in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Evangelie volgens Markus
is die tweede
evangelie
in die
Nuwe Testament
. Vermoedelik was die skrywer
Johannes Markus
, een van Petrus se dissipels in die jare 60 tot 75 n.C. en was dit vanuit die stad Antiogie geskryf. Die evangelie self maak egter geen melding van die outeur nie. Die skrywer verhaal die lewe van
Jesus
vanaf sy ontmoeting met
Johannes die Doper
tot en met sy opvaarding na die hemel, maar konsentreer hoofsaaklik op die laaste week van sy lewe (hoofstukke 11-16, die laaste tog na
Jerusalem
). Jesus word uitgebeeld as 'n geestebesweerder, 'n geneser en dader van wonderwerke, die
Christus
, die "Seun van die Mens" en 'n paar keer as die "Seun van God".
[1]
Een van Markus se belangrike temas is die geheimenis van die Messias: Jesus het sy volgelinge beveel om aan niemand te openbaar dat hy die Messias is nie. Jesus word nie oor die algemeen as die "Seun van God" herken in Markus nie, behalwe deur demone (wat hy beveel om stil te bly) en by sy dood. Jesus gebruik gelykenisse om spirituele lesse te illustreer op 'n manier wat mense mee kon identifiseer. In sommige gevalle sukkel sy gehoor en die dissipels om sy bedoeling te begryp en het hy dit in die geheim vir hulle uitgele.
[2]
Markus verskyn gewoonlik tweede in die
Nuwe Testament
, na die
Evangelie volgens Matteus
. Dit was oorspronklik aanvaar dat Matteus die eerste evangelie was om geskryf te word, met Markus as die tweede. Sommige geleerdes vermoed dat die evangelie in die laat sestigerjare of vroee sewentigerjare n.C. geskryf is en beskou dit dus as een van die eerste kanonieke evangelies,
[3]
asook 'n bron vir ander evangelies: die Evangelie volgens Matteus en die
Evangelie volgens Lukas
.
- ↑
Daar word na Jesus as die "Seun van God" verwys in Markus 1:1, Markus 3:11, Markus 5:7, en Markus 15:39.
- ↑
Sien Markus 4:10-12 en Markus 4:33-34
- ↑
Brown, R., et al. The New Jerome Biblical Commentary, Prentice Hall, 1990. Bl. 164.
Bybelboeke
|
---|
Hoofklassifikasie
| |
---|
Sekondere klassifikasie
|
Hoofstukke en verse van die Bybel •
Pentateug
• Boeke van wysheid •
Hoofprofete
• Sekondere profete • Bybelse profesie •
Evangelies
• Sinopsis • Briewe van Paulus • Briewe van Johannes • Pastorale briewe • Algemene briewe • Apokaliptiese boeke
|
---|
Manuskripte
| |
---|