한국   대만   중국   일본 
Faroers - Wikipedia Gaan na inhoud

Faroers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Faroees .
Faroers

Faroees volkdansers in nasionale kostuums.
Totale bevolking: 80 000?90 000
Belangrike bevolkings  in: Flag of the Faroe Islands  Faroereilande ~45 000

Vlag van Denemarke  Denemarke 21 687 [1]
Vlag van Noorweë  Noorwee 1 981 [2]
Vlag van Ysland  Ysland 500

Taal: Faroees
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Lutheranisme
Verwante etniese groepe: Ander Germaanse volke soos Dene , Duitsers , Noorweers , Swede en Yslanders ; Iere en Skotte

Die Faroers ( Faroees : Føroyingar ) is 'n Germaanse nasie en etniese groep inheems aan die Faroereilande . Die Faroers spruit uit gemengde Noorse en Gaeliese voorsate. [3] Sowat 21 000 Faroers is in naburige lande woonagtig, veral in Denemarke , Ysland en Noorwee .

Faroees is 'n Wes-Skandinawiese taal wat nouliks aan Yslands en meer verlangs aan Wes-Noorse dialekte verwant is.

Oorsprong [ wysig | wysig bron ]

Drie Faroese vroue in volksdrag. Die pet dien as akademiese baret; hulle het pas gegradueer
Faroese politici, priesters en koor in die voorkant van die Løgting (Parlement), Olavsøka 2012

Die eerste nedersetters was Gaeliese kluisenaars en monnike wat hier in die 6de eeu voet aan wal gesit het. Rondom 650 het die Noors-Gaeliers gekom en die Noorse kultuur en taal op die eilande bekendgestel. Daar is nie veel kennis rakende hierdie tydperk nie, wat dus ruimte laat vir bespiegeling. Een bron, die Yslandse Færeyinga Saga, praat van 'n enkele nedersetting. Dit is omstreeks 1200 geskryf en verduidelik die gebeurtenisse wat sowat 300 jaar tevore plaasgevind het. Volgens die saga het baie Noormanne kapsie teen die Noorweegse koning se unifikasiebeleid gemaak en moes na ander lande vlug, wat die nuutgevonde plekke in die weste insluit.

Geskiedkundiges voer aan dat die Wiking, Grimur Kamban, sedert die Færeyinga Saga die eerste volksplanter op die Faroereilande moes gewees het. Die Nore moes van die eilande bewus gewees het voordat hulle Noorwee verlaat het. Sou Grimur Kamban hom vroeer daar gevestig het, kan dit verduidelik waarom die Nore van die eilande geweet het. 'n Ander meer logiese benadering kan wees dat die Nore van die eilande se bestaan deur die Gaeliers van Skotland en Ierland te hore gekom het.

Hoewel Grimur 'n Oudnoorse naam is, is Kamban van Keltiese oorsprong. Hy kon dus van Ierland, die Westelike Eilande of Man afkomstig gewees het, waar die Wikings reeds gevestig was. Party plekname van die oudste nedersettings op die Faroereilande dui op moontlike volksplanters van die Skotse eilande en die Britse kus.

Onlangse DNS-ontledings het getoon dat die Y-chromosone, wat patriliniere afkoms naspoor, 87% Skandinawies is. [4] Die toetste toon ook dat die mitochondriale DNS, wat matriliniere afkoms naspoor, 84% Kelties is. [5]

Die Faroers loop 'n groter risiko as ander volke om weens hul genetiese gelyksoortigheid aan karnitientransporterdefek (plaaslik bekend as die Faroese siekte ) te ly. Dit affekteer 1 uit elke 500 mense. [6]

Fotogalery [ wysig | wysig bron ]

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Politiken
  2. [1]
  3. Highly discrepant proportions of female and male Scandinavian and British Isles ancestry within the isolated population of the Faroe Islands, http://www.nature.com/ejhg/journal/v14/n4/full/5201578a.html , Thomas D Als, Tove H Jorgensen, Anders D Børglum, Peter A Petersen, Ole Mors and August G Wang, 25 Januarie 2006
  4. The origin of the isolated population of the Faroe Islands investigated using Y chromosomal markers, http://www.springerlink.com/content/4yuhf5m7a22gc4qm/ [dooie skakel] , Tove H. Jorgensen, Henriette N. Buttenschon, August G. Wang, Thomas D. Als, Anders D. Børglum and Henrik Ewald1, 8 April 2004.
  5. Wang, C. August. 2006. Ilegur og Føroya Søga. In: Frøði pp.20-23
  6. "Faeroes susceptible to deadly illness" , The Copenhagen Post (Copenhagen), 17 Mei 2010, archived from the original on 21 Januarie 2011 , https://web.archive.org/web/20110121022037/http://cphpost.dk/news/135-science/48995-faeroes-susceptible-to-deadly-illness.html , besoek op 27 April 2012  

Verdere leesstof [ wysig | wysig bron ]

  • Arge, Simun, Guðrun Sveinbjarnardottir, Kevin Edwards, and Paul Buckland. 2005. "Viking and Medieval Settlement in the Faroes: People, Place and Environment". Human Ecology . 33, no. 5: 597-620.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]