in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Financial Times
(FT) is 'n
Britse
sakeblad wat daagliks internasionaal uitgegee word. Die koerant het groot aansien in die politieke- en sakewereld met hoe joernalistieke norme. Die
Financial Times
word onder meer in
Londen
uitgegee en word as 'n liberale koerant gesien.
Die
Financial Times
verskyn vir die eerste keer op 13 Februarie 1888. Vanaf 1893 word dit op
salmkleurige
papier gedruk. Die indeks van die Londense beurs is na die koerant vernoem (bynaam: footsie).
Op 1 Januarie 1979 word die eerste
Financial Times
buite Groot-Brittanje gedruk, naamlik in
Frankfurt am Main
. Dit was die beginpunt van 'n groot internasionale uitbreiding. Tans word dit op 23 plekke gedruk en het naas die Britse uitgawe ook drie Europese, een Amerikaanse en een Asiatiese uitgawe. In Duitsland het van 2000 tot 2012 'n Duitstalige uitgawe verskyn, die
Financial Times Deutschland
.