Egiptologie
(van "Egipte" en die
Griekse
agtervoegsel -λογ?α, "-logia") is die studie van
Antieke Egiptiese
geskiedenis
,
taal
,
letterkunde
,
godsdiens
,
argitektuur
en
kuns
. ’n Navorser op die gebied word ’n "
Egiptoloog
" genoem.
Die eerste verkenners was die Antieke Egiptenare self.
Toetmoses IV
het die
Groot Sfinks
laat restoureer nadat hy ’n droom gehad het waarvan hy op die
Droomstele
vertel het. Minder as twee eeue later het prins Chaemweset, ’n seun van
Ramses II
, historiese geboue, grafkelders en
tempels
laat restoureer, ook die Groot Piramide.
[1]
Van die eerste historiese beskrywings van Egipte is in die Grieks-Romeinse tydperk gegee deur skrywers soos
Herodotus
,
Strabo
en
Diodorus Siculus
, asook die priester
Manetho
tydens die bewind van
Ptolemeus I Soter
en
Ptolemeus II Philadelphus
in die
3de eeu v.C.
Die Ptolemeers het baie belanggestel in die werk van die Antieke Egiptenare en het baie antieke monumente, insluitende die piramides, laat restoureer.
Die
Middeleeuse
skrywer
Abd-al-Latif
het in die
13de eeu
gedetailleerde verslae geskryf oor Antieke Egiptiese
monumente
.
[2]
Ook die
15de-eeuse
Egiptiese historikus
al-Maqrizi
het in besonderhede oor Egiptiese antieke voorwerpe geskryf.
Europese
verkenning en reisverslae het in die
13de eeu
begin. In die vroee
17de eeu
het die Britse antiekkenner John Greaves die piramides gemeet.
[3]
Hy het die geillustreerde
Pyramidographia
in 1646 gepubliseer, terwyl die Jesuietepriester Athanasius Kircher dalk die eerste was wat opgemerk het hoe belangrik die ontsyfering van die
Egiptiese hierogliewe
was.
[4]
Moderne Egiptologie het omstreeks 1822 begin met die
Franse
inval in Egipte deur
Napoleon
. Franse geleerdes het die Egiptiese flora, fauna en geskiedenis nagevors en hul bevindings tussen 1809 en 1829 gepubliseer in
Description de l'Egypte
. So het bronmateriaal vir die eerste keer tot die beskikking van Europeers gekom.
[5]
Van die eerste belangrike Egiptoloe was
Jean-Francois Champollion
, Thomas Young en Ippolito Rosellini. Die Duitser Karl Richard Lepsius was ’n vroee deelnemer aan die
kartering
, opgrawing en optekening van verskeie terreine. Champollion het aangekondig dat hy uitgewerk het hoe om hierogliewe te ontsyfer, hoofsaaklik danksy die
Rosettasteen
. Die ontsyfering van die steen was ’n baie belangrike ontwikkeling in Egiptologie. Daardeur het die kennis oor die Antieke Egiptiese taal en skryfstelsel geweldig uitgebrei en het die begrip van die antieke beskawing vinniger gevorder.
Egiptologie het meer professioneel geraak danksy die werk van onder andere
Flinders Petrie
. Hy het metodes ingestel vir veldbewaring, optekening en uitgrawings. Die Brit
Howard Carter
se ekspedisie het Egiptologie ook grootliks bevorder. Baie geleerde amateurs wat nou in Egipte gereis het, soos Harriet Martineau en
Florence Nightingale
, het ook fassinerende skrywes nagelaat oor hul reise.
[6]
In die moderne tyd beheer die Opperraad vir Oudhede
[7]
uitgrawings en verskaf permitte daarvoor.
- ↑
Greg Reeder
besoek op 3 September 2010
- ↑
Dr. Okasha El Daly (2005),
Egyptology: The Missing Millennium: Ancient Egypt in Medieval Arabic Writings,
UCL Press,
ISBN 1-84472-063-2
)
- ↑
Edward Chaney, "Roma Britannica and the Cultural Memory of Egypt: Lord Arundel and the Obelisk of Domitian", in Roma Britannica: Art Patronage and Cultural Exchange in Eighteenth-Century Rome, reds. D. Marshall, K. Wolfe en S. Russell, British School at Rome, 2011, ble. 147?70.
- ↑
Woods, Thomas.
How the Catholic Church Built Western Civilization
, ble. 4 & 109. (Washington, DC: Regenery, 2005);
ISBN 0-89526-038-7
.
- ↑
"Egyptology"
(PDF)
. Saylor.org
. Besoek op
6 Maart
2012
.
- ↑
Edward Chaney, 'Egypt in England and America: The Cultural Memorials of Religion, Royalty and Revolution', in:
Sites of Exchange: European Crossroads and Faultlines
, reds. M. Ascari en A. Corrado (Rodopi, Amsterdam en New York,2006), 39-74.
- ↑
The Ministry of State for Antiquities
Geargiveer
27 September 2011 op
Wayback Machine
retrieved 18:55GMT 3.10.11