Ekonomiese streek Oeral

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die ekonomiese streek Oeral in Rusland.

Die ekonomiese streek Oeral ( Russies : Ура?льский экономи?ческий райо?н, Oeralski ekonomitsjeski rajon ) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland . Dit omvat die middel en suide van die Oeralgebergte , asook dele van die Russiese en die Wes-Siberiese Laagland.

Die streek is 824 000 km 2 groot en dus effens groter as Turkye . Die bevolking is 20,2 miljoen volgens die 2012-sensus. Sowat 74 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 24,6/km 2 .

Dit is naas die Sentrale ekonomiese streek die grootste ekonomiese streek in die land. In die Sowjetunie was dit ’n belangrike sentrum vir die vervaardiging van yster en staal . In Basjkortostan is die grootste sentrum vir olievervaardiging . In die 17de eeu het ’n groot mynbousektor ontstaan in die Suid-, Sentrale en Noord-Oerals.

Masjienbou is ook belangrik. Verder is daar ’n chemiese, petro-chemiese, olie-, gas- en houtverwerkingsnywerheid. Die grootste nywerheidstede is Magnitogorsk , Jekaterinburg , Tsjeljabinsk , Nizjni Tagil en Perm . Talle spoorwee loop deur die gebied en daar is ook riviervervoer op onder meer die Kama -, Belaja - en Oeral-rivier .

Landbou bestaan hoofsaaklik uit graan-, vleis- en melkproduksie.

Deelgebiede [ wysig | wysig bron ]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Basjkortostan
  2. Koergan-oblast
  3. Oedmoertie
  4. Orenburg-oblast
  5. Perm-krai
  6. Swerdlofsk-oblast
  7. Tsjeljabinsk-oblast

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia