in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rusland
is ’n
federasie
wat bestaan uit verskeie
federale deelgebiede
(
Russies
: субъект(ы);
soebjekt(i)
). Sedert 18 Maart 2014 is daar 85 federale deelgebiede,
[1]
hoewel die twee mees onlangse gebiede wat bygevoeg is, internasionaal as deel van die
Oekraine
beskou word.
[2]
[3]
Rusland se deelgebiede het gelyke verteenwoordiging in die staatsdoema (2 afgevaardigdes per deelgebied), maar verskil in outonomie. Dit moet nie verwar word met
Russiese federale distrikte
nie.
Rusland onderskei die volgende ses kategoriee (soos op 18 Maart 2014):
- 22
republieke
(Russies: республики) - teoreties outonoom. Elk van die republieke het ’n eie grondwet, president en parlement en is ’n tuisland vir ’n spesifieke
etniese minderheid
. In 2000 is die regte van hierdie gebiede egter weer ietwat ingeperk, onder meer deur die oorloe in Tsjetsjnie.
- 9
krais
(distrikte) (Russies: края) - polities gelykstaande aan oblaste, maar yler bevolk.
- 46
oblaste
(provinsies) (Russies: области) - die standaard-provinsies met ’n goewerneur wat deur die president aangewys word en plaaslik verkose wetgewende organe.
- 3
federale stede (stede van die federale betekenis)
(Russies: города федерального значения) - aparte gebiede vir drie stede (
Moskou
,
Sint Petersburg
en
Sewastopol
). Vergelykbaar met oblaste.
- 1
outonome oblast
(Russies: автономная область) ? die tuisland wat deur
Josef Stalin
aangewys is vir Jode is ’n oorblyfsel van die staatkundige indeling van die
Sowjetunie
en die enigste oblast wat naas Russies ook ’n ander amptelike taal het (
Jiddisj
). Die Joodse bevolking in die gebied het egter baie afgeneem en maak nou net ’n klein deel van die bevolking uit.
- 4
outonome okroegs
(Russies: автономные округа) ? gebiede van etniese minderhede wat binne oblaste gelee is. Die volke is gewoonlik klein en het minder outonomie as die outonome republieke, maar meer as die oblaste.
??
Republieke
??
Krais
??
Oblaste
??
Federale stede
??
Outonome oblast
??
Outonome okroegs
In die onderstaande tabel is al die federale deelgebiede met hul hoofstad, federale distrik en ekonomiese streek. Hulle is in dieselfde volgorde as in die Grondwet van die Russiese Federasie: republieke, krais, oblaste, federale stede, outonome oblast en outonome okroegs. In die kategoriee word elke deelgebied alfabeties gerangskik volgens hul
Russiese
name in die
Cyrilliese alfabet
.
Ligging van die deelstate
[
wysig
|
wysig bron
]
22 republieke:
1. Adigea
2. Altai
3. Basjkortostan
4. Boerjatie
5. Kalmikie
6. Karelie
7. Dagestan
8. Ingoesjetie
9. Kabardino-Balkarie
10. Karatsjai-Tsjerkessie
11. Chakassie
|
|
12. Komi
13. Mari El
14. Mordowie
15. Noord-Ossetie
16. Jakoetie
17. Tartarstan
18. Tiwa
19. Tsjetsjnie
20. Tsjoewasjie
21. Oedmoertie
22. Krim
|
46 oblaste:
1. Amoer
2. Archangelsk
3. Astrachan
4. Belgorod
5. Brjansk
6. Tsjeljabinsk
7. Tsjita
8. Irkoetsk
9. Iwanowo
10. Kaliningrad
11. Kaloega
12. Kemerowo
13. Kirof
14. Kostroma
15. Koergan
16. Koersk
|
|
17. Leningrad
18. Lipetsk
19. Magadan
20. Moskou (oblast)
21. Moermansk
22. Nizjni Nowgorod
23. Nowgorod
24. Nowosibirsk
25. Omsk
26. Orenburg
27. Orjol
28. Penza
29. Pskof
30. Rostof
31. Rjazan
32. Sachalin
|
|
33. Samara
34. Saratof
35. Smolensk
36. Swerdlofsk
37. Tambof
38. Tomsk
39. Twer
40. Toela
41. Tjoemen
42. Oeljanofsk
43. Wladimir
44. Wolgograd
45. Wologda
46. Woronezj
47. Jaroslawl
|
9 krais:
1. Altai (krai)
2. Kamtsjatka
3. Chabarofsk
4. Krasnodar
5. Krasnojarsk
|
|
6. Perm
7. Primorski
8. Stawropol
9. Zabaikalski
|
3 federale stede:
1. Moskou
2. Sint Petersburg
3. Sewastopol
|
1 outonome oblast, die Joodse Outonome Oblast:
4 outonome okroegs:
1. Tsjoekotka
2. Chanto-Mansie
3. Nenetsie
4. Jamalie
|