in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Ensiklopedie van Suidelike Afrika
is 'n beknopte
ensiklopedie
deur
Eric Rosenthal
wat fokus op inhoud oor
Suider-Afrika
. Die ensiklopedie is oorspronklik in Engels saamgestel, maar is deur J.H.L. (Jan) en E.M. (Elsa) Pretorius in Afrikaans vertaal. Die eerste uitgawe is in 1967 gepubliseer en het uit 'n enkele deel van 610 bladsye bestaan. Latere weergawes is in twee volumes gepubliseer: volume 1 met onderwerpe van A-L, en volume 2 bevat M-Z.
Volgens die voorwoord is dit die eerste ensiklopedie wat uitsluitlik aan hierdie subkontinent toegewy is. Dit sluit onderwerpe van
Suid-Afrika
,
Namibie
,
Zimbabwe
,
Malawi
,
Botswana
,
Lesotho
,
Eswatini
en
Mosambiek
in.
Dit is 'n volledige vertaling van die Engelse
Encyclopaedia of Southern Africa
.