한국   대만   중국   일본 
Eoseen - Wikipedia Gaan na inhoud

Eoseen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Era Periode Epog Tyd gelede 
(in miljoen jaar)
Kainosoikum Kwarter Holoseen 0 - 0,0117
Pleistoseen 0,0117 - 2,588
Neogeen Plioseen 2,588 - 5,333
Mioseen 5,333 - 23,03
Paleogeen Oligoseen 23,03 - 33,9
Eoseen 33,9 - 56,0
Paleoseen 56,0 - 65,5
Mesosoikum Kryt Laat ouer

Die Eoseen is 'n tydperk in die geologiese tydskaal tussen 55,8 tot 33,9 miljoen jaar gelede. Die Eoseen kom na die Paleoseen en voor die Oligoseen .

Die woord is van Grieks afgelei: ?ω? (eos) = daeraad; καιν?? (kainos) = nuwe; oftewel die daeraad van die nuwe.

In die Eoseen was altwee die pole in die oseean en was daar baie min landys. Die seevlak was hoog en die temperature is ook baie hoog. In die Vroee Eoseen bereik die temperatuur 'n maksimum en neem dan stadig af.

Geografie [ wysig | wysig bron ]

Die brokstukke van Laurasie omtrent 54 mj. gelede
Die brokstukke van Gondwana omtrent 38 mj. gelede

In die noorde het in die Vroee Eoseen (~51 mj) die Straat van Denemarke gevorm, wat die verbinding tussen Groenland en Europa verbreek het. Groenland het ook 'n eiland geword. Oos van die Oeralgebergte vorm daar 'n see, die Toergaj-straat, wat Europa skei van Asie. Deur die hoe seevlak is Europa hoofsaaklik 'n argipel met vlak epikontinentale see.

Afrika en Indie was altwee eilandkontinente, met Indie wat vinnig na die noorde beweeg het.

In die suide het Antarktika in die rigting van die suidpool beweeg. Aan die einde van die Eoseen het dit begin om die kontak met Suid-Amerika en Australie te verloor. Die oorgang na die Oligoseen word gekenmerk deur die begin van die sirkumpolere stroming rondom Antarktika. Dit het 'n groot afkoeling van die planeet veroorsaak en landys het op Antarktika begin vorm.

Eksterne skakels [ wysig | wysig bron ]