in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Falco
(*
19 Februarie
1957
in
Wene
; †
6 Februarie
1998
naby Puerto Plata,
Dominikaanse Republiek
) was die verhoognaam van
Johann "Hans" Holzel
, 'n
Oostenrykse
sanger en musikant van wereldfaam, wat hy uit bewondering vir die
DDR
-skispringer Falko Weißpflog in 1977 gekies het.
[1]
Sy treffer
Rock Me Amadeus
is tot vandag die enigste liedjie met
Duitse
lirieke wat boaan die
Amerikaanse
Billboard Hot 100-trefferlys gestaan het ? 'n posisie wat Falco drie weke lank kon beklee.
[2]
[3]
Met 20 miljoen album- en 40 miljoen enkelsnitverkope is Falco steeds die suksesvolste Oostenrykse sanger ooit.
Die sanger het oorspronklik 'n akademiese opleiding aan die Weense Jazz-konserwatorium begin, maar sy studies daar in 1976 gestaak. Vyf jaar later het Falco, wat onder meer deur
David Bowie
beinvloed is en net soos die
Britse
superster 'n tyd lank in
Wes-Berlyn
gebly het,
[4]
sy deurbraak op die
Europese
musiekmark met die enkelsnit
Der Kommissar
bereik wat in die meeste lande boaan die trefferlys gestaan en selfs in
Kanada
goud behaal het. So groot sy sukses as sanger in die volgende jare ook was, het dit groot druk op 'n buitengewoon ambisieuse kunstenaar soos Falco geplaas. Hoe verwagtinge het oorgegaan tot 'n strewe na perfeksionisme, maar het ook 'n vrees by hom gewek om moontlik nie meer aan die verwagtinge te kan voldoen nie.
Belangsteling in Falco se musiek het geleidelik afgeneem totdat hy in 1995 weer groot sukses met die enkelsnit
Mutter, der Mann mit dem Koks ist da
behaal het wat hy onder die pseudoniem
T>>MA
vrygestel het ? 'n ou
Berlynse
treffer wat Falco in 'n tegnomusiekstyl bewerk het. 1996 het Falco hom in die Dominikaanse Republiek gevestig om aan nuwe projekte te werk. Falco se ontydige dood in 'n motorongeluk in 1998 in die
Karibiese
land, waar hy 'n klankateljee ingerig het, bly tot vandag toe raaiselagtig, maar met inagneming van die omstandighede was dit geen selfmoord nie, soos deur sommige verslaggewers beweer is. Al het die amptelike lykbeskouingverslag bepaal dat die sanger onder die invloed van kokaien en drank bestuur het, het Falco se voertuig met 'n bus gebots wat teen 'n buitensporige spoed van meer as 100 km per uur gery het. Die sanger is blykbaar op slag dood.
[5]
Falco-restaurant in Wene
[
wysig
|
wysig bron
]
Op 19 Februarie 2019 het 'n restaurant (met kroeg en klub), wat aan Falco gewy is, sy deure in Wene geopen.
[6]