in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Edred
(923 ? 955) was van 946 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van
Eduard die Ouere
en sy derde vrou,
Eadgifu van Kent
, en het sy broer
Edmund I
opgevolg.
In die
Anglo-Saxon Chronicle
word vertel hoe hy Northumbrie in 946 onder sy beheer gekry het.
[1]
Hy het latere probleme in die noorde onderdruk deur
Skandinawiese
aanspraakmakers op die troon te verslaan.
Edred het ’n spysverteringsprobleem gehad wat veroorsaak het dat hy feitlik nie kon eet nie en dit het eindelik sy lewe geeis. Hy is op 23 November 955 in
Frome
,
Somerset
, dood.
[2]
Hy was ongetroud en is opgevolg deur sy broerskind
Edwy
.
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel
nl:Edred
- ↑
Anglo-Saxon Chronicle
MSS D en E, in Engels vertaal deur Michael J. Swanton,
The Anglo-Saxon Chronicles.
2de uitg. Londen, 2000.
- ↑
Anglo-Saxon Chronicle
MSS A, D en E, 955, MSS B en C, 956.
|
---|
|
Betwiste heersers se naam is
kursief
|