in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
eerste minister
is gewoonlik die politieke leier van 'n
land
en in die meeste gevalle ook die regeringshoof. In
monargiee
is die
staatshoof
die
koning
of 'n derglike leier wat deur oorerwing die pos beklee, terwyl die eerste minister aan die hoof van die
regering
staan. Ingevolge die republikeinse regeringsvorm is die
staatshoof
dikwels 'n
president
, terwyl die eerste minister die regeringshoof is.
'n Eerste minister moet besluite ingevolge kollektiewe bedinging binne die
kabinet
neem, hoewel hy of sy ook afsonderlike magte kan besit. In 'n
demokrasie
is die eerste minister dikwels die
leier
van die grootste
politieke party
, maar in gevalle waar 'n koalisie regeer, hoef dit nie noodwendig die geval te wees nie.
Waar 'n president, veral wanneer hy of sy direk deur die kiesers verkies word, gewoonlik op sy
persoonlikheid
moet staat maak om verkies te word, is 'n eerste minister nie uitgelewer aan die wil van die volk nie en hoef hy nie die gewildste leier te wees nie.