Edward Elgar
|
---|
Edward Elgar in 1931. Foto-portret deur Herbert Lambert
|
Agtergrondinligting
|
---|
Gebore
| 2 Junie 1857
Lower Broadheath naby
Worcester
,
Engeland
|
---|
Sterf
| 23 Februarie 1934
Worcester
,
Engeland
|
---|
Genres
| Klassieke musiek
|
---|
Beroep(e)
| Komponis
|
---|
Jare aktief
| 1877 - 1934
|
---|
Sir Edward William Elgar
, 1ste Baronet, (*
2 Junie
1857
, †
23 Februarie
1934
) was 'n
Engelse
komponis wat veral met sy orkeswerke, waaronder die
Enigma Variations
, marsmusiek soos die
Pomp and Circumstance Marches
, concertos vir viool en tjello, twee simfoniee, koorwerke (waaronder
The Dream of Gerontius
), kamermusiek en liedere bekendheid verwerf het. Baie van sy werke maak deel uit van die Britse en internasionale repertoire van klassieke musiek. Elgar is in 1904 deur koning
Edward VII
tot
ridder
geslaan.
In 1924 is hy as
Master of the King's Music
benoem ('n besondere pos in die koninklike huishouding).
Alhoewel na Elgar dikwels as tipies Engelse komponis verwys word, is hy hoofsaaklik deur musikale strominge van vastelandse Europa beinvloed. Elgar het homself as buitestaander beskou, nie net in musikale opsig nie, maar ook in sosiale. Terwyl musikale kringe deur akademici oorheers is, het hy self geen formele opleiding gehad nie en hom as komponis volledig deur eie studie gevorm. As lidmaat van die
Rooms-Katolieke Kerk
is hy in sommige Brits-Protestantse kringe met argwaan bejeen. Ook was hy in die baie klasbewuste samelewing van
Victoriaanse
en
Edwardiaanse
Brittanje uiters gevoelig oor sy eie nederige afkoms, selfs nadat hy wye erkenning as komponis geniet het.
Elgar het nogtans in 1889 met Caroline Alice Roberts, die dogter van 'n Britse senior offisier getrou wat hom in sowel musikale asook sosiale opsig geinspireer het. Maar eers in sy veertigs was Elgar werklike sukses as komponis beskore toe sy musikale werk - na 'n reeks komposisies wat slegs tot 'n mindere mate erkenning geniet het - met sy
Enigma Variations
in 1899 skielik in Groot-Brittanje en oorsee gewild geword het.
Die
Variations
is in 1900 opgevolg deur
The Dreams of Gerontius
, 'n koorwerk wat op 'n Rooms-Katolieke teks baseer en in Anglikaanse kerkkringe nie gretig ontvang is, maar desondanks in Brittanje en die buiteland ingang tot die kernrepertoire gevind het. Elgar se latere godsdienstige vollengte-koorwerke is goed ontvang, alhoewel hulle nie deel van die standaardrepertoire geword het nie. Die eerste van sy
Pomp and Circumstances
-marse (1901) is daarenteen orals in die
Engelssprekende
wereld welbekend.
In sy vyftigs het Elgar 'n simfonie en 'n vioolconcerto gekomponeer wat baie groot sukses behaal het. Sy tweede simfonie en sy tjelloconcerto was nie dieselfde sukses beskore nie en is eers taamlik laat in Britse orkesters se standaardrepertoire opgeneem. In sy latere jare het Elgar se musiek veral by Britse gehore aanklank gevind. Na sy afsterwe het sy komposisies 'n generasie lank gewildheid ingeboet, maar 'n reeks nuwe opnames van sy werke het in die 1960's weer groter belangstelling in sy musiek gewek. Sommige van sy werke geniet groot aandag in die buiteland, maar dit is die Verenigde Koninkryk waar sy musiek die meeste gespeel word.
Elgar is as die eerste komponis beskryf wat
grammofoonplate
as nuwe musikale medium aanvaar het. Tussen 1914 en 1925 het hy 'n reeks plate-opnames van sy werke self gedirigeer. Die invoering van
mikrofone
in 1925 het meer akkurate klankopnames en musiekreproduksie moontlik gemaak en was vir Elgar rede en aansporing genoeg om nuwe plate-opnames van die meeste van sy belangrikste orkeswerke asook van uittreksels van
The Dream of Gerontius
te maak.
Die afsterwe van sy vrou Alice op
7 April
1920
het Edward Elgar gebroke gelaat. In die laaste veertien jaar van sy lewe het slegs 'n handjievol kleiner werke uit sy pen gevloei, waaronder die
Severn Suite
, die
Nursery Suite
, enkele klavierstukke, liedere en orkestrale transkripsies. Sy twee laaste groot komposisies, 'n opera en 'n simfonie, het nie verder gevorder as fragmente nie. Die opera
The Spanish Lady
, wat hy in 1929 begin komponeer het en waarvoor Sir Barry Jackson, direkteur van die
Malvern Festival
, die libretto bygedra het, baseer op Ben Jonson se toneelstuk
The Devil is an Ass
.
Elgar se derde simfonie, wat hy in opdrag van die
BBC
gekomponeer het, was nog ver van klaar toe die komponis in Februarie 1934 aan
kanker
oorlede is. Elgar se onvoltooide manuskrip met 127 bladsye het sindsdien ruimte gelaat vir baie spekulasies, maar toe die komponis, skrywer en kritikus Anthony Payne die fragmente in 1972 vir die eerste keer bestudeer het, het die musiek se "krag en vitaliteit" hom daarvan oortuig dat Elgar besig was om 'n laat meesterwerk te skep. Payne het die materiaal in opdrag van
BBC Manchester
vir 'n ateljeekonsert van die
BBC Philharmonic Orchestra
bewerk. Nadat dit in 1995 met sukses opgevoer is, het Elgar se erfgename hul toestemming vir 'n volledige rekonstruksie van die simfonie deur Anthony Payne verleen. Dit is vir die eerste keer op
15 Februarie
1998
deur die
BBC Symphony Orchestra
onder leiding van Andrew Davis in
Londen
se
Royal Festival Hall
opgevoer.
[1]
- ↑
Robin Golding:
Edward Elgar. The Sketches for Symphony No. 3. Elaborated by Anthony Payne
. DVD-boekie van Naxos se
DVD-Oudio
-opname 2002