Eduard die Belyer
(
Engels
:
Edward the Confessor
; ca.
1003
?
5 Januarie
[1]
1066
) was een van die laaste
Angel-Saksiese
konings van
Engeland
. Hy het sy halfbroer
Hartaknoet
opgevolg en het van
8 Junie
1042
tot op
4 Januarie
1066 regeer.
[2]
Hy word in die algemeen beskou as die laaste koning van die
Huis van Wessex
. Die laaste monarg is eintlik
Edgar die Adeling
, wat in 1066 vir ’n kort rukkie as koning uitgeroep is. Hy is egter nooit gekroon nie en het net sowat agt weke regeer.
Eduard was lank in
Normandie
in ballingskap en dit het daartoe gelei dat Normandiese konings lank oor Engeland regeer het na sy opvolger,
Harold Godwinson
, se kort bewind.
Toe sy pa, koning
Ethelred II
in 1013 voor die
Dene
gevlug het, het sy ma,
Emma van Normandie
, die koningsgesin na Normandie geneem ? sy was die suster van hertog
Richard van Normandie
. Na die dood van haar man is sy getroud met die Deense koning
Knoet die Grote
, wat intussen ook koning van Engeland geword het.
In die kwarteeu dat Eduard in Normandie was, het hy baie kontakte opgebou. Hy het in
1036
vergeefs probeer om op die Engelse troon te kom toe hy en sy broer,
Alfred Adeling
, probeer het om
Harold Haasvoet
te onttroon. Sy broer is vermoor en Eduard moes na Normandie terugkeer.
In 1041 het Hartaknoet hom genooi om saam met hom te regeer. Op 8 Junie 1042 het hy sy kinderlose halfbroer opgevolg en so het die
Huis van Wessex
weer aan die bewind gekom.
Op 23 Januarie 1045 het Eduard met
Edith van Wessex
getrou, hoewel die huwelik volgens sommige bronne om godsdienstige redes nooit voltrek is nie. Eduard het sy grootneef
Edgar Adeling
gekies as sy erfgenaam. Edgar het egter nie ’n groot aanhang gehad nie en was maar 14 jaar oud.
Nie die Saksiese of Deense adel was ingenome met Eduard se Normandiese vriende wat hy bevoordeel het nie. Struwelinge het veral ontstaan tussen Eduard en sy skoonpa,
Godwin, Graaf van Wessex
. Godwin is in
1051
selfs verban, maar het ’n jaar later met ’n gewapende mag teruggekeer en sy titel teruggeeis. Hy is in
1053
dood, maar sy seun,
Harold
, het nog meer grond en mag bymekaargemaak en met die dood van die kinderlose Eduard in Januarie 1066 het hy die troon opgeeis. Hy het verklaar dat Eduard hom die troon op sy sterfbed belowe het.
Hertog
Willem van Normandie
het egter beweer dat die troon aan hom belowe is en hy het Engeland later die jaar met 7 000 man binnegeval en Harold van die troon gesit. Edgar is toe as koning uitgeroep, maar na ’n bewind van sowat agt weke is hy van die troon gesit en het Willem koning geword.
Eduard is in 1161 heiligverklaar deur
pous Alexander III
. Hy word beskou as die beskermheilige van konings, moeilike huwelike en geskeide eggenote.
[3]
Sy feesdag is op 13 Oktober, die datum waarop hy as
heilige
verklaar is, eerder as sy sterfdag.
Histories word Eduard se bewind beskou as die skeidslyn tussen die
10de-eeuse
Wes-Saksiese konings van Engeland en die Normandiese monargie wat op Harold se dood gevolg het. Eduard se lojaliteit was verdeel tussen Engeland en sy ma se Normandiese bande. Die groot graafskappe wat onder
Knoet die Grote
gestig is, het al hoe magtiger geword terwyl Normandiese invloede ’n groot faktor geword het in die regering en die leierskap van die
Rooms-Katolieke Kerk
.
Sekere eienskappe van die Engelse monargie wat vandag nog bestaan, is tydens Eduard se bewind ingevoer. Hy was verantwoordelik vir die instelling van die koninklike seel en kroonsierade. Daar was ook ’n merkbare verandering in Angel-Saksiese kuns, met invloede van die Europese vasteland wat al hoe meer prominent geword en Keltiese invloede vervang het in skilderye, beeldhouwerk, kalligrafie en juweliersware. Sy kroon het glo behoue gebly tot met die
Engelse Burgeroorlog
, toe
Oliver Cromwell
in
1649
na bewering opdrag gegee het dat dit vernietig word.
[4]
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel
nl:Eduard de Belijder
- ↑
Volgens sekere bronne was die datum 4 Januarie.
- ↑
Die nommering van Engelse monarge het na die Normandiese verowering van voor af begin ? dis hoekom die nommering van Engelse konings met die naam Eduard of Edward eers begin met die latere
Eduard I
(1272?1307) en dit nie Eduard die Belyer, wat die derde koning Eduard was, ingesluit nie.
- ↑
Diehl, Daniel
(2001).
Medieval Celebrations
. Mechanicsburg, Pennsilvanie: Stackpole Books. pp. 8?9.
ISBN
978-0-8117-2866-9
.
- ↑
Keay, A. (2002).
The Crown Jewels
. Londen: The Historic Royal Palaces.
ISBN
1-873993-20-X
.
|
---|
|
Betwiste heersers se naam is
kursief
|