in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Indie
is 'n
federasie
wat onderverdeel is in 28 deelstate, 6 uniegebiede en 1 nasionale hoofstadgebied (
Delhi
). Alle deelstate en uniegebiede is weer onderverdeel in distrikte.
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Lys van nasionale tale van Indie
.
Hindi
is volgens die
grondwet
van 1950 die ‘voorkeur’
amptelike taal
van Indie. Hierdie taal word deur die federale owerheid gebruik. Ook word Hindi gebruik as kommunikasietaal tussen die federale owerheid en die deelstate waar Hindi as amptelike taal erken word.
Engels
word deur die federale owerheid ook as amptelik taal erken en gebruik as kommunikasietaal met die ander deelstate waar Hindi nie erken word nie.
Volgens die grondwet van 1950 sou Engels as amptelike taal erken word tot en met 1965, waarna die taal sy amptelike status sou verloor ten gunste van Hindi. Maar dit het nie gebeur nie. Veral in die sakelewe, maar ook by regeringsinstansies geniet Engels vandag hoe prioriteit. Naas Hindi en Engels geniet nog 21 ander tale amptelike erkenning.
Deelstate en uniegebiede van Indie
[
wysig
|
wysig bron
]
In die onderstaande tabel word die uniegebiede kursief aangedui.
- (
en
)
Verinder Grover (1996). Ranjana Arora (red.).
Encyclopaedia of India and Her States edition
. New Delhi: Deep & Deep.
ISBN
81-7100-730-9
.