gebaseer is.
In
Bucolicum carmen
(1346/48) het hy sy liefde vir Laura en sy verdriet oor haar dood op allegoriese wyse uitgebeeld. Die Epistolae metricae, wat in sy Latynse oeuvre die nouste verwant is aan sy Italiaanse poesie, is sterk persoonlik gekleur. Van 'n organies samehangende
filosofie
is daar in Petrarca se werk nie sprake nie. Selfs sy filosofiese en religieuse werke soos
De vita
solitaria
(eerste uitgawe 1346, bygewerk in 1357),
De otio
relegioso
(1347) en
De sui ipsius et
multorum ignorantia
(1367) is in die eerste plek literer en outobiografies van aard.
De secreto conflictu curarum
mearum
("Secretum"), wat in 1343 geskryf is, is in die vorm van 'n gesprek tussen die heilige
Augustinus
en Petrarca.
Augustinus
verwyt die digter veral oor sy ydelheid en gebrek aan wilskrag, en Petrarca sien in dat hy sy lewe nie aan hoogstaande ideale gewy het nie, maar aan individuele hartstogte: liefde vir 'n vrou en verlange na roem en eer. Die
Secretum
is dus die getuienis van 'n morele krisis. In sy leeftyd was Petrarca veral bekend as
humanis
en hy het soveel in die
Klassieke
belang gestel dat hy hom saam met sy vriend Boccaccio beywer het vir 'n Latynse vertaling van Homerus se gedigte.
Hy het ook die werk wat hy in Latyn geskryf het, as die belangrikste beskou. Hy het die politieke mag van die vroeere Romeinse Italie in so 'n mate bewonder dat hy dit in sy eie tyd wou laat herleef en in 1348 het hy saam met
Cola de Rienzo
opnuut die
Romeinse Republiek
in
Rome
uitgeroep. Dit het egter min aanhang en baie teenstand uitgelok en op 'n fiasko uitgeloop. Teenswoordig is Petrarca veral bekend as die skrywer van
II
canzoniers
, 'n versameling liefdesgedigte waaraan hy tot met sy dood gewerk het.
Die gebruik van die volkstaal en die belangrike plek wat Petrarca aan sy persoonlike gevoelslewe toegeken het, het 'n vernuwing in die poesie gebring.
Trionfi
(1351), 'n allegoriese gedig in ses dele, is ook in Italiaans geskryf. Petrarca se poesie het 'n groot invloed op die ontwikkeling van die Wes-Europese letterkunde gehad. Veral sy sonnette het in die 16e eeu weerklank gevind in strominge soos die
Bembisme
(genoem na Pietro Bembo) en later by die
Mariniste
in Italie en die sogenaamde culteranisme in
Spanje
. As gevolg van die besondere aandag wat die strominge aan die formele aspek van die poesie bestee het, het die term
petrarcisme
sinoniem geword met oordrewe gekunsteldheid.
Petrarca is in 1304 gebore in die
Toskaanse
stad van
Arezzo
. Hy was die seun van
Ser Petracco
en sy vrou Eletta Canigiani. Sy gegewe naam was
Francesco Petracco.
Die naam was verlatyns na
Petrarca.
Petrarca se jonger broer was in 1307 gebore in
Incisa in Val d'Arno
.
Dante
was 'n vriend van Petrarca se vader.
[6]
Petrarca het sy vroee kinderdae in die dorpie
Incisa in Val d'Arno
spandeer, wat gelee was naby
Florence
. Hy het 'n groot deel van sy jong dae spandeer by
Avignon
en die nabygelee
Carpentras
, waar sy familie heen getrek het ten einde
Pous Clemens V
te volg wie daarna getrek het in 1309 om die
Avignon Pouskap
te begin. Hy het in die regte studeer saam met sy lewenslange vriend en skoolmaat Guido Sette by die
Universiteit van Montpellier
(1316?20), en ook by die
Universiteit van Bologna
(1320?23). Omdat sy vader werksaam was in die regsprofessie (naamlik 'n
Notaris
), het hy daarop aangedring dat Petrarca en sy broer ook in die regte studeer. Petrarca was egter grotendeels in die skryfkuns en
Latynse literatuur
geinteresseer en het die sewe jare wat hy op universiteit spandeer het as gemorste jare beskou. Bykomend hiertoe het hy die bewering gemaak dat sy voogde deur manipulasie en skuiwergate in die reg hom beroof het van sy klein erflating op sekere eiendom in Florence, welke net gedien het om sy afkeer in die regte te versterk. Hy het geprotesteer; "Ek kon nie die gedagte vat dat ek 'n koopsaak van my verstand moes maak nie," aangesien hy die regsisteem beskou het as sou dit die kuns van die verkoop van geregtigheid wees.
[6]
Petrarca was 'n skrywer van talle briewe, en het
Giovanni Boccaccio
as van sy vriende geag, aan wie hy dikwels geskryf het. Na die dood van hul ouers het Petrarca en sy broer in 1326 teruggekeer na
Avignon
waar hy gewerk het in verskeie klerklike hoedanighede. Hierdie werk het aan hom genoegsame tyd gegun om te spandeer aan sy skryfwerk. Met sy eerste grootskaalse werk,
Africa (Petrarca)
, 'n
epiese gedig
in
Latyn
oor die groot Romeinse generaal
Scipio Africanus
, het Petrarca na vore getree as 'n Europese glanspersoonlikheid. Op 8 April 1341 het hy die tweede
[7]
digter "laureate" geword sedert die antieke tye, en was hy op die heilige gronde van
Rome
se "Capitol" gekroon deur die Romeinse
Senatori
Giordano Orsini (Senatore 1341)
en Orso dell'Anguillara .
[8]
[9]
[10]
Petrarca het wyd gereis deur Europa, en het ook gedien as ambassadeur, en is al "die eerste geskiedkundige toeris" genoem
[11]
omdat hy slegs vir hedonistiese doeleindes gereis het,
[12]
synde die rede te wees waarom hy
Mont Ventoux
geklim het.
[13]
Gedurende sy omswerwinge het hy verskrompelde en verweerde Latynse manuskripte versamel en hy was 'n belangrike persoon in die herwinning en ontdekking van kennis van die groot skrywers van Rome en
Griekeland
. Hy het
Leontius Pilatus
se vertaling van
Homerus
, uit 'n manuskrip wat gekoop is by
Boccaccio
, aangemoedig en hom daaromtrent geadviseer, alhoewel hy baie krities was van die resultaat. Petrarca het ook 'n kopie van
Homerus
se werk bekom, welke hy nie toevertrou het aan Leontius nie.
[14]
Petrarch het egter geen
Grieks
geken nie en het gese:
Homerus
, "was verdommend aan hom, en hy doof was vir Homerus".
[15]
In 1345 het hy persoonlik 'n versameling van
Cicero
se briewe ontdek wat niemand voorheen van geweet het nie. Die versameling genaamd
Epistulae ad Atticum
was in die biblioteek van
Verona
(
Biblioteca Capitolare
) in Verona Katedraal versteek gewees.
[16]
Minagtend van wat hy geglo het die onkunde van die
Vroee Middeleeue
was, te wete die tye voorafgaande die tye waarin hy geleef het, word Petrarca daarmee geakkrediteer dat hy die begrip van 'n geskiedkundige
Donker Eeue (historiografie
geskep het.
[5]
Petrarca roep in herinnering dat hy en sy broer op 26 April 1336 saam met twee dienaars tot op die spits van
Mont Ventoux
geklim het, 'n vete wat hy om plesier eerder as uit noodsaaklikheid aangepak het.
[17]
Die eskapade word beskryf in 'n gevierde brief wat geadresseer is aan sy vriend en biegvader, the monnik
Dionigi di Borgo San Sepolcro
. Die brief was 'n geruime tyd na die avontuur geskryf, en daarin maak Petrarca die bewering dat hy geinspireer was deur
Philip V van Macedonie
se bestyging van
Berg Haemo
, en dat 'n verouderde lyfeiene hom vertel het dat niemand Ventoux voor of na die lyfeiene homself bestyg het nie, te wete, 50 jaar tevore, en waarsku die lyfeiene Petrarca teen 'n poging daarvan. Die 19de eeuse Switserse geskiedkundige
Jacob Burckhardt
het opgemerk dat
Jean Buridan
dieselfde berg 'n paar jaar tevore geklim het, en daar was ook bestygings van die berg tydens die
Middeleeue
behaal, insluitende die van
Anno II, Aartsbiskop van Keulen
.
[18]
[19]
Geleerdes
[20]
merk op dat Petrarca se brief
[21]
[22]
aan Dionigi 'n 'n opvallende "moderne" houding van estetiese bevrediging in die grootsheid van die natuurskoon vertoon, en dat dit steeds gereeld aangehaal word in boeke en tydskrifte wat gewy is aan die sport van
bergklim
. Petrarca se persoonlikheid is interessant in dat die tipe houding gekombineer word met die strewe na 'n deugsame Christelike lewe. Ter illustrasie van die laasgenoemde eienskap het Petrarca, toe hy die bergspits bereik het, van sy sak 'n volume deur sy geliefde mentor,
Sint Augustinus
geneem wat hy altyd saam met hom gedra het.
[23]
Hy het vir die plesier Mont Ventoux, wat tot meer as sesduisend voet opstyg; verby Vaucluse; geklim. Dit was nou nie 'n vreeslike prestasie nie, maar hy was die eerste persoon van die moderne tye gewees wat 'n berg slegs vir die plesier daarvan om van sy spits te kyk, geklim het. (Of amper die eerste; want in 'n hoe veld het Petrarca 'n ou skaapwagter ontmoet wat gese het dat hy 50 jaar tevore die bergpiek bereik het, en niks daarvan verkry het nie behalwe stryd, belydenis en geskeerde klere.) Petrarca was geroer deur die uitsig van die
Alpe
, die berge rondom
Lyon
, die
Ryn
, en die baai van
Marseilles
. Hy het
Augustyn van Hippo
se
Belydenisse van Sint Augustyn
van sy sak geneem en daarop besin dat sy bestyging slegs 'n
Allegorie
was van die strewe na 'n beter lewe.
[24]
Asof dit 'n geval was van
Bibliomansie
, was Petrarca se oe onmiddellik gerig op die volgende passasie daaruit:
"En die mens gaan daarop uit om te wonder oor die hoogtes van die berge, die magtige golwe van die see, die wye draai van die voortstuwende riviere, die baan van die oseane, en die revolusies van die sterre, maar hulself oorweeg hulle nie.
[21]
Petrarca se reaksie was om weg te draai van die uiterlike wereld van die natuur na die innerlike wereld van die "siel":
"Ek het die boek toegemaak, kwaad met myself dat ek steeds aardse dinge sou bewonder ten opsigte waarvan die heidense filosowe lankal reeds sou geleer het dat niks behalwe die siel wonderlik is nie, wat, wanneer dit self groot is, niks groot buite dit self vind nie. Toe, om die waarheid te se, was ek tevrede dat ek genoeg van die berg gesien het; ek het my oe binne na myself gedraai, en van daardie oomblik het nie 'n
lettergreep
van my lippe geval totdat ons die onderkant weer bereik het nie. {...} [O]ns kyk om ons heen vir wat gevind kan word, slegs na binne toe. [...] Hoe baie kere, dink jy, het ek daardie dag nie omgedraai nie, ten einde te kyk na die piek van die berg wat nou skaars 'n el hoog gelyk het in vergelyking met die omvang van menslike bepeinsing [...]
[21]
}}
James Hillman
argumenteer dat hierdie herontdekking van die innerlike wereld die werklike betekenis van die Ventoux aangeleentheid was.
[25]
Die Renaissance begin nie met die bestyging van Mont Ventoux nie maar met die gevolglike afkoms?die 'terugkoms [...] na die vallei van die siel", soos Hillman dit stel. In sy redenasie teen so 'n enkelvoudige en hiperboliese periodisering stel Paul James 'n verskillende lesing daarvan voor:
In die alternatiewe argument wat ek wil maak, suggereer hierdie emosionele reaksies, wat gemerk word deur die veranderende aanvoeling van ruimte en tyd in Petrarca se skryfwerk, 'n persoon voor wat vasgevang is in onophoudelike spanning tussen twee verskillende maar gelyktydige ontologiese formasies: die tradisionele en die moderne.
[26]
Petrarca het die latere deel van sy lewe spandeer deur die noorde van
Italie
te reis as 'n internasionale geleerde en digter-diplomaat. Sy loopbaan in die
Katolieke Kerk
het hom nie toegelaat om te trou nie, maar daar word geglo dat hy twee kinders opgewek het by 'n vrou of vrouens wat vir die nageslag onbekend sal bly. 'n Seun (Giovanni) was gebore in 1337, asook 'n dogter (Francesca) wat gebore is in 1343. Hy het beide kinders se geboorte later laat wettig.
[27]
Giovanni het in 1361 van
Builepes
gesterf. In dieselfde jaar was Petrarca as priester benoem in
Monselice
, naby
Padua
. Francesca het getrou met
Francescuolo da Brossano
(wat later daardie selfde jaar benoem is as eksekuteur van Petrarca se testament) . In 1362 het hulle, kort na die geboorte van 'n dogter, Eletta (dieselfde naam as Petrarch se moeder), by Petrarca aangesluit in
Venesie
ten einde die plaag te ontvlug wat toe groot dele van Europa geteister het. 'n Tweede kleinkind genaamd Francesca is in 1366 gebore, maar het egter voor sy tweede verjaardag beswyk. Francesca en haar gesin het vir vyf jaar vanaf 1362 tot 1367 by die
Palazzo Molina
in Venesie saam met Petrarch gewoon, alhoewel Petrarca voortgegaan het om in daardie jare te reis. Tussen 1361 en 1369 het die jonger
Boccaccio
die ouer Petrarca twee keer besoek; die eerste was in Venesie en die tweede in
Padua
.
In omtrent 1368 het Petrarca en sy dogter Francesca (saam met haar gesin) getrek na die klein dorpie van
Arqua
in die
Euganese Heuwels
naby
Padua
waar hy sy oorblywende jare spandeer het in religieuse besinning. Hy het op 20 Julie 1374-sy sewentigste verjaardag-beswyk in sy huis in Arqua. Die huis beskik nou oor 'n permanente uitstalling van Petrarch se werke en besienswaardighede. Onder ander sal jy in die uitstalling die bekende tombe van Petrarch se kat-wat gebalsem was-vind. Op die marmerplaat is daar 'n Latynse opskrif-geskryf deur Antonio Quarenghi-wat lui:
"Etruscus gemino vates ardebat amore:
Maximus ignis ego; Laura secundus erat.
Quid rides? divinæ illam si gratia formæ,
Me dignam eximio fecit amante fides.
Si numeros geniumque sacris dedit illa libellis
Causa ego ne sævis muribus esca forent.
Arcebam sacro vivens a limine mures,
Ne domini exitio scripta diserta forent;
Incutio trepidis eadem defuncta pavorem,
Et viget exanimi in corpore prisca fides."
[28]
Petrarca se testament (gedateer 4 April 1370) laat 50
Italiaanse florins
aan
Boccaccio
,"om 'n warm wintertoga te koop"; verskeie bemakings ('n perd, 'n silwer beker, 'n luit, kunswerke) aan sy broer en sy vriende; sy huis in Vaucluse aan sy tuismaker; vir sy
Siel
, en vir die armes, en die grootste deel van sy boedel aan sy skoonseun, Francescuolo da Brossano, wie die helfte daarvan moet gee aan "die persoon aan wie, soos hy weet, ek wens dit na moet gaan"; wat vermoedelik sy dogter Francesca, Brossano se vrou, was. Die testament noem nog die eiendom in Arqua, nog sy biblioteek
Petrarca se biblioteek
van besondere manuskripte wat alreeds aan Venesie belowe is, (in ruil vir die Palazzo Molina. Hierdie reeling was waarskynlik gekanselleer toe hy na Padua getrek het, welke stad in 1368 die vyand van Venesie was.) Die biblioteek was opgeeis deur die here van
Padua
, en sy boeke en manuskripte is nou oor Europa verstrooi.
[29]
Nietemin het die
Biblioteca Marciana
nog altyd tradisioneel hierdie erflating geeis as sy stigting, alhoewel die biblioteek eintlik in 1468 gestig was deur
Kardinaal Bessarion
.
[30]
Petrarca is die beste bekend om sy Italiaanse gedigte, vernaam die
Canzoniere
("gesangeboek") en die
Trionfi
("Triomfe"). Petrarca was egter 'n entoesiastiese Latynse geleerde en het die meeste van sy skryfwerk in die taal gedoen. Sy Latynse geskrifte sluit vakkundige werke, introspektiewe opstelle, briewe, en meer gedigte, in. Van die werke is sy
Secretum (boek)
("My Geheime Boek"), 'n intens persoonlike, skuld-belaaide denkbeeldige dialoog met
Augustinus van Hippo
; die
De Viris Illustribus (Petrarca)
("Op Bekende Mans"), 'n reeks morele biografiee;
Rerum Memorandarum Libri
, 'n onvoltooide verhandeling oor die
kardinale deugde
;
De Otio Religiosorum
("Op Religieuse Ontspanning")
[31]
en
De Vita Solitaria
("Op die Eensame Lewe"), wat die kontemplatiewe lewe aanprys;
De Remediis Utriusque Fortunae
, 'n self-help boek wat populer gebly het vir honderde jare;
Itinerarium
("Petrarch se Gids tot die Heilige Land"); invektiewe teen opponente soos dokters, geleerdes, en
Franse Mense
; die
Carmen Bucolicum
, 'n versameling van 12 pastorale gedigte en die onvoltooide epiese verhaal
Africa (Petrarch)
. Hy het sewe
Psalms
vertaal, 'n versameling wat bekend staan as die
Penitensiele Psalms
.
[32]
Petrarca het ook baie volumes van sy briewe gepubliseer, insluitende 'n paar wat geskryf is aan sy gestorwe vriende vanuit die geskiedenis soos
Cicero
en
Vergilius
. Cicero, Vergilius en
Seneca die jongere
was sy literere modelle. Die meeste van sy Latynse geskrifte is vandag bitter moeilik om te vind, maar verskeie van sy werke is beskikbaar in Engelse vertaling. Verskeie van sy Latynse werke is geskeduleer om te verskyn in die
Harvard-universiteit
persreeks genaamd
I Tatti
.
[33]
Dit is moeilik om enige spesifieke datum toe te skryf aan sy werke aangesien hy daartoe geneig was om hulle van tyd tot tyd te hersien.
Petrarca het sy briewe in twee stelle boeke versamel genaamd
Epistolae familiares
en
Seniles
. Beide is beskikbaar in Engelse vertalings.
[34]
Die werksmetode ten opsigte van sy briewe was aan hom gesuggereer deur kennis van
Cicero
se briewe. Hierdie werke was gepubliseer "sonder name" ten einde die ontvangers daarvan te beskerm-wat almal nabey verhoudinge met Petrarch gehad het. Die ontvangers het
Philippe de Cabassoles
,
biskop van Cavaillon
;
Ildebrandino Conti
,
biskop van Padua
;
Cola di Rienzo
,
tribuun
van Rome;
Francesco Nelli
, priester van die Kerk van die Heilige Apostels in
Florence
; en
Niccolo di Capoccia
, 'n kardinaal en priester van
San Vitale (Rome)
ingesluit.
Sy "Brief aan Die Nageslag" (die laaste brief in
Seniles
)
[35]
gee 'n outobiografiese samevatting van sy filosofie van die lewe. Dit was oorspronklik geskryf in Latyn en was voltooi in 1371 of 1372-die eerste biografie van sy soort in 'n duisend jaar (sedert
Sint Augustinus
).
[36]
[37]
Terwyl Petrarca se gedigte dikwels getoonset was tot musiek na sy dood, veral deur Italiaanse
madrigale (musiek)
komponiste van die
Renaissance
musiektydperk in die 16de eeu, oorleef slegs een musikale toonsetting van Petrarch se leeftyd. Dit is die
Non al suo amante
deur
Jacopo da Bologna
,wat geskryf was in omstreeks 1350.
Laura en Petrarch se Digkuns
[
wysig
|
wysig bron
]
Op 6 April 1327,
[38]
nadat Petrarca reeds sy pos as priester opgegee het, het die aansig van 'n vrou in die kerk van Sainte-Claire d'
Avignon
, genaamd Laura, sulke gevoelens van passie in Petrarch opgewek, dat dit gevier was in die
Rime sparse
("Verspreide Rym"). Later het Renaissance digters wat Petrarca se styl nageaap het hierdie versameling van 366 gedigte,
Il Canzoniere
("Boek van Sang"), genoem.
[39]
Laura mag dalk
Laura de Noves
gewees het, naamlik die vrou van Graaf
Hugues de Sade
('n voorouer van die
Markies de Sade
). Daar is min definitiewe inligting in Petrarch se werk sover as wat dit Laura betref, behalwe dat sy lieflik is om na te kyk, met mooi ligte hare, en met 'n beskeie, waardige houding.
Laura en Petrarca het min of geen kontak gehad. Volgens sy "Secretum" het sy sy toenadering geweier omrede sy reeds getroud was. Hy het sy gevoelens gekanaliseer in
Liefdesgedigte
,wat luidrugtig eerder as oortuigend is, en hy het
prosa
geskryf wat wou voorkom asof dit sy minagting vir mans wat na vroulike geselskap strewe, ten toon stel.
By Laura se dood in 1348 het Petrarca gevind dat sy verdriet so moeilik was om mee saam te leef soos sy vorige wanhoop. Later in sy "
Brief aan die Nageslag"
het Petrarch geskryf: "In my jonger dae het ek aanhoudend gesukkel met 'n oorweldigende maar suiwere liefdesverhouding-my enigste een, en ek sou langer daarmee geteister gewees het, het nie die voortydige dood, bitter maar saluter vir my, die vlamme doodgemaak nie. Ek wens beslis dat ek kon se dat ek altyd vry was van begeertes van die vlees, maar ek sou lieg as ek gese het ek was."
Terwyl dit moontlik is dat sy 'n geidealiseerde karakter of skuilnaam-karakter was-veral aangesien die naam "Laura" 'n linguistiese verband het tot die poetiese "laurels" wat Petrarca so naarstiglik na gesoek het?het Petrarch dit altyd ontken. Sy gereelde gebruik van
l'aura
is ook merkwaardig: byvoorbeeld, die lyn "Erano i capei d'oro a
l'aura
sparsi" kan beide "haar hare is oraloor Laura se liggaam", en "die wind ("l'aura") het gewaai deur haar hare", beteken. Daar is definitief
psigologiese
Realisme
aanwesig in die beskrywing van Laura, alhoewel Petrarca baie staatmaak op konvensionele beskrywings van liefde en geliefdes van
Troubadour
-liedere, en ander literatuur van "hoflike liefde". Haar teenwoordigheid veroorsaak vir Petrarca oneindige blydskap, maar sy onbeantwoorde leifde skep onuitstaanbare verlange, innerlike konflikte tussen die vurige liefhebber en die
Christelike mistisisme
wat dit onmoontlik maak om die twee te versoen. Petrarca se strewe na liefde lei na hopeloosheid en onversoenbare angs, soos hy dit uitdruk in die reeks paradokse in Rima 134 "Pace non trovo, et non o da far guerra;/e temo, et spero; et ardo, et son un ghiaccio": "ek vind geen vrede, en tog maak ek geen oorlog:/en vrees, en hoop: en brand, en ek is ys".
[40]
Laura is onbereikbaar-die paar fisiese beskrywings van haar is vaag en onbeduidend, amper so ontasbaar soos die liefde wat hy vir haar voel, en so sterk is miskien die krag van sy vers; wat lewe van die melodiee wat dit oproep teen die vae, deursigtige beeld;-wat nie meer konsekwent is as 'n gees nie.
Francesco De Sanctis (kritikus)
het op dieselfde trant opmerkings in sy
Storia della letteratura italiana
gemaak, en kontemporere kritici stem saam oor die kragtige musiek van sy vers. Miskien was die digter geinspireer deur 'n bekende sanger wat hy ontmoet het in
Veneto
in die 1350's.
[41]
Gianfranco Contini, in 'n bekende opstel of essay oor Petrarch se taal ("Preliminari sulla lingua del Petrarca", Petrarca, Canzoniere. Turin, Einaudi, 1964) praat van linguistiese onbepaalbaarheid-Petrarch rys nooit bo die "bel pie" (haar lieflike bene): Laura is te heilig om geskilder te word; sy is 'n ontsagwekkende godin. Sensualiteit en passie word eerder voorgestel deur die
ritme
en musiek wat die vae kontoere van die dame vorm. Bykomend hiertoe, beskou sommige Laura vandag om 'n representasie of voorstelling te wees van 'n "ideale Renaissance vrou", gebaseer op haar aard en definitiewe karakteristieke of eienskappe.
Sonnet 227 (In die oorspronklike Italiaans)
[
wysig
|
wysig bron
]
Aura che quelle chiome bionde et crespe
cercondi et movi, et se’ mossa da loro,
soavemente, et spargi quel dolce oro,
et poi ’l raccogli, e ’n bei nodi il rincrespe,
tu stai nelli occhi ond’amorose vespe
mi pungon si, che ’nfin qua il sento et ploro,
et vacillando cerco il mio tesoro,
come animal che spesso adombre e ’ncespe:
ch’or me ’l par ritrovar, et or m’accorgo
ch’i’ ne son lunge, or mi sollievo or caggio,
ch’or quel ch’i’ bramo, or quel ch’e vero scorgo.
Aer felice, col bel vivo raggio
rimanti; et tu corrente et chiaro gorgo,
che non poss’io cangiar teco viaggio?
Petrarca is 'n wereld apart van
Dante Alighieri
en sy
Goddelike Komedie
. Ten spyte van die Metafisiese onderwerp, is die
Commedia
diepgewortel in die kulturele en sosiale milieu van draai-van-die-eeu
Florence
: Dante se oprys na mag (1300) en verbanning (1302); en sy politiese passies; maak 'n oproep vir die "geweldadige" gebruik van taal, waar hy al die registers gebruik, van laag en triviaal na subliem en filosofies. Contini het opgemerk dat Petrarca aan
Boccaccio
gebieg het dat hy nooit die
Commedia
gelees het nie. Contini bespiegel derhalwe of dit waar was en of Petrarca homself van Dante wou gedistansieer het.
Dante se taal verander ook soos hy oud word, van die hoflike liefde van sy vroeere
Dolce Stil Novo
Rime
en
Vita nuova
na die
Convivio
en
Divina Commedia
, waar
Beatrice Portinari
geheilig word as die godin van filosofie-die filosofie wat aangekondig word deur die Donna Gentile by die dood van Beatrice.
[42]
In kontras daarmee het Petrarca se gedagtegang en styl redelik eenvormig deur sy lewe gebly- hy het baie daarvan spandeer in die verwerking van die liedere en sonnette van die
Il Canzoniere
, eerder as om aan te beweeg na nuwe onderwerpe of poesie. Hierso voorsien poesie slegs 'n konsolasie vir persoonlike hartseer, en is dit minder filosofies dan polities (soos in Dante), want Petrarch veg met homself (sensualiteit versus
mistisisme
, onheil versus
Christelike literatuur
), nie teen iets buite homself nie. Die sterk morele en politiese oortuigings wat Dante geinspireer het behoort aan die Middeleeue, en die libertariese gees van die
Middeleeuse commune
. Petrarca se morele dilemmas en sy weiering om 'n standpunt in te neem in die politiek, sy teruggetrokke lewe; wys na 'n verskillende rigting, of tyd.
Die vrye "commune", die plek wat Dante 'n vooraanstaande politikus en geleerde gemaak het, was besig om afgebreek te word: die
signoria
was besig om sy plek in te neem. Humanisme en sy gees van empiriese navrae was egter besig om vordering te maak-maar die pousskap (veral na Avignon) en die Ryk (
Henrdrik VII, Heilige Romeinse Ryk
), en die laaste van die
Guelphs en Ghibellines
, wat gesterf het naby
Siena
in 1313) - het baie van hul oorspronklike aansien verloor.
[43]
Petrarca het die sonnet vorm vervolmaak wat oorgeerf is van
Giacomo da Lentini
, en wat Dante baie gebruik het in sy
Vita nuova
, ten einde die nuwe hoflike liefde van die
Dolce Stil Novo
gewild te maak. Die terset word bevoordeel deur Dante se
terza rima
(vergelyk die
Divina Commedia
), die
quatrains
verkies die ABBA?ABBA tot die ABAB?ABAB skema van
Sisilie
. Die onperfekte ryme van
u
met geslote
o
en
i
met geslote
e
(oorgeerf van Guittone se foutiewe weergawe van
Sisiliaanse Vers
) is uitgesluit, maar die rym van oop en toe
o's
word volhou. In die laaste opsig skep Petrarca se
Enjambement
langer semantiese eenhede deur die verbinding van een lyn aan die volgende. Die oorgrote meerderheid (317) van Petrarca se 366 gedigte wat versamel is in die
Canzoniere
(opgedra aan Laura) was
sonnete
, en die
Petrarca sonnet
toon steeds sy naam.
[44]
Petrarca word tradisioneel die vader van Humanisme genoem, en word beskou deur baie as die "vader van die
Renaissance
."
[45]
In sy werk
Secretum (boek)
wys hy uit dat
sekulere
prestasies nie noodwendig 'n outentieke verhouding met God uitsluit nie. Petrarca argumenteer instede daarvan dat God aan mense hulle grootse intellektuele en kreatiewe potensiaal gegee het ten einde tot hul volste potensiaal gebruik te word.
[46]
Hy het die humanistiese filosofie geinspireer wat gelei het na die intellektuele floreer van die Renaissance. Hy het geglo in die ontsaglike morele en praktiese waarde van die studie van antieke geskiedenis en literatuur-dit is, die studie van menslike gedagtes en handelinge. Petrarca was 'n toegewyde Katoliek en het nie 'n konflik gesien tussen die realisasie van die mens se potensiaal en toegewydheid aan 'n geloof nie.
Hy was 'n baie introspektiewe man en het die ontluikende humanistiese beweging op 'n grootse wyse gevorm omdat baie van die interne konflikte en nabetragtings wat uitgedruk word in sy skrywes opgeraap is deur Renaissance humanistiese filosowe en oor geargumenteer is oor die volgende 200 jaar.
Petrarca het byvoorbeeld gesukkel met die behoorlike verhouding tussen die aktiewe en die kontemplatiewe lewe, en het geneig om die belangrikheid van eensaamheid en studie te benadruk. In 'n duidelike geval daarvan dat hy nie saamgestem het met Dante nie, het Petrarca in sy
De vita solitaria
van 1346 geargumenteer dat
Pous Celestine V
se weiering van die pousskap in 1294 'n deugsame voorbeeld van die eensame lewe was.
[47]
Later het die politikus en denker
Leonardo Bruni
(1370?1444) ten gunste van die aktiewe lewe, oftewel "
siviele humanisme
" geargumenteer. As 'n gevolg was 'n aantal politiese, militere en godsdienstige leiers gedurende die Renaissance ingeskerp met die idee dat hul strewe na persoonlike vervulling gegrond moet wees in die
Klassieke era
se voorbeelde en filosofiese kontemplasie.
[48]
Petrarca se invloed is merkbaar in die werke van
Serafino Ciminelli
van
L'Aquila
(1466?1500) en in die werke van
Marin Dr?i?
(1508?1567) van
Dubrovnik
.
[49]
Die
Romantiese era
komponis
Franz Liszt
het drie van Petrarch se Sonnette getoonset (47, 104, and 123) tot musiek vir die stem,
Tre sonetti del Petrarca
, wat hy later getranskribeer het vir soloklavier vir insluiting in die suite
Annees de Pelerinage
. Liszt het ook 'n gedig deur
Victor Hugo
, " O quand je dors", waarin Petrarch en Laura geevokeer word as die toppunt van erotiese liefde, getoonset.
Terwyl hy in 1991 in Avignon was het die
Modernistiese
komponis
Elliott Carter
sy solo stuk vir fluit genaamd
Scrivo in Vento
voltooi wat ten dele geinspireer is en gestruktureer op Petrarca se Sonnet 212,
Beato in sogno
. Dit was die eerste keer opgevoer op Petrarca se 687ste verjaardag.
[50]
In November 2003 was dit aangekondig dat
patologiese
anatomiste
Petrarca se liggaam sou opgrawe van sy kis in
Arqua Petrarca
ten einde 19de eeuse bewerings te verifieer dat hy 1,83 meter lank was(omtrent ses voet), wat nogal lank vir sy era sou wees. Die span van die
Universiteit van Padua
het ook gehoop om sy cranium te rekonstrueer ten einde 'n gerekenariseerde beeld voort te bring van sy eienskappe om saam te val met sy 700ste verjaardag.
Die graf is voorheen in 1873 oopgemaak deur Professor Giovanni Canestrini, ook van die
Universiteit van Padua
. Toe die graf oopgemaak is, was bevind dat die skedel in fragmente opgebreek was, en 'n
DNS
toets het onthul dat die skedel nie Petrarca se skedel was nie,
[51]
wat tot hernieude oproepe gelei het vir die teruggawe van Petrarca se skedel.
Die navorsers is redelik seker dat die liggaam in die graf Petrarca se liggaam is, vanwee die feit dat die
skelet
bewyse toon van beserings wat genoem is deur Petrarca in sy skrywes, insluitende 'n skop wat hy van 'n
Donkie
ontvang het toe hy 42 jaar oud was.
[52]
- ↑
Treccani ? La Cultura Italiana:
La grande bellezza delle Tre Corone
di Giuseppe Patota. Besoek op 25 Desember 2018
- ↑
David Thompson:
The Three Crowns of Florence: Humanist Assessments of Dante, Petrarca and Boccaccio
. New York: Harper & Row 1972
- ↑
This designation appears, for instance, in a recent
review
Geargiveer
25 Oktober 2012 op
Wayback Machine
of Carol Quillen's
Rereading the Renaissance.
- ↑
In the
Prose della volgar lingua
, Bembo proposes Petrarch and Boccaccio as models of Italian style, while expressing reservations about emulating Dante's usage.
- ↑
5,0
5,1
Renaissance or Prenaissance
,
Journal of the History of Ideas
, Vol. 4, No. 1. (Jan. 1943), pp. 69?74;
Theodore E. Mommsen
, "Petrarch's Conception of the 'Dark Ages'"
Speculum
17
.2 (April 1942: 226?242);
JSTOR
link to a collection of several letters in the same issue.
- ↑
6,0
6,1
J.H. Plumb
,
The Italian Renaissance
, 1961; Chapter XI by Morris Bishop "Petrarch", pp. 161?175; New York,
American Heritage Publishing
,
ISBN 0-618-12738-0
- ↑
after "Albertino Mussato" who was the first to be so crowned according to Robert Weiss, The Renaissance Discovery of Classical Antiquity (Oxford, 1973)
- ↑
Plumb, p. 164
- ↑
Pietrangeli (1981), p. 32
- ↑
Kirkham, Victoria (2009).
Petrarch: A Critical Guide to the Complete Works
. Chicago: University of Chicago Press. p. 9.
ISBN
978-0226437439
.
- ↑
NSA Family Encyclopedia,
Petrarch, Francesco
, Vol. 11, bl. 240, Standard Education Corp. 1992
- ↑
Bishop, Morris
Petrarch and his World
, bl. 92, Indiana University Press 1963,
ISBN 0-8046-1730-9
- ↑
Plumb, J.H. (1965).
Renaissance Profiles
(PDF)
. Harper & Row. p. 4.
ISBN
978-0061311628
.
- ↑
Vittore Branca,
Boccaccio; The Man and His Works
, tr. Richard Monges, pp. 113?118
- ↑
"Ep. Fam.
18.2 §9"
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 Februarie 2016
. Besoek op
25 Maart
2019
.
- ↑
"History ? Biblioteca Capitolare Verona"
(in Engels). Geargiveer vanaf
die oorspronklike
op 20 November 2019
. Besoek op
25 Maart
2019
.
- ↑
Nicolson, Marjorie Hope
;
Mountain Gloom and Mountain Glory: The Development of the Aesthetics of the Infinite
(1997), bl. 49;
ISBN 0-295-97577-6
- ↑
Burckhardt, Jacob.
The Civilisation of the Period of the Renaissance in Italy
(1860). Translated by S.G.C. Middlemore.
Swan Sonnenschein
(1904), bladsye. 301?302.
- ↑
Lynn Thorndike
,
Renaissance or Prenaissance
,
Journal of the History of Ideas
, Vol. 4, No. 1. (Jan. 1943), pp. 69?74.
JSTOR
link to a collection of several letters in the same issue.
- ↑
Such as
J.H. Plumb
, in sy boek
The Italian Renaissance
,
- ↑
21,0
21,1
21,2
Familiares 4.1
translated by Morris Bishop, quoted in Plumb.
- ↑
Asher, Lyell (1993). "Petrarch at the Peak of Fame".
PMLA
.
108
(5): 1050?1063.
doi
:
10.2307/462985
.
JSTOR
462985
.
- ↑
McLaughlin, Edward Tompkins;
Studies in Medieval Life and Literature
, bl. 6, New York: G.P. Putnam's Sons, 1894
- ↑
Plumb, J.H. (1961).
The Horizon Book of the Renaissance
. New York: American Heritage. p. 26.
- ↑
Hillman, James
(1977).
Revisioning Psychology
. Harper & Row. p. 197.
ISBN
978-0-06-090563-7
.
- ↑
James, Paul
(Spring 2014).
"Emotional Ambivalence across Times and Spaces: Mapping Petrarch's Intersecting Worlds"
.
Exemplaria
.
26
(1): 82
. Besoek op
4 Augustus
2015
.
- ↑
Plumb, bl. 165
- ↑
The last lay of Petrarch's cat
, Notes and Queries, Vol. V, Number 121, February 21, 1852, Author: Various, Editor: George Bell
- ↑
Bishop, blye. 360, 366. Francesca and the quotes from there;
[
benodig toeligting
]
Bishop adds that the dressing-gown was a piece of tact: "fifty florins would have bought twenty dressing-gowns".
- ↑
"
Libraries § Italy
".
Encyclopædia Britannica
(11de)
16
. (1911). Cambridge University Press.
- ↑
Francesco Petrarch,
On Religious Leisure (De otio religioso),
edited & translated by Susan S. Schearer, introduction by Ronald G. Witt (New York: Italica Press, 2002).
- ↑
Sturm-Maddox, Sara (2010).
Petrarch's Laurels
. Pennsylvania State UP. p. 153.
ISBN
978-0271040745
.
- ↑
"I Tatti Renaissance Library/Forthcoming and Published Volumes"
(in Engels). Hup.harvard.edu.
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2010
. Besoek op
31 Julie
2009
.
- ↑
Letters on Familiar Matters
(Rerum familiarium libri),
vertaal deur Aldo S. Bernardo, 3 vols.' en
Letters of Old Age
(Rerum senilium libri),
vertaal deur Aldo S. Bernardo, Saul Levin & Reta A. Bernardo, 2 vols.
- ↑
Petrarch's Letter to Posterity
(1909 Engelse vertaling, met notas deur
James Harvey Robinson
)
- ↑
Wilkins Ernest H (1964). "On the Evolution of Petrarch's Letter to Posterity".
Speculum
.
39
(2): 304?308.
doi
:
10.2307/2852733
.
JSTOR
2852733
.
- ↑
Plumb, p. 173
- ↑
April 6, 1327 is often thought to be
Good Friday
based on poems 3 and 211 of Petrarch's
Il Canzoniere
, but in fact that date fell on Monday in 1327. The apparent explanation is that Petrarch was not referring to the variable date of Good Friday but to the date fixed by the death of Christ in absolute time, which at the time was thought to be April 6 (Mark Musa,
Petrarch's Canzoniere
, Indiana University Press, 1996, p. 522).
- ↑
Petrarch (4 Maart 2004).
"Petrarch"
.
Petrarch
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2019
. Besoek op
23 Augustus
2017
.
- ↑
"Petrarch (1304?1374). The Complete Canzoniere: 123?183"
.
www.poetryintranslation.com
.
- ↑
Anna Chiappinelli, "La Dolce Musica Nova di Francesco Landini" Sidereus Nuncius, 2007, pp. 55?91
[1]
Geargiveer
2 Februarie 2011 op
Wayback Machine
- ↑
"Archived copy"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op November 12, 2013
. Besoek op
Desember 28,
2013
.
{{
cite web
}}
: CS1 maint: archived copy as title (
link
)
- ↑
"The Oregon Petrarch Open Book ? "Petrarch is again in sight"
"
.
petrarch.uoregon.edu
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019.
- ↑
"Movements : Poetry through the Ages"
.
www.webexhibits.org
(in Engels).
Geargiveer
vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019
. Besoek op
25 Maart
2019
.
- ↑
See for example
Rudolf Pfeiffer
,
History of Classical Scholarship 1300?1850
, Oxford University Press, 1976, p. 1; Gilbert Highet,
The Classical Tradition,
Oxford University Press, 1949, bl. 81?88.
- ↑
Famous First Facts
International, H.W. Wilson Company, New York 2000,
ISBN 0-8242-0958-3
, p. 303, item 4567.
- ↑
Petrarca, Francesco (1879).
De vita Solitaria
(in Italian). Bologna: Gaetano Romagnoli.
{{
cite book
}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (
link
)
- ↑
"Skuola.net, Il Rinascimento"
(in Italian). Skuola.net
. Besoek op
11 September
2015
.
{{
cite web
}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (
link
)
- ↑
Encyclopedia of the Renaissance: Class-Furio Ceriol, Vol. 2, p. 106, Paul F. Grendler, Renaissance Society of America, Scribner's published in association with the Renaissance Society of America, 1999.
ISBN 978-0-684-80509-2
- ↑
Spencer, Patricia (2008) "Regarding
Scrivo in Vento
: A Conversation with Elliott Carter"
Geargiveer
4 Maart 2016 op
Wayback Machine
Flutest Quarterly
summer.
- ↑
Caramelli D, Lalueza-Fox C, Capelli C, et al. (November 2007).
"Genetic analysis of the skeletal remains attributed to Francesco Petrarch"
.
Forensic Sci. Int
.
173
(1): 36?40.
doi
:
10.1016/j.forsciint.2007.01.020
.
PMID
17320326
.
- ↑
"UPF.edu"
(PDF)
. Geargiveer vanaf
die oorspronklike
(PDF)
op Maart 6, 2009
. Besoek op
Maart 1,
2009
.
- Bernardo, Aldo (1983). "Petrarch." In
Dictionary of the Middle Ages
, volume 9
- Celenza, Christopher S. (2017).
Petrarch: Everywhere a Wanderer
. London: Reaktion.
ISBN 978-1780238388
- Hennigfeld, Ursula (2008).
Der ruinierte Korper. Petrarkistische Sonette in transkultureller Perspektive
. Wurzburg, Konigshausen & Neumann, 2008,
ISBN 978-3-8260-3768-9
- Hollway-Calthrop, Henry (1907).
Petrarch: His Life and Times
, Methuen. From
Google Books
- Kohl, Benjamin G. (1978). "Francesco Petrarch: Introduction; How a Ruler Ought to Govern His State," in
The Earthly Republic: Italian Humanists on Government and Society
, ed. Benjamin G. Kohl and Ronald G. Witt, 25?78. Philadelphia: University of Pennsylvania Press.
ISBN 0-8122-1097-2
- Nauert, Charles G. (2006).
Humanism and the Culture of Renaissance Europe: Second Edition
. Cambridge: Cambridge University Press.
ISBN 0-521-54781-4
- Rawski, Conrad H. (1991).
Petrarch's Remedies for Fortune Fair and Foul
A Modern English Translation of
De remediis utriusque Fortune
, with a Commentary.
ISBN 0-253-34849-8
- Robinson, James Harvey
(1898).
Petrarch, the First Modern Scholar and Man of Letters
Harvard University
- Kirkham, Victoria and Armando Maggi (2009).
Petrarch: A Critical Guide to the Complete Works
. University of Chicago Press.
ISBN
978-0-226-43741-5
.
- A. Lee,
Petrarch and St. Augustine: Classical Scholarship, Christian Theology and the Origins of the Renaissance in Italy
, Brill, Leiden, 2012,
ISBN 978-9004224032
- N. Mann,
Petrarca
[Ediz. orig. Oxford University Press (1984)] ? Ediz. ital. a cura di G. Alessio e L. Carlo Rossi ? Premessa di G. Velli, LED Edizioni Universitarie, Milano, 1993,
ISBN 88-7916-021-4
- Il Canzoniere≫ di Francesco Petrarca. La Critica Contemporanea
, G. Barbarisi e C. Berra (edd.), LED Edizioni Universitarie, Milano, 1992,
ISBN 88-7916-005-2
- G. Baldassari,
Unum in locum. Strategie macrotestuali nel Petrarca politico
, LED Edizioni Universitarie, Milano, 2006,
ISBN 88-7916-309-4
- Francesco Petrarca,
Rerum vulgarium Fragmenta. Edizione critica di Giuseppe Savoca
, Olschki, Firenze, 2008,
ISBN 978-88-222-5744-4
- Plumb, J. H.,
The Italian Renaissance
, Houghton Mifflin, 2001,
ISBN 0-618-12738-0
- Giuseppe Savoca,
Il
Canzoniere
di Petrarca. Tra codicologia ed ecdotica
, Olschki, Firenze, 2008,
ISBN 978-88-222-5805-2
- Roberta Antognini,
Il progetto autobiografico delle "Familiares" di Petrarca
, LED Edizioni Universitarie, Milano, 2008,
ISBN 978-88-7916-396-5
- Paul Geyer und Kerstin Thorwarth (hg),
Petrarca und die Herausbildung des modernen Subjekts
(Gottingen, Vandenhoeck & Ruprecht, 2009) (Grundungsmythen Europas in Literatur, Musik und Kunst, 2)