in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die
Eerste Oorgangstydperk
, wat dikwels beskryf word as ’n "donker periode" in die geskiedenis van
Antieke Egipte
, het oor sowat 100 jaar gestrek, van omstreeks
2181
tot
2055 v.C.
, en het gevolg op die
Ou Ryk
.
[1]
Dit het ingesluit die
7de
tot die
10de
en ’n deel van die
11de Dinastie
.
Baie min is oor van die monumente van die tyd, veral van die begin van die periode. Die Eerste Oorgangstydperk was ’n dinamiese deel van die Egiptiese geskiedenis. Die regering was verdeel tussen twee magsbasisse ? een was by
Herakleopolis
in Benede-Egipte en die ander by
Thebe
in Bo-Egipte.
[2]
Daar word geglo die
tempels
is in die tyd verwoes en die kunswerke gevandaliseer, en dat die standbeelde van konings vernietig is weens die politieke chaos.
[3]
Die twee magsbasisse het eindelik teen mekaar te staan gekom. Die Thebaanse konings het die noorde oorwin en dit het gelei tot die hereniging van Egipte onder een heerser tydens die tweede helfte van die 11de Dinastie, en die ontstaan van die
Middelryk
.
- ↑
Kathryn A. Bard, An Introduction to the Archaeology of Ancient Egypt (Malden: Blackwell Publishing, 2008), 41.
- ↑
Sir Alan Gardiner, Egypt of the Pharaohs (Oxford: Oxford University Press, 1961), 107-109.
- ↑
James Henry Breasted, Ph.D., A History of the Ancient Egyptians (New York: Charles Scribner’s Sons, 1923), 133.