in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ernst Haeckel
|
---|
![](//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/81/Ernst_Haeckel_5.jpg/220px-Ernst_Haeckel_5.jpg) |
Gebore
| Ernst Heinrich Philipp August Haeckel
(
1834-02-16
)
16 Februarie 1834
|
---|
Sterf
| 9 Augustus 1919 (op 85)
|
---|
Nasionaliteit
| Duits
|
---|
Beroep
| Bioloog
|
---|
Bekend vir
| o.a. die ontdekking, beskrywing en benoeming van duisende nuwe spesies
|
---|
Titel
| Professor
|
---|
Ernst Heinrich Philipp August Haeckel
(
16 Februarie
1834
?
9 Augustus
1919
)
[1]
was ’n
Duitse
bioloog
, naturalis,
filosoof
,
fisikus
, professor en
kunstenaar
wat duisende nuwe
spesies
ontdek, beskryf en ’n naam gegee het, en ’n
stamboom
saamgestel het wat alle lewensvorme omvat. Hy het ook baie terme in
biologie
uitgedink, onder meer "antropogenie", "
ekologie
", "
filum
", "
filogenie
", "
stamsel
" en "
Protista
".
[2]
Seeanemone
uit Ernst Haeckel se
Kunstformen der Natur
van 1904.
Haeckel het
Charles Darwin
se werk in Duitsland bevorder en gewild gemaak,
[3]
en die invloedryke maar tans minder gewilde
biogenetiese wet
daargestel waarvolgens
embrioniese
ontwikkeling (ontogenese) ’n kortlikse herhaling van
evolusionere
ontwikkeling (filogenese) is.
Sy gepubliseerde kunswerke sluit meer as 100 gedetailleerde, veelkleurige illustrasies van
diere
en
see
-organismes in. As filosoof het hy
Die Weltratsel
(1895?1899)
[4]
geskryf, asook
Freedom in Science and Teaching
[5]
om die onderrig van
evolusie
te steun.
- ↑
"Ernst Haeckel ? Britannica Concise" (biography)
Encyclopædia Britannica Concise
, 2006, Concise. Britannica.com webpage:
CBritannica-Haeckel
Geargiveer
11 November 2006 op
Wayback Machine
.
- ↑
"Ernst Haeckel" (artikel),Duitse Wikipedia, 26 Oktober 2006, URL:
DE-Wiki-Ernst-Haeckel
- ↑
Ruse, M. 1979.
The Darwinian Revolution
. Chicago: University of Chicago Press.
- ↑
Die Weltrathsel
(1895?1899), ook gespel
Die Weltratsel
(
Die Raaisel van die Heelal
), 1901
- ↑
Freedom in Science and Teaching
. Duits 1877, Engels 1879,
ISBN 1-4102-1175-4