in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Edward Samuel Miliband
(gebore 24 Desember 1969) is 'n Britse politikus en sedert 2005 lid van die parlement (LP) vir Doncaster North in Engeland, 'n setel waarvoor hy in 2010, 2015 en 2017 herverkies is. Hy was die leier van die
Arbeidersparty
en
opposisieleier
van 2010 tot 2015. Hy het van 2007 tot 2010 in die kabinet van eerste minister
Gordon Brown
gedien.