한국   대만   중국   일본 
Ernst van Jaarsveld - Wikipedia Gaan na inhoud

Ernst van Jaarsveld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ernst van Jaarsveld
Ernst van Jaarsveld in 2022.

Geboortenaam Ernst Jacobus van Jaarsveld
Gebore ( 1953-02-19 ) 19 Februarie 1953
Johannesburg , Suid-Afrika
Blyplek Kaapstad
Burgerskap Suid-Afrikaner
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika
Vakgebied Plantkunde
Alma mater Universiteit van Pretoria
Doktorale promotor(s) Prof. Abraham Erasmus van Wyk

Dr. Ernst Jacobus van Jaarsveld (19 Februarie 1953 - ) is 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Na skool het hy sy Nasionale Diploma in Plantkunde aan die Pretoria Technikon behaal. Hy het sy MSc-graad aan die Universiteit van Natal in 1990 voltooi en sy PhD onder die leiding van prof. Braam van Wyk aan die Universiteit van Pretoria . Van Jaarsveld is 'n deskundige op die gebied van vetplante en ander plante wat aangepas het in droogtetoestande.

Daar is drie spesies na hom vernoem: Anginon jaarsveldii B.L. Burtt , Plectranthus ernstii Codd en Eriosperum ernstii P.L. Perry .

Die standaard skrywerafkorting van Jaarsv. word gebruik om Ernst van Jaarsveld as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.

Sien ook [ wysig | wysig bron ]

Bron [ wysig | wysig bron ]