EasyJet
(
IATA-kode
:
U2
,
ICAO
:
EZJ
), gestileer as
easyJet
, is 'n Britse multinasionale
laekostelugredery
gebaseer op
Londen Lutonlughawe
.
[3]
Dit is die grootste lugredery van die
Verenigde Koninkryk
volgens aantal passasiers vervoer, en bedryf plaaslike en internasionale geskeduleerde dienste op meer as 600 roetes na 32 lande.
[4]
[5]
EasyJet plc
is gelys op die Londense Aandelebeurs en is 'n deel van die FTSE 100-indeks.
[6]
EasyGroup Holdings Ltd (die beleggingsvoertuig van easyJet stigter Sir Stelios Haji-Ioannou en sy gesin) is die grootste aandeelhouer met 'n 34,62% belang (teen Julie 2014).
[7]
teen 2022 verskaf dit werk aan 13 000 mense, oral oor
Europa
, maar veral in die Verenigde Koninkryk.
[8]
EasyJet het vinnig uitgebrei sedert sy stigting in 1995, en gegroei deur 'n kombinasie van verkrygings
[9]
[10]
en basisopeninge gedryf deur verbruikersvraag na laekoste lugreise. Die lugredery, saam met medemaatskappy easyJet Switserland, bedryf tans meer as 320 vliegtuie, meestal die Airbus A319.
[11]
Dit het 23 basisse in Europa, die grootste een is
Londen-Gatwick
.
[11]
In 2013 het easyJet meer as 60 miljoen passasiers vervoer
[8]
en is die tweede grootste
laekosteredery
in Europa na
Ryanair
.
[12]
Effektiewe kostebesparing
[
wysig
|
wysig bron
]
By easyJet word die pryse laag gehou deur koste te bespaar, onder andere deur passasiers vir etes aan boord te laat betaal, deur nie deur reisagente te werk nie en deur meer as 90% van die kaartjies via die internet te verkoop. Die afwesigheid van verskillende klasse in die kajuit lewer kostevoordele op, omdat daar geen addisionele items soos koerante of verskillende spysenieringsprodukte nodig is nie.
Daarbenewens word die omdraaityd so kort moontlik gehou, deur byvoorbeeld streng op te tree teen reisigers wat laat opdaag, en die kajuit na die vlug deur die kajuitpersoneel te laat opruim. Dit kan lei tot een heen-en-weervlug meer as wat 'n tradisionele redery in dieselfde tyd kan maak.
In teenstelling met ander sogenaamde prysvegters, soos Ryanair, wat hoofsaaklik na klein provinsiale lughawens vlieg om koste te bespaar op landing en hantering, vlieg easyJet wel na die groter lughawens (soos
Parys-Charles de Gaulle
,
Amsterdam-Schiphol
,
Barcelona?El Prat
en Brussel Internasionale Lughawe). EasyJet probeer om hom op hierdie wyse te vestig as goedkoop alternatief vir sakereisigers.