한국   대만   중국   일본 
Eduard Johan Pieter Jorissen - Wikipedia Gaan na inhoud

Eduard Johan Pieter Jorissen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eduard Johan Pieter Jorissen
Eduard Johan Pieter Jorissen

Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Ampstermyn
1876  –  1877
President Thomas Francois Burgers
Opgevolg deur Willem Johannes Leyds

Persoonlike besonderhede
Gebore ( 1829-06-10 ) 10 Junie 1829
Zwolle , Nederland
Sterf 20 Maart 1912 (op 82)
Scheveningen , Nederland
Eggenoot/-note Anna Catharina Elisabeth van Eyk

Eduard Johan Pieter Jorissen (1829?1912) was 'n regter en staatsman in Suid-Afrika . Hy is in 1829 in Zwolle , Nederland , gebore. Hy laat vaar sy loopbaan as predikant in 1868 om joernalis te word. Hy vergesel president T.F. Burgers in 1875 na Nederland. [1] Hy keer die volgende jaar terug en begin met sy studies in die regte. Hy word in 1876 Staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek . Hy vergesel die Onafhanklikheidsafvaardiging in 1877 na Engeland . Hy neem deel in die vredesonderhandelings na die Slag van Majuba en was regter van 1888 tot 1900. Hy is in 1912 oorlede.

Verwysings [ wysig | wysig bron ]

  1. Ploeger, Jan (1994). Nederlanders in Transvaal 1850?1950 (in Dutch). Pretoria: JL van Schaik. p. 75. ISBN   9780627019616 . {{ cite book }} : AS1-onderhoud: onerkende taal ( link )

Bronne [ wysig | wysig bron ]