Die
Engelse en Walliese Krieketraad
(
Engels
:
England and Wales Cricket Board
, afgekort “ECB”) is die bestuursliggaam wat
krieket
in beide
Engeland
en
Wallis
beheer en is op
Lord’s
,
Londen
, gesetel.
[1]
Dit verteenwoordig Engeland by die
Internasionale Krieketraad
(IKR) as ’n volle lid en ook by die
Europese Krieketraad
(
European Cricket Council
, “ECC”).
Van 1903 af het die
Marylebone-krieketklub
(
MCC
, kort vir
Marylebone Cricket Club
) al die toere van Engeland gereel.
[2]
Afgesien van die toetswedstryde het die Engelse span amptelik tot en met die 1976-toer na Australie in die jaar 1976/77 onder die MCC gespeel, wat die tyd weerspieel toe die MCC verantwoordelik was vir die samestelling van die toerspan. Die laaste keer wat die Engelse toerspan die MCC se “spek-en-eierkleure” gedra het, was tydens die 1996/97-toer na Nieu-Seeland.
[3]
Tussen 1968 en 1997 was die Toets- en Countykrieketraad (
Test and County Cricket Board
,
TCCB
) die beheerliggaam van Engelse krieket, wat die taak by die MCC oorgeneem het. In April 1998 is die Women's Cricket Association geintegreer by die organisasie.
Vir tuiswedstryde is vanaf die As-reeks 1899 die nasionale span se keurbeleid verander. Vir die eerste keer het beide die MCC en die counties ’n
selection committee
(“keurkomitee”) saamgestel. Voorheen is die Engelse toetsspanne deur die gasheerklub saamgestel.
[4]
Daarin was drie destyds aktiewe amateurspelers: Grace,
Lord Hawke
en Warwickshire se kaptein
Herbert Bainbridge
. As gevolg van die keurkomitee se saamstelling is tydens die spelerkeuring aan amateurspelers weer die voorkeur gegee.
[5]
In die 1990’s het die Engelse span swak presteer, een rede was die behoefte van countyspanne aan hul spelers, waarvolgens Engeland selde ’n volstoomspan tydens hul toere saamgestel het. Dit het uiteindelik tot die Engelse en Walliese Krieketraad se oorname by die MCC as die beheerliggaam van die Engelse span en die invoering van gesentraliseerde kontrakte gelei.
[6]
[7]
[8]
In die vroee 1990’s het ook beide
Ierland
en
Skotland
hul bande met die Engelse en Walliese span verbreek en albei lande word sedertdien deur hul eie nasionale krieketspanne verteenwoordig.
[9]
[10]
Voorheen was die Engelse nasionale krieketspan as ’t ware ’n span wat die hele
Verenigde Koninkryk
en die
Republiek Ierland
verteenwoordig het. Die Engelse en Walliese Krieketraad bestaan sedert 1 Januarie 1997 en verteenwoordig Engeland en Wallis by die Internasionale Krieketraad.
[11]
Die Engelse en Walliese Krieketraad organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend
Engeland se nasionale seniorkrieketspan vir mans
, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van
toets-
,
EDI-
en
T20I
-reekse teen ander spanne, en vir die reeling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die Engelse en Walliese Krieketraad verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Engelse span. Die ECB se inkomste in die kalenderjaar van 2006 het £77 miljoen beloop.
[12]
Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Engeland en Wallis. Net soos ander krieketlande beskik Engeland oor ’n o/19-nasionale span wat aan die
o/19-krieketwereldbeker
deelneem.
[13]
England Lions
is die tweede nasionale span van Engeland en van hul wedstryde geniet
eersterangse
of A-lys-status.
Die belangrikste krieketligas in Engeland is die County Kampioenskap in eersterangse krieket (18 spanne), die One-Day Cup in EDI-krieket (18 spanne) en die T20 Blast in T20-krieket (18 spanne). Die Engelse en Walliese Krieketraad het al opgetree as gasheer van belangrike toernooie soos die
krieketwereldbekertoernooie
in
1975
,
1979
,
1983
en
2019
, die
Kampioenetrofee
in
2004
,
2013
en
2017
, die
T20I-wereldbeker 2009
, asook as medegasheer van die
Krieketwereldbeker 1999
(saam met
Ierland
,
Nederland
en
Skotland
). Saam met Ierland en Skotland sal Engeland ook die
T20I-wereldbeker 2030
aanbied.
[14]
Net soos ander toetslande word die Engelse span vandag deur ’n keurkomitee saamgestel. Dit bestaan meestal uit ’n deur die ECB benoemde voorsitter, die hoofafrigter van die span en ’n verdere, deur die voorsitter benoemde persoon.
[15]
Die keurders benoem elke jaar die spelers, wat ’n sentrale kontrak ontvang, of vir alle spanne of vir een krieketvorm. Die benoemde spelers ontvang hul salaris van die Engelse beheerliggaam, maar hulle mag, as hulle nie internasionale krieket speel nie, vir hul countyklub speel.
[16]
Die keurders stel vir elke toer ’n span saam en die kaptein geniet die uiteindelike reg om te bepaal watter speler in watter wedstryd ingespan word.
|
---|
Afrika
| Botswana ? Eswatini ? Gambie ? Ghana ? Kameroen ?
Kenia
? Lesotho ? Malawi ? Mali ? Marokko ? Mosambiek ?
Namibie
? Nigerie ? Rwanda ? Seychelle ? Sierra Leone ? Sint Helena ?
Suid-Afrika
? Tanzanie ?
Uganda
? Zambie ?
Zimbabwe
| |
---|
Amerikas
| Argentinie ? Bahamas ? Belize ?
Bermuda
? Brasilie ? Chili ? Costa Rica ? Falkland-eilande ? Kaaimanseilande ?
Kanada
? Meksiko ? Panama ? Peru ? Suriname ? Turks- en Caicoseilande ?
Wes-Indie
?
Verenigde State
|
---|
Asie
| |
---|
Europa
| Belgie ? Bulgarye ? Denemarke ?
Duitsland
? Eiland Man ?
Engeland
? Estland ? Finland ? Frankryk ? Gibraltar ? Griekeland ? Guernsey ? Hongarye ?
Ierland
? Israel ? Italie ? Jersey ? Kroasie ? Luxemburg ? Malta ?
Nederland
? Noorwee ? Oostenryk ? Portugal ? Roemenie ? Serwie ? Siprus ?
Skotland
? Slowenie ? Spanje ? Swede ? Switserland ? Tsjeggie ? Turkye
|
---|
Oos-Asie-Pasifiek
| |
---|
Vetdruk
dui op volle lede en
skuinsdruk
op assosiaatlede met huidige of voormalige EDI-status asook kriekettoernooi-ervaring
|