in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Duitse masels
, ook bekend as
Rubella
, is 'n akute aansteeklike siekte met 'n veluitslag wat gevaar vir die
fetus
inhou indien verwagtende moeders dit kry. Dit word deur 'n
virus
veroorsaak wat drie weke neem om te ontwikkel.
Die aansteeklike
siekte
kom veral tussen die ouderdom van 2 en 10 voor. Volwassenes kan ook die siekte kry as hulle dit nie tevore gehad het nie. 'n Vorige aanval gee lewenslange
immuniteit
.
Regstreekse aanraking met die draer kan verspreiding van die virus veroorsaak, wat die liggaam deur die mond, voedsel- en lugkanale binnedring.
Hoewel die simptome en tekens van die
siekte
in 'n mate met masels ooreenkom, word
Duitse masels
deur 'n heeltemal ander
virus
veroorsaak. Die
inkubasieperiode
duur gewoonlik sowat 17 dae.
Die veluitslag is meestal die eerste aanduiding dat 'n kind
Duitse masels
onder lede het. Dikwels word dit nie voorafgegaan deur 'n gevoel van olikheid nie. Die uitslag begin gewoonlik op die gesig en versprei dan na die bors en hele liggaam.
Die
limfklier
e in verskillende dele van die
liggaam
begin swel, veral in die
nek
. As 'n mens goed oplet, kan mens trouens hierdie teken, wat heeltemal aan die aanvang van die siekte verskyn, waarneem voordat die uitslag sigbaar word. Die pasient se
koors
is selde hoer as 38°C en voel ook nie te siek nie.